Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • January 6, 2019

    Inhoud In hierdie preek word gewys dat God besig is waarmee Hy as Skepper besig is en gelowiges besig is waarmee God die Vader se kinders besig moet wees. Gelowiges hou hulle besig met dit waarmee kinders van God hulle moet besig hou, die goeie werke waarvoor God hulle al in hulle DNA’s voor voorberei het. Hierin het God die persoon en talente in hulle vasgelê vir hulle bestemde werke en hiervoor het Jesus Christus hulle weer reg gemaak. Gelowiges hou hulle besig met goeie werke, die geregtigheid van God se koninkryk, omdat hulle God vertrou om met die sorg en voorsienigheid besig te wees waarin Hy as Skepper vir hulle sorg. Goddeloses en afgodsdienaars hou hulle nie besig met die lewe waarvoor God mense gemaak, en deur Christus voor reg gemaak het nie. Hulle hou hulle besig met dit waarmee God besig is, sy voorsorg en voorsienigheid vir sy skepping. Dit maak hulle ingesteld op kos, drank en klere, dit is materialisme, en nie ingesteld op die diensbaarheid van goeie werke vir God nie.

  • December 30, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges juis deur verdrukking in hierdie wêreld hoop kry terwyl ongelowiges deur verdrukking in wanhoop verval. Ongelowiges wil net van verdrukking bevry word, om net weer die volgende geslag onderdrukkers te word, terwyl gelowiges deur verdrukking heen hul bestemming vervul. God self het ons in ʼn wêreld van verdrukking gestel deur nie sondaars van hul posisie om oor die sy te heers, uit sy skepping weg te vat nie. Deur hierdie verdrukking heen hou God sy kinders deur Christus se dienswerk in stand sodat hulle nie deel van die sinloosheid van verdrukking word nie, hou God hulle in sy liefde sodat hulle nooit in die liefde onderdruk kan word nie. Deur hierdie geloof in ons dienswerk en sekerheid van ons liefde, leef ons in die hoop dat God ons deel van die nuwe skepping gemaak het. Daarom kan ons nooit deur verdrukking enige mens of instelling se slagoffer, onderdrukte of gevange word nie. Ons leef met God al reeds in die heerlikheid van ons ewigheidsbestemming.

  • December 25, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus is gebore as Verlosser en God met ons, daarom het ons geen sondeskuld voor God die Vader nie en is Christus self God in sy genade en liefde met ons. Hierdeur verander Christus die vra en ontvang van vergifnis in sy kerk. Ons kan nie vra dat ons sondestraf weggevat word nie en ook nie vra nie dat God weer sy liefde aan ons sal gee, asof Hy deur ons sonde vir ons afwesig en afsydig geword het nie. Dit is hoe die geestelikes van hierdie wêreld God om vergifnis vra: hulle maak vergifnis vra die verlossing van sonde. In ons geloof in Christus as Verlosser en God met ons, vra ons om vergifnis wanneer ons vir die Here sê ons is hartseer dat ons Hom met ons sonde ʼn afgod gemaak het, sê ons dat ons Hom lief het en vra dat Hy ons net weer sal verseker dat Hy God met ons is en nooit vir ons die afsydige en afwesige God sal wees wat ons Hom maak nie. Dit is ook die nuwe manier waarop ons vir mekaar om vergifnis vra en vergifnis gee.

  • December 23, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus die Here deur sy geboorte met Kersfees die beloofde Seun is wat in Jesaja 9 aangekondig word. Die Gees van Kersfees is die Heilige Gees, nie die geestigheid van die wêreld nie. Kersfees gaan oor hoe Christus die Here word wat sy kerk deur sy Gees in genade regeer en so vir hulle Wonderbare Raadsman, Sterkte God, Ewige Vader en Vredevors is – Hy straf hulle nooit vir enige sonde nie en gee vir hulle die liefde wat hulle nie verdien nie. Op hierdie wyse verbreek die Here die magsgreep van anargisme op gelowiges. Hulle word, is en bly mense binne ʼn donker land onder die juk van die wetteloosheid van wetteloses wat getrou bly aan die reg en geregtigheid van die liefde van die Here. Die Here verbreek ook die magsgreep van die wetteloosheid van wetteloses deur hulle volgens sy wet te straf. Só is Christus die Lig vir sy kerk in ʼn donker land

  • November 25, 2018

    Inhoud hierdie preek wys op die verskil van, om God die Vader te bid dat Hy sy Gebooie in die hemel en op die aarde deur Christus dieselfde sal laat werk, dat Christus ons liefde vir God sal reg en volkome laat wees, en om God te vra om as agente te kan optree waardeur Hy sy planne en besluite as God in die hemel deur mense op die aarde sal uitvoer. Die Vader laat sy Tien Gebooie deur Christus geskied, in hemel en op aarde. Geestelikes stel nie belang in gehoorsaamheid aan God volgens die Tien Gebooie nie. Hulle wil mense wees waardeur God sy voorsienige planne en besluite op die aarde uitvoer. Op hierdie wyse maak hulle hul self God se agentskappe en agente, instellings en mense wat God se besluite en planne op aarde namens God bedryf, en gelowiges niks anders nie as God se kliëntebasis. Wie glo dat God sy wil deur hulle op aarde uitvoer, het die hemel en aarde Christusloos gemaak. Wie glo dat Christus die Vader se Gebooie laat geskied in hemel en op aarde, leef met geloofsgehoorsaamheid aan God.

  • November 18, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat met die bede “Laat U koninkryk” kom, bid ons tot God die Vader dat Hy sy koninkryk deur sy Seun sal laat kom, en nie deur ons nie. Christus het deur sy lyding en opstanding vir sondaars die kerk geskep waarin Hy God se verbondsbelofte vir hulle waar laat wees. Dit is hoe Christus sy Vader se koninkryk laat kom. Geestelikes wil net soos Jesus se dissipels dat God sy koninkryk deur hulle sal laat kom. Daarom bid hulle nie maar fluister vir God uitnodigings en aanbiedings tot magsdeling. Dit doen hulle in die ongeloof van die apostels Johannes en Jakobus dat hulle ook Jesus se lydensbeker met Jesus kan deel. Gelowiges bid dat die Vader sy koninkryk deur sy Seun sal laat kom, sodat hulle net kinders in en getuies van die koninkryk kan wees, nooit medeleiers, medeleermeesters en medevaders van God se koninkryk nie.

  • November 17, 2018

  • November 11, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys dat die bede “laat U Naam geheilig word, ʼn bede tot die Vader en ʼn geloofsbelydenis in Christus as Here en God is. Hierdie is ʼn bede dat die Christus die Vader se Naam sal heilig, nie ʼn magverklaring dat ons dit sal doen nie. Christus heilig die Vader se Naam deur ons heilig, foutloos en onberispelik vir die Vader se liefde te maak. Dit doen Hy deur ons in te sluit in wie Hy as mens vir ons was en vandag in die hemel is. As sy geheiligde kinders in sy liefde kan ons Christus se Vader as ons Vader dank, eer, loof en aanbid vir die liefde wat Hy vir sy Seun het en ons by ingesluit het. Ongelowiges bid hierdie bede met die magshouding dat hulle God se Naam sal heilig deur hulle in te leef en sy goddelikheid. Só maak hulle van die ontheiliging van God hulle manier om God se Naam groot en magtig te maak.

  • November 4, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys die twee dele van Christene se openbare getuienis. Hulle getuig oor God se liefde vir hulle en hulle liefde vir God. Oor God se liefde getuig ons deur woorde uit ons harte waarmee ons vertel wie Jesus Christus is. Ons liefde vir God wys in die goeie dade van ons lewe saam met Hom in sy liefde. Ons liefde wys dat ons wil sukkel met die regte gebooie van God omdat dit regte liefde vir God is. Ons wys nie met ons lewe suksesvolle geestelikheid nie. Ons bely en wys dat ons net in Christus swak sondaars was, maar nou vrymoedig ons self is in ons lewe met God. Daarmee verwerp ons alle geestelikheid waarin ons ons self voor God swakkelinge moet maak met die valse geestelikheid dat God net só ʼn sterk en magtige God in die wêreld kan word. Dit is nie hoe God God is nie maar hoe swakkelinge geestelike en magtige leiers wil wees.