Filtered by:
Series: Preke manuskripte
March 30, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus waarlik as mens uit die dood opgestaan het om weer Homself te wees, net soos Hy was voor Hy aan die kruis gesterf het. Hy is na sy dood tot vandag toe nog ʼn mens van vleis en bloed in die hemel en God met ons. Hy word nie soos alle wêreldse geestelikhede dit wil hê, in ons harte, gees of aanbidding opgewek, herleef of lewend gemaak nie. Omdat Christus Homself is, gee Hy vir ons die Gees wat ons tot sy kinders maak. Christus maak ons nie God se goeie werkers nie. Kinders van God hou hulle besig met wie Christus is en hoe hulle ingesluit is by Christus se menswees. Hulle laat hulle lei en beheers deur wie God hulle as sy kinders maak. Wêreldse geestelikes wil met God se goddelike krag besig wees. Christus het God se wet wat vir geestelikes ʼn arbeidswet is, ʼn kinderwet gemaak. Daarom leef hulle as kinders van God met God se kinderwet. Dit is die nuwe lewe wat die Here in ons opwek.
March 28, 2020
Series: Preke manuskripte
Hierdie preek wys dat ons as gelowiges nie of die lewe of dood omhels nie, maar Jesus Christus, ook in die doodsgolf van die Covid 19 wat oor ons spoel.
March 22, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek skande trots kaal god verheerlik LGBTQ. Christus maak ons trots weer ons skaamte. Hierdie preek wys hoe God ons behandel hoe dit pas by sy heiligheid en eer om God te wees, en nie volgens ons sondes nie. Omdat God ons so weer vir sy liefde heilig en regverdig maak, kan ons met ʼn lewenswyse breek waar ons van ons skandes, ons trots moet maak om ons selfrespek te probeer behou. God neem die grensloosheid waarmee ons Hom vir ons die kaal god van ons begeertes wil maak weg, en is weer vir ons God volgens sy heiligheid. Op hierdie wyse maak hy ons trots op ons skandes weer ons skaamte en maak Hy dat ons Hom weer volgens sy wil kan verheerlik.
March 15, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen straf en tug. God het Christus gestraf deur van Hom en sy lewe niks te maak sodat ons nooit vir een enkele sonde ooit gestraf sal word nie. God tug ons deur ons sonde in te perk, ons sondes nie te laat werk soos ons dit droom nie en ons die gevolge van ons sonde te laat dra. Bekering van sonde kan nooit straf wegvat nie, net Christus se offer vat alle straf weg. Bekering kan net waarde hê deur Christus se offer en God se tugtiging te glo. In die moderne Christelikheid word mense geleer om God se tug as straf te glo omdat hulle Christus se offer minag en hul lewe vir God as offer vir hul sonde te gee, om besigheid van godsdiens te maak.
March 8, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Diep geestelike verhouding. Geestelike dinge. Spiritualiteit. Hierdie preek wys die verskil tussen Christus wie die geheimenis is van die diepste liefde van God in Homself vir sy kinders, en mense wat geestelike diepte in hul eie gees soek. Die Heilige Gees is die Gees van Christus wat Hom besig hou met wie Jesus is, wat Hy vir sondaars gedoen het en hoe Hy sondaars verenig met wie Jesus as mens in die hemel is vandag. Die vereniging met Christus is die diepste verbintenis met God se innerlike en alles wat Christus in en deur sy geboorte, lyding, kruisiging, sterwe, opstanding, hemelvaart, regering aan God se regterhand en wederkoms doen, is die dinge waarmee die Gees besig is. Ons is geestelik omdat ons met Christus se lyding en opstanding besig is. Spirituele leiers soek geestelike diepte in hul eie gees en wil hulself met die goddelikheid van God besig hou, nie Christus nie. Identifikasie met God se goddelikheid is hul spiritualiteit.
February 23, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Nagmaal Liggaam voedsel drank opkikkers steroïdes. Hierdie preek wys hoe die Here ons geestelike voedsel en drank is. Hy is dit deur ons in te lyf en te laat deel in wie Hy as mens vir God was en wat Hy vir God gedoen het as die Christus, en wie Hy vandag as mens in die hemel is en vandag vir God doen in die hemel. Hierdie preek wys dat ongelowige mense nie geestelike voedsel en drank soek nie, maar goddelike opkikkers. Goddelike opkikkers wat hulle kragdadig en veglustig vir God maak. Christus laat ons met God en diensbaar vir God in sy liefde leef, nie kragdadig en veglustige nie. Geestelikes maak ons God se kragmanne en vroue wat namens God kragvertonings gee en baasspeel. Die verskil is of jy glo in Jesus se lydingsbeker en die nagmaalsbeker ontvang en gebruik, en of jy saam met Jesus sy lydingsbeker wil drink en saam met Hom ʼn godemaal wil vier.
February 16, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Dankdag vir reën. Hierdie preek wys die verskil tussen hoe gelowiges in die vertroue van God se troue liefde leef teenoor goddeloses wat ons wil verkul om te glo en te leef volgens die lot waarmee hulle met hul kragte en magte oor ons wil beskik. Die hele skepping is God se skepping en met elke deel van sy skepping versorg Hy vir ons in sy troue liefde. Daarom kan ons sy skepping nie sien as gode of net godlose natuurkragte volgens moderne wetenskaplikes wat ons lot bepaal nie. Wie in die lot glo wat magtiges oor jou bring, rig hulle lewe in om gedienstig aan die mag van die magtiges te wees. Wie in God se sorg glo, rig hulle lewe in volgens die voorskrifte en bepalings van sy wet. Die nuwe afgod wie jou voor die lot wil laat buig van die nuwe nasie – is die “grenslose Jesus” wat deur predikante opgemaak is om jou jou lot voor die mag van die nuwe nasie te laat aanvaar. ds. Petrus Kriel
February 9, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat elke lidmaat van die liggaam van die Here, klein en groot een doop het om te wys hul is ingesluit en deel in die liefde van een Vader, een Here en een Gees. Geestelikes rig in die kerk deur hul vyandskap teen Christus ʼn muur van skeiding in die kerk op tussen kinders en volwassenes met hul wettiese geestelikheid en sluit kinders só uit die liggaam van die Here uit. Daarom weerhou hulle die doop van kinders of vervang hulle die betekenis van die doop vir kinders met rituele wat hul geestelikheid sou vertoon.
February 3, 2020
Series: Preke manuskripte
Ek het die uitvoerende bestuur van die Noordelike Sinode versoek om die probleem dat die NG Kerk Jesus as God aanbid en as afgod vereer aan die Sinodale Diensraad van die Sinode mag voorle. Hulle het besluit ek moet die 21 bladsye in een bladsy opsom en in 10 minute aan die vergadering voorhou. Hierdie is die voorlegging van 22 Februarie 2019. Die vergadering het besluit om dit ‘n staande oop gesprek in die Sinodale Raad te maak.