Filtered by:
Series: Preke manuskripte
July 21, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys wat die verskil is tussen sogenaamde kampvegters vir God en God se koninkryksake, en getuies en dienaars van God. Dit word gedoen deur te wys hoe God van Paulus, as kampvegter vir God se saak in die Naam van die Joodse Messias, sy getuie en dienaar op die Damaskuspad gemaak het. Getuies bedryf en veg nie vir God sy sake nie. Hulle vertel net van die lyding en opstanding van Jesus Christus. Christus alleen bedryf God se koninkryksaak, die vergifnis van sonde, sonder enige mede-koninkryksbestuurder, – organiseer of vegter. Geestelikes wil vandag gelowiges as getuies van Christus, kampvegters vir God en God se koninkryksake maak, deur hulle van hulle geloof en belydenis oor die lyding en opstanding van Jesus Christus kamstig te bevry asof dit fundamentalisme sou wees.
July 14, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe God gelowiges waardig en lief maak om besig te wees met die goeie werke waarvoor God hulle bestem. Hierdie daad van God maak dat gelowiges weet hul lewe en werk is die moeite werd vir God, al probeer goddeloses hierdie lewe kaap en werk kaap. Teenoor hierdie lewenswyse staan die leeglêery van goddelose geestelikes en magtiges wat hul wil bedrywig hou met gelowiges se werk en lewe sonder dat hul met hul eie werk en lewe besig is waarvoor hulle geroep en bestem is. Paulus wys die gelowiges hoe om te volhard met hul eie lewe en werk, en nie hierdie waanwêreld van leeglêers te onderhou en te finansier nie.
July 7, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus se vervulling van God se verbondsbeloftes vir ons ʼn belofteryke toekoms ontsluit. Hierteenoor is die geestelikheid van hierdie wêreld spiritualiteite wat ingesteld is op die skuld van sondes van die verlede en op die onmiddellike bevrediging van sondige begeertes. Hierdie greep van sonde maak dat mense hul toekoms verloor in die skuld van die verlede en die vernieling van die bevrediging van die teenswoordige oomblik. Dit is wat gelowiges uitsigloos op die toekoms maak, hierdie geestelikheid waarin hulle weer terugval in die greep van sonde deur geestelike minderwaardige en armsalige reëls. Die verskil tussen praktyke van die sondige natuur en die vrug van die Gees gaan oor die verskil om terug te val in ʼn geestelikheid van skuld en onmiddellike bevrediging van drifte en om jou in liefde diensbaar te wy aan die toekoms wat opgesluit is in God se vervulde beloftes.
June 23, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die NG Kerk en amptenary gemeentes versaak deur met die goddeloosheid van die nuwe nasie en gemeenskap in ʼn saamblyverhouding in te gegaan het. Terwyl die owerheid en staat hul self wetlik en amptelik godloos verklaar het, is hierdie geestelikes verlief op hulle en gee hulle in hul verliefdheid hulself oor aan die godlose gemeenskap met die geloof dat hul liefde hulle sal verander. Hierdie sogenaamde nuwe missionale liefde van Jesus wat as ʼn weerlose lammetjie Homself aan goddeloses se haat sou oorgegee het, is nou die voorbeeld van hoe lidmate en gemeentes hul aan die goddelose gemeenskap se haat moet oorgee. Die Here verbind ons in sy troue liefde tot liefde vir Hom, sy kerk en ons vyande, maar lewer ons nooit uit aan die haat van God se vyande nie. Hierdie Jesusbeeld is die afgod waarmee die NG Kerk se amptenary en vergaderinge gemeentes en lidmate oorgee aan die haat van goddeloses om hul nuwe saamblyverhouding met die staat te regverdig.
June 16, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat goddeloses Christus sonder rede haat, net omdat Hy God is wie ons genadig is en lief het. Goddeloses haat Christus juis daarvoor dat Hy alle redes om godloos te wees deur sy verlossing weggevat het, want nou is hulle ontmasker as mense wat God net haat omdat Hy is wat Hy is – God. Soos hulle God haat net omdat Hy God is, so sal hulle ons wie kinders van God is ook haat – sonder enige rede wat ons sou gee om deur hulle gehaat te word. Omdat geestelikes die kerk weer ʼn staatskerk vir die nasie wil maak, wil hulle dat ons moet aanpas by die goddeloosheid van die openbare gemeenskap. Daarom maak hulle asof ons gehaat word met redes wat ons sou gee om gehaat te word en moet ons daarom verander om die geestelikheid van ʼn goddelose gemeenskap te word. Christene glo nie hierdie haat nie en ken dit as haat sonder rede. Haat vir God net omdat Hy God is en haat vir ons net omdat ons kinders van God is.
June 9, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen dit wat die apostel Johannes noem die Gees van God en die gees van die antichris. (1 Joh.4: 1 -3) Die Heilige Gees is die Gees van Christus wat ons insluit en laat deel in alles wat Christus volbring het. Hy laat ons in niks anders deel as die heil in Christus en bewerk niks self wat Christus volbring het nie. Die gees van die antichris maak van alles wat Christus volbring het, net die helfte van die Gees se werk. Die volle geestelikheid wat hulle alternatiewe gees bring, wat Jesus nie volbring het nie, is om mense te laat deel in die krag, mag en lewe van God. Só maak hulle van die Heilige Gees ʼn tweede en voller geestelike geestelikheid as om in Christus ingesluit te word. Die gees van die Pinkster en Charismatiese geestelikheid is dit wat die apostel noem die gees van die antichris. Die Heilige Gees sluit ons in die liefde van die Vader en Seun vir ons in, nie in hul goddelike lewe, krag en mag nie. Dit is die gees van afgodsdiens, van die antichris wat Christus net die helfte van die heil maak.
June 2, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen om herhaaldelik sonde te erken en weer volgens die wet te leef, en om dit te doen wat Johannes “aanhou sonde doen” noem. Christus se verlossing verbind ons juis tot ʼn liefde in God se liefde waarin ons herhaaldelik sondes bely en herhaaldelik weer volgens sy wet goed doen. Om aan te hou sonde doen, is om van Jesus ʼn afgod te maak sodat ons in ons sondige begeertes kan voortleef asof dit ware liefde is. Dit is wat alle afgode doen: hulle maak sondige drifte God en mense se ware liefdes. Vandag se geestelikes wil ons laat terugval in die heidendom deur “om aan te hou sonde doen” voor te hou as die nuwe geestelike lewe wat Jesus vir ons bewerk het: ʼn lewe nie volgens die reg van God se wet nie, maar in die krag, mag en lewe van God self. So maak geestelikes vandag van die terugval in die heidendom, die sogenaamde ware geestelike lewe.
May 26, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons bevry van sondes deur dit te vergewe en ons daarvan te reinig. Só laat die Here ons in sy liefde deel wat vir ons die lig is om sy wet weer as ware liefde vir God en ons naaste te kan ontdek. In sy liefde ontdek ons dat ons Hom altyd ʼn afgod wil maak wie ons sondes as ware liefdes sou regverdig. Dit wys hoe die NG Kerk Jesus die afgod maak wat alle seksuele persversies nou liefdes maak en die wet van God wegvat omdat dit mense “judgemental” sou maak, sodat die kerk weer die kerk van die staatsorde kan wees.
May 12, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die Bybel as die Woord van God en die Bybel as sogenaamde boodskappies tussen God en mense. God se Woord is sy skeppende woord en deur sy Woord skep Hy in ons geloof in Hom as teenwoordige Here en bring Hy ons tot aanbidding as die teenwoordige Here. Die Bybel is nie boodskappies van God wat aan ons interpretasie en verstaan voorgelê word waarin ons vir onsself geestelike boodskappies kan vind nie. Dit is God se Woord waarin hy Homself openbaar op so wyse wat ons in Hom as Here glo en Hom as God aanbid.