Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • September 2, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys wat beteken dit om ons kruis te dra. Dit is die nuwe manier waarop ons na die Tien Gebooie luister omdat die Here vir ons sondes gekruisig is. Ons dra ons kruis, omdat Hy vir ons gekruisig is. Christus gee die wet sy volle bedoeling deur sy kruisiging. Christus maak dat die wet weer vir ons wys hoe ons God moet liefhê binne die volle liefde van God waarin ons ingesluit is deur sy kruis. Die wet was nooit bedoel om God se kinders te veroordeel of te straf nie, maar hulle in die wysheid te lei hoe om lief te hê. Christus laat ons in sy geregtigheid deel om só vir God volkome reg te wees en reg te leef, deur ons geloof dat ons ingesluit is in Christus se geregtigheid. In die geloof dat ons vir God volkome reg is en reg leef, kan ons ons self weer aan die volle bedoeling van die wet verbind, al kan ons nooit self die volle bedoeling van die wet vervul nie. Wie hulle vir God self probeer regkry en reg leef, skep vir hulle geestelike reëls wat niks met God se wet te doen het nie.

  • August 26, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys wat is die verskil tussen Christelike selfverloëning en die geestelikheid om selfloos te wees. Selfverloëning is die teenoorgestelde van die verloëning van Christus, soos Petrus Hom verloën het. Selfverloëning is om te glo dat Christus sy lyding, kruisiging, sterwe en opstanding met jou deel en jou só onsluit dat jy vir God skuldloos, strafloos, heilig en regverdig voor sy wet staan. Wie homself só in Christus aanvaar en nie as skuldig, strafbaar, onheilig en onregverdig voor die wet aanvaar nie, het homself verloën. In hierdie selfverloëning kan gelowiges weer hul self gee om God en hul naaste volgens God se wet lief te hê. Dit is die teenoorgestelde daarvan om jou hart, lewe, eie-ek, beheer van jou lewe vir God te gee om jouself te regverdig en só dan ʼn selflose mens te wees wat jouself nie meer in liefde kan gee nie.

  • August 19, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys wat beteken dit om die Here te volg. Navolging van die Here is om die Tien Gebooie te gehoorsaam sommer net omdat God God is, omdat God jou goeie Herder is wat jou niks laat kort kom nie. Dit is wie Jesus Christus is. Hy is die Goeie Herder van Psalm 23 wat deur sy lyding en opstanding as mens uit die dood, sorg dat ons alles ontvang wat God aan ons as sy kinders gee. Wie God vir ons is en wat Hy vir ons gee, dat ons niks kortkom nie, is omdat Hy God is, nie omdat ons sy Gebooie gehoorsaam nie. Ons luister sommer net na god se gebooie, net tot eer van God. Geestelikes wil van Jesus hulle goeie leermeester maak. Daarom volg hulle Jesus as net sulke goeie leermeesters as wie Hy is en maak gehoorsaamheid aan God se gebooie iets waardeur jy na God toe gaan sodat Hy jou geestelike tekorte en gebreke, waarvoor Hy nie gesorg het nie, moet aanvul. Geestelike verering van Jesus is om deur gehoorsaamheid aan God sy seëninge te ontvang. Geloofsgehoorsaamheid is om as geseënde kind van God sommer net te doen wat Hy sê, net omdat Hy jou Goeie Herder is.

  • August 12, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat God in sy voorsienigheid teenwoordig en in volle bestuur van sy skepping is. Sy voorsienigheid is juis sy almagtige en alomteenwoordige krag waarmee Hy sy skepping bestuur en onderhou. God se koninkryk is iets anders as sy voorsienige krag. Dit is die krag waarmee Hy sy kerk skep en regeer. Dit doen Hy deur Christus se lyding en verhoging, nie deur sy voorsienige krag nie. In sy koninkryk gee die Here mense terug wat hulle verloor het – hulle liefde en diens vir God. Mense bemagtig nie God asof hulle aan Hom sy verlore teenwoordigheid en bestuur van sy skepping vir Hom terug wen en terug gee met hulle geestelikheid nie. God het ons geskep om as ons self teenwoordig in sy skepping te wees en ons eie lewe as mens te bestuur in sy voorsienigheid. Geestelikes wil gelowiges leer om hulle self selfloos te maak en hulle selfbestuur as mense op te offer sodat hulle God kan bemagtig om weer teenwoordig in en in beheer van sy skepping te wees.

  • August 5, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die eerste algemene kerkraadsvergadering van die Christelike kerk die strydpunt dat Griekse-Christene nie bekeerd of gered sou gewees het nie verwerp het met die nuwe Christelike geloofsgehoorsaamheid: kompromieloosheid in koninkryksake en inskiklikheid met alle gewone burgerlike sake. Dit is die nuwe lewenshouding waartoe Christus se genade vir alle sondaars die kerk verbind. Dit wys ook hoe hierdie geloofsgehoorsaamheid in die moderne Christelikheid verlore geraak het met ʼn nuwe kompromis waarin gewone burgerlike sake nou God se saak is en koninkryksake van Christus nou sake is waaroor jy altyd inskiklik moet wees met die houding: elkeen aanbid Jesus volgens hulle eie spiritualiteit en dit is alles net verskillende maniere om een Here te aanbid. Dit wys dat gelowiges hiermee nou vir altyd die geestelikes se nuwe sendingveld geword het wat weer en weer tot nuwe soorte bekerings gebring moet word.

  • July 22, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons God die Vader se heilige kinders maak deur ons in sy liefde aan te neem en ons liefde vir hom te heilig. Dit maak ons, ten spyte van ons sondigheid, geloofgehoorsaam: diensbaar in liefde en besig met liefdevolle diens aan God. Dit is Christus self wat ons slegte Jode maak. Om ‘m Jood te wees, is om God se bevele uit te voer om deel van die mag van God te wees, om God as God te bemagtig en jouself deur die mag van God te bemagtig. Geloofsgehoorsaamheid maak die lewe ʼn oefening in liefdevolle diensbaarheid en diensbare liefde. Die wetsonderhouding van Jode, en daarmee saam alle geestelikes, is om deur God se bevele uit te voer jou self te oefen om deel van die mag van God te wees. Christus het ons deur ons in sy liefde in te sluit en liefde in ons te wek, onbekwaam gemaak om met geestelike magsoefeninge besig te wees. Christus self maak ons onbevoeg om godsvervulde Christene te wees. Ons is met God se liefde vervul tot diensbare liefde.