Filtered by:
Series: Preke manuskripte
March 3, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons vertroue in Jesus Christus is hoe ons elke dag ons in God se liefde in bekeer. Die bekering waarmee die Jode en geestelikes van vandag hulle tot God bekeer, is hoe die jongste en oudste broer in die gelykenis van die verlore seun hulle tot God bekeer. Die jongste broer wys dat mense in hul losbandigheid hul met onderdanigheid aan God se mag wil onderwerp, en die oudste broer wys dat geestelikes glo hul leef bekeerd onder die mag van God volgens God se wet. Christus as gekruisigde Here is egter die Eniggebore Seun wat aan God se mag volgens die wet onderwerp was, sodat Hy vir ons ʼn vrye toegang tot God se liefde skep. Deur Christus omvou God ons in sy liefde en nooit met sy mag volens sy wet nie. Daarom is die bekerings waarmee ons ons in God se liefde inkeer, altyd ons vertroue in Jesus Christus. Ons geloof is hoe ons ons tot God se liefde bekeer.
February 24, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die Nagmaal as godemaaltyd en die Nagmaal as teken wat die Here gebruik om ons in sy diens te versterk. Die Nagmaal wys ons dat ons volledig toegerus is vir ons diens aan God deur Jesus Christus. Deur ons in te sluit en te laat deel in sy liggaam en bloed, sy menswees vir ons in die hemel, maak Christus elke en alle beloftes van God se verbond as seëninge in ons lewe ʼn werklikheid. Geestelikes wil God nie dien nie, maar sy goddelikheid met Hom deel en maak daarvoor die Nagmaal ʼn godemaaltyd. Op hierdie wyse word hulle slegte dienaars wat elke plig ʼn geleentheid maak om deel van God se krag, lewe en mag te word in plaas daarvan om net hul plig te doen. Die Nagmaal rus ons toe om dankbare dienaars te wees terwyl godemaaltye mense hul plig teenoor God laat ontduik.
February 17, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus is die “ja” en “amen” op al God se verbondsondernemings teenoor ons. Hy laat ons deel in die volle geborgenheid en sekerheid dat al God se beloftes in ons lewe waar en werklik is. Ons het nie ʼn eie “ja” of ʼn eie “nee” wat ons moet antwoord om God se beloftes waar en werklik in ons lewe te maak nie. Ons kan net vertrou dat ons ingesluit is in Christus se “ja” en “amen”, dit is sy kruisiging, sterwe en opstanding. Die Jesus en gees wat geestelikes preek sedert die onrus in die gemeente Korinte in Paulus se tyd, is ʼn ander valse Christus en gees. Dit is ʼn Christus wie se “ja” en “amen” God se beloftes nie waar en werklik in ons lewe maak nie, voor ons nie ook self eers met een of ander geestelike aksie vir God “ ja” en “amen” sê nie. Hierdie Jesus wat op hierdie wyse “ja” en “nee” tegelykertyd sê, is die Duiwel se valse Christus en gees wat deur sy geestelikes verkondig word. Daar kan nie in die Here se kerk ʼn Christus wees wat vir ons “ja “en “amen”, en terselfdertyd “ja” en nee” op God se beloftes sê nie.
February 10, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek gee ʼn verduideliking van die betekenis van die gebed in die “Ons Vader” dat die Here ons van die Bose moet verlos. Die Satan wou Christus se mag breek deur Hom ʼn valse Christus te laat wees met of absolute politieke mag, of wondermag om verhewe bokant die gewone skeppingslewe te leef of om met goddelike mag die goddeloses van hierdie wêreld aan die moraliteit van geestelikes te onderwerp. Só sou Hy Christus se mag breek om vir ons sondes te sterf en God met ons te wees in sy liefde en genade. Christus het hierdie valse Christusbeelde verwerp en deurbreek deur die Christus te word wat vir ons aan die kruis bly hang en gesterf het. Só het hy die Duiwel se mag om ons as skuldige en slegte mense van God te vervreem, en is Hy altyd God met ons in sy liefde. Ons bid dat die gekruisigde Jesus ons van hierdie valse Christusbeelde van Satan sal verlos deur vir ons Here en Christus met ons te wees.
February 2, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Die Here verenig ʼn man en vrou in een persoon waarin hulle liefde vir mekaar as eggenote eg, spontaan en vry is. Deur hierdie vereniging deur God kan hulle as man en vrou hulle self aan mekaar gee in ʼn eenheid van een lewe, toekoms, liggaam, inkomste en tuiste. Hierdie liefde kan net as gawe gevind en gegee word. Dit kan nie kunsmatig opgewek word nie. Christus maak man en vrou vir mekaar elke dag heilig, sonder smet en onberispelik in hulle vereniging met Hom as mens in die hemel sodat hulle mekaar in die geloof só kan ontdek ten spyte van hul sondes. In hierdie heiligheid, smetloosheid en onberispelikheid in Christus kan hulle mekaar elke keer weer eg, spontaan en vry liefhê.
January 27, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek verduidelik die gebed: “Lei ons nie in versoeking nie” of “Laat ons nie in versoeking kom nie.” Ons vra met hierdie bede nie dat God sal ophou om ons uit te lok om sonde te doen nie, nie sondige gedagtes, gevoelens of begeertes in ons te laat op kom nie of om ons te help deur ons van weg te hou van plekke waar ons sondige gevoelens, gedagtes of begeertes kan kry nie. Met hierdie bede vra ons Christus om altyd God met ons te wees soos Hy God vir ons is en nooit te besluit om vir ons God te wees soos Hy vir goddeloses om is nie: om vir hulle die afgod te wees wat hulle van Hom in hul verstand, hart en gees maak. Ons vra die Here om ons nie te los en aan die god wie ons Hom maak in ons hart, verstand en gees oor te gee nie. Ons vra die Here om altyd vir ons God te wees soos Hy God is.
January 20, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys is die verskil tussen ons vereniging met Christus as mens in die hemel en hoe mense in God se goddelike krag, lewe en mag ingeprop wil wees. Christus sluit ons in in sy lyding, kruisiging, dood en opstanding in sodat ons kan deel wees van sy heiligheid, regverdigheid en onberispelikheid as mens voor God. Die doop met water is ʼn teken dat ons ingesluit is in Christus. Ons doop met water is dieselfde doop as Christus se doop met water want sy doop wys Hy vir ons die sondaar in ons plek en is in sy plek heilige en regverdige mense. In die afgodsdiens van die moderne Christelikheid maak hulle die doop ʼn seremonie dat jy ook die magsdade van Jesus uitgevoer het, om jouself te verneder, jou eie-ek te kruisig en dood te maak sodat jy daardeur deel kry van die goddelike krag, lewe en mag van God. Hulle waterseremonie word net een van vele wat mense se goddelike lewe uitbeeld. Met Christus se waterdoop in die Naam van die Vader en die Seun en die Gees verseël Christus ons vereniging met Hom in sy menswees vandag, een keer en vir altyd.
January 18, 2019
Series: Preke manuskripte
January 13, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil hoe Jesus Christus ons deur sy Woord lei en hoe geestelikes vandag die Woord van God hulle woord oor God wil maak. Christus is God met ons en Hy maak self die Bybel vir ons die skatkamer waaruit ons elkeen, groot en klein, die skatte van sy liefde en goedheid vir ons self kan haal. Slim geestelikes maak die Woord van God hulle opgrawingsterrein waar gewone mense uit met wegbly. Met hulle wetenskaplike eksegese en spiritualiteit wat hulle nes opgrawers se grafies, skoppies, kwassies en siwwe gebruik, grou hulle al die ou goed van dooie mense uit die Bybel op en gebruik hierdie ou goed om van Jesus ʼn uitstalling soos in ʼn museum van die kansels af te maak. Hierteenoor is Christus God met ons wat sy Woord vir ons ʼn skatkamer maak waaruit ons elke dag die skatte van God se liefde vir ons self kan uithaal en ons eie kan maak.