Filtered by:
Series: Preke manuskripte
October 28, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons in die “Ons Vader” leer hoe om Hom as God die Seun en God die Vader te aanbid. Hy leer ons nie gebedshoudings, -metodes of innighede soos geestelikes dit doen nie. Deur ons in te sluit en te laat deel is wie Hy as mens aan die regterhand van die Vader is, en te laat deel in die liefde tussen God die Vader en God die Seun, maak Hy ons kinders van God die Vader wat sy Vader as ons Vader kan aanroep in gebed. In gebed roep ons God die Vader aan in en deur ons vereniging met Jesus Christus as Here aan sy regterhand, dit is die bedoeling van “wat in die hemel is.” “Die hemel” is hoe God orals en altyd, binne en buite die skepping God is: deur Jesus wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van die Vader. Ons roep God in gebed aan
met deurdagte en gevoelvolle woorde wat ons teenoor God uitspreek. Afgodsdiens vervang gebed met meditasie waar mense leeg, sonder woorde, gedagtes en gevoelens teenoor God, God se krag en lewe in hulself wil aanvoel, en Hom as God nie meer as mense wil aanbid in gebed nie
October 21, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons gebed om ons daaglikse brood is ʼn gebed vir wat God in elk geval ons besig is om mee te versorg, net soos Hy mense wat ongelowig is en nie bid nie ook versorg. Ons bid God om dit wat ongelowiges net as vanselfsprekend aanvaar – God se troue versorging. Ons bid hierdie gebed ook nie uit bekommernis oor God se versorging nie, maar juis in die sekerheid van sy liefdevolle sorg. Daarom kan ons hierdie gebed nie as magsdemonstrasie of as onderhandeling met God bid nie. Ons bid in vertroue vir wat God in elk geval as ons Goeie Vader vir ons voorsien, omdat ons deur ons gebed vir wat ander net sommer aanvaar, God as liefdevolle Vader voor vereer.
October 14, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen afhanklik wees van God en mekaar en op God en mekaar se liefde aangewese wees. Die vrugte van die Gees in Galasiërs 5 is die deugde wat God in ons skep deur ons in te sluit en op sy liefde aangewese te maak. Dit is nie die inskiklike ondergeskiktheid aan God se krag en mag nie. Mense ken mekaar volgens hulle begeertes en wil mekaar afhanklik maak van mekaar se begeertes. Dit gee hulle die vryheid om nie op mekaar se liefde aangewese te wees nie, omdat hulle nie deur liefde tot mekaar verbind wil wees nie. Christus het ons nie aan God se begeertes kom onderwerp nie, maar ingesluit en op sy liefde aangewese gemaak. Daarom leef ons ook met die innerlike deugdes om op mekaar se liefde aangewese te wees, sonder enige gedienstigheid, inskiklikheid en onderworpenheid aan mekaar se sondige begeertes.
October 7, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die ware kerk van Jesus Christus en die valse kerk van die duiwel. Jesus Christus is die ware Messias, die ware Christus, wie self God is en mens geword het om sondaar vir sondaars te wees. Daarom veroordeel Jesus nie sondaars wat in Hom glo nie, en gee Hy hulle nie aan die doodstraf oor nie, maar gee vir hulle die ewige lewe. Geestelikes soos die Fariseërs en skrifgeleerdes, is die duiwel se kinders omdat hulle die leuen glo van ʼn valse Christus wat sondaars volgens die wet van God veroordeel en aan die dood uitlewer, soos hulle met die owerspelige vrou wou demonstreer. Satanisme, soos gepreek deur die Moderne Christelikheid vandag, is ʼn selfskepping van geestelikes waaragter hulle hul ware mag om die valse kerk van die duiwel te wees, deur die veroordeling en doodstraf van die wet van God oor mense uit te oefen, verberg. Satanisme in die frontorganisasie van die valse kerk om die valse kerk van die duiwel se Messias soos die ware kerk van God te laat lyk.
October 5, 2018
Series: Preke manuskripte
September 29, 2018
Series: Preke manuskripte
September 23, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die mag van Satan is valse Christusse en die krag read more…
September 16, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons sondige geaardheid maak God se wet die krag vir ons sonde om nie mense te wil wees nie, maar om deel van die goddelike krag, lewe en mag van God self te wil wees. Dit is hoe die moderne geestelikheid vandag die krag van ons sondige geaardheid die mag van hulle geestelikheid maak – hulle maak ons wil om so groot soos God te wees, die bedoeling van hul geestelikheid. Christus verbreek die krag van ons sondige geaardheid deur ons kinders van God te maak. Deur ons kosbaar vir God se liefde te maak, verbreek Christus die sondige aard in ons wat God se wet hoor as die wyse waarop God ons klein wil maak teenoor sy grootheid as God. As kosbare kinders van die Vader hoor ons in sy voorskrifte die kosbaarheid van ons pligte as kinders van God.
September 9, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus alles is wat God met seremonies in die Ou Testament gewys het Hy is: Christus is werklik God met ons. Christus is God met ons soos die seremonies van die Ou Testament gewys het God in liefde met sy volk is. Wie Christus vir ons is en wat Hy vir ons doen, beëindig alle seremoniële godsdiens. Wie seremoniële geestelikheid wil bedryf terwyl Christus God met ons is, maak God doelbewus met hierdie seremonies afwesig en wil God self verteenwoordig wie hulle met seremonies afwesig gemaak het, in hulle en ander mense se lewens. Seremoniële geestelikheid is afgodsdiens.