Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • May 5, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen hoe die Here ons regmaak vir sy diens teenoor hoe geestelikes mense ons wil mooi maak vir God. Regverdigmaking deur Christus is altyd reg maak om toegerus met die regte lewenshouding diensbaar te wees. Christus beklee ons nooit met skoonheid en krag om te wys hoe God sy mag met ons deel nie. Daarom is die deugdes waarmee ons dien nie ʼn vertoon van ʼn geestelike houding om God uit te beeld en te verteenwoordig nie. Dit is altyd die ingesteldheid waarmee ons dien. Daarom wys Christene in hul lewe altyd die merke waar hulle seergekry het in hul liggaam en siel in die moeilike take waarvoor God hulle gebruik het. Ons wys nie skoonheid en krag nie, ons wys littekens van dienswerk

  • May 5, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen hoe die Here ons regmaak vir sy diens teenoor hoe geestelikes mense ons wil mooi maak vir God. Regverdigmaking deur Christus is altyd reg maak om toegerus met die regte lewenshouding diensbaar te wees. Christus beklee ons nooit met skoonheid en krag om te wys hoe God sy mag met ons deel nie. Daarom is die deugdes waarmee ons dien nie ʼn vertoon van ʼn geestelike houding om God uit te beeld en te verteenwoordig nie. Dit is altyd die ingesteldheid waarmee ons dien. Daarom wys Christene in hul lewe altyd die merke waar hulle seergekry het in hul liggaam en siel in die moeilike take waarvoor God hulle gebruik het. Ons wys nie skoonheid en krag nie, ons wys littekens van dienswerk

  • April 28, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons vandag saam met Hom laat leef deur geloof, liefde en hoop. Geloof, liefde en hoop gaan net oor liefde: geloof in die liefde van die Here wat vir ons gestraf is en nie gaan veroordeel nie, met die gawe van liefde wat die Here reg en goed laat wees al is dit vol foute en tekortkominge en met die hoop dat hierdie liefde van God vir ons en ons liefde vir Hom, ewig sal wees deur ons opstanding uit die dood, om weer vir altyd met God te wees. In ongeloof leef mense in die verlies van hierdie teenwoordige liefde en soek daarom deur afgodsdiens, wellustige seks en dronkenskap verlore liefdes in die verlede of afwesige liefdes van vandag in die toekoms. Christene se lewe in geloof, liefde en hoop laat hulle leef met ʼn voltooide verlede, ʼn verwagting van die toekoms in die werklikheid van vandag se vervulde liefde.

  • April 7, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen hoe gelowiges van sonde bekeer en hoe geestelikes van bekering die wyse maak waarop mense hul harte vir mekaar sluit. Bekering in en uit geloof gaan nooit oor skulderkennings nie, want ons is vrygemaak van alle skuld. Dit kan ook nooit oor skuldverklarings gaan nie, want ons is in Christus regverdig en heilig gemaak. Ons erken sonde, nie sondeskuld nie, maar omdat ons ons harte vir mekaar oopmaak, omdat ons mekaar lief het. Ons erken ons oortredings as die sluit van ons harte en in liefde rou ons oor liefde wat moes gewees het. Alle geestelikes bedryf bekering as regstellende aksie – as die aksie waar skuldverklarings en skulderkennings gemaak word om skuld te vergoed. Hierdie boetedoening is nie bekering nie want dit maak mense in hul liefde vir God en mekaar dood: dit sluit mense se harte vir mekaar.

  • March 31, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys dat God ons nuut maak met ʼn nuwe status – om heilig en regverdig te wees, en deur hierdie nuwe status ons houding en gedrag ook nuut te maak. Ons nuwe houding is die vrug van die Gees soos beskryf in Galasiërs 5 en ons nuwe gedrag is om verantwoordelik, aanspreeklik, met ontsag en ywer besig te wees met goeie werke. Alle bekerings van sonde tot gehoorsaamheid is bekerings as nuwe mense met die status, houding en gedrag van nuwe mense. Ons kan nooit weer sonde bely of God se wet gehoorsaam met die ou status, houding en gedrag van onheilige en onregverdige mense nie. Geestelikes glo nie in gelowiges se nuutheid in bekering nie. Hulle wil God ʼn nuwe God maak met bekerings: hulle wil Hom rang gee sodat Hy sy soewereine houding sal verander na magsdeling en sy absoluutheid waarin Hy alles beskik sal verander na ʼn vennootskap met mense. Mense wil God bekeer, nie hulself nie.

  • March 30, 2019

  • March 24, 2019

    Inhoud Bekering is om die lewe wat God vir ons gee te leef met ʼn innerlike vreugde in wie God vir ons is en met ʼn lus en liefde om sy wil te doen. Daarmee keer onsself weg uit ʼn onbehaaglikheid met God en ʼn lusteloosheid en afsydigheid teenoor sy wil. Dit doen ons omdat Jesus Christus vir ons lewend maak vir God. In ons vereniging met wie die lewe wat Hy as mens in die hemel leef, maak Hy God ons vreugde en sy wil ons lus en liefde. Só wy onsself toe om ons lewe volgens god se wet vir God te leef. In afgodsdiens moet mense hul self dood maak sodat God sy lewe in en deur mense kan leef. In hierdie dooie bekerings moet mense hul self in ʼn onbehaaglikheid met Homself en hul self hul lus en liefde vir hul eie lewe verloor sodat God sy lewe deur hul kan leef.

  • March 17, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys op hoe verskil die bekering van sonde tot die wil van God tussen geestelikes en gelowiges. Christene stel hul liggaam se ledemate tot beskikking van God se diens terwyl geestelikes met bekerings hulle self en hul liggame oorgee, “surrender.” In hierdie oorgawe keer mense hulle tot geestelikes wat vir hulle godservarings en geestelike handleidings gee wat God se wet prakties maak. Gelowiges stel hul tot beskikking van God se diens omdat God saam met hulle lewe en sy Gees vir hulle gee, nie boekies met geestelike stappe hoe om wat, wanneer te doen nie. Geestelikes gee hul self oor aan God met geestelike wroegings waarmee hulle teen hul eie liggaam oorlog voer. Gelowiges wy hulle self liggaamlik in liefde toe aan God se diens. Vir die hele geestelike wêreld buite en binne die kerk is bekerring van sonde tot ʼn goeie lewe daarom altyd oorgawe aan mag terwyl dit vir gelowiges toewyding in en aan God se liefde is.

  • March 10, 2019

    Inhoud Hierdie preek wys hoe ons vertroue in Jesus Christus ons bekering tot God is en hoe geestelikes ons uit hierdie bekering tot God wil wegkeer. Omdat Christus ons inlyf in wie Hy vir ons is, leef ons met God as ons Vader en kan ons nooit weer godloos wees nie. Ons vertroue in Christus is ons wegkeer uit die geloof dat ons godloos is en dit is ons toekeer tot ons lewe saam met God. Geestelikes se mag om God in mense se lewe te wil verteenwoordig, word deur ons inlywing in Christus verbreek sodat hulle nooit weer ons geestelike gidse, ligte leermeesters en onderwysers kan wees nie. Omdat Christus se inlywing ons vir goddeloosheid doodmaak en met God laat leef, probeer geestelikes ons geloofsbekering soos godloos laat lyk sodat hulle weer mag oor ons kan kry.