Filtered by:
Series: Preke manuskripte
December 1, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus met sy koms en lyding vir ons genadige waarheid geskep het. Hierdie genadige waarheid herstel die verskeurdheid van sonde om waarheid en geregtigheid, waarheid en liefde, en geregtigheid en vrede inhoude te maak wat mekaar uitsluit en teenoor mekaar staan. Die afgodsdiens van hierdie wêreld is gegrond in die verskeurheid van die wrede waarheid van God en die innigheid van hul geestelikheid. Christus is God wat hierdie verlossing bring dat Hy die waarheid genadige waarheid maak – Hy maak sy geregtigheid my geregtigheid sodat ek die waarheid van my sonde kan erken en bely om in die waarheid van sy wil te leef.
November 24, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Hierdie preek wys hoe Jesus die hele geestelike bedryf van goddeloses met sondeskuld beëindig het deur ons van alle sondeskuld vry te maak. Dit wys hoe geestelikes van sondeskuld ʼn besigheid met die goddeloses van hierdie wêreld maak, terwyl die Here ons verbind aan ʼn lewenswyse waar geld net ʼn diensmiddel van mense is wat mekaar lief het.
November 17, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus ons deel van sy verbondsgenade maak sodat ons die waarde van liefde kan toevoeg aan dit wat God aan ons toevertrou. Dit is die vryheid en vreugde waarmee ons in liefdevolle diensbaarheid saam met Jesus Christus as God met ons met God leef. Hy maak ons reg en onskuldig in sy liefde en diens sodat ons wat Hy aan ons toevertrou se waarde met ons liefde kan vermeerder. Goddeloses skep die skynvroomheid dat hulle vir God terug gee wat God vir hulle gegee het as verskoning om te kan leef met die onderskeid tussen God se goed en eie goed. Christene gee nie vir God goed nie, maar doen vir God goed: hulle vermeerder die waarde van wat God aan hulle toevertrou met diensbare liefde.
November 17, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus ons deel van sy verbondsgenade maak sodat ons die waarde van liefde kan toevoeg aan dit wat God aan ons toevertrou. Dit is die vryheid en vreugde waarmee ons in liefdevolle diensbaarheid saam met Jesus Christus as God met ons met God leef. Hy maak ons reg en onskuldig in sy liefde en diens sodat ons wat Hy aan ons toevertrou se waarde met ons liefde kan vermeerder. Goddeloses skep die skynvroomheid dat hulle vir God terug gee wat God vir hulle gegee het as verskoning om te kan leef met die onderskeid tussen God se goed en eie goed. Christene gee nie vir God goed nie, maar doen vir God goed: hulle vermeerder die waarde van wat God aan hulle toevertrou met diensbare liefde.
November 10, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God ons vir sy liefde en diens vervolmaak binne sy skepping. Daarom is God self ons vaderland en stad binne die skepping, ons tuiste. Goddeloses glo hulle kan die skepping by God kaap en God en ons vreemdelinge en bywoners in die skepping maak. Dit is hulle waanbeeld oor God en hul eie wêreldryke. Hulle kan God en ons net vreemdelinge en bywoners in hul wêreldryke maak, maar God maak ons sy tuiste binne sy skepping.
November 3, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat deur ʼn openbare belydenis van geloof getuig jongmense oor hoe hul van die wet van God hul wegkeer en tot Christus bekeer om net alleen deur die geloof vir God se liefde reg, heilig en onskuldig te wees. Verder getuig hulle van ʼn tweede soort bekering waarin hulle nou waardig is om hul van sonde tot die nuwe wet in Christus te bekeer. Hierdie twee bekerings van geloof en gehoorsaamheid maak mense vry van die geestelike toewyding wat waardeloos is, jou vuil maak en jou laat verlore gaan, en dit maak jou ook vry van geestelike leiers en mentors as gidse, ligte, onderwysers en leermeesters van God se wet in jou lewe. Deur hierdie twee bekerings kan jy jouself vir God wees soos Hy jou gemaak het en nie ingebreek word deur geestelikes wat jou afbreek en opbou volgens hul geestelikheid nie.
October 27, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhou Hierdie preek wys dat ons heiligmaking is om aan te hou sukkel met ons roeping teenoor God in die sekerheid dat ons reg en heilig is vir sy liefde. Wie in hierdie geloof leef, word nie moeg en sak nie uit sy roeping teenoor God uit nie. Wie glo dat hulle vir God beter moet word sodat God hul nie meer moet laat sukkel met hul roeping nie, sak uit en gee op teenoor die eise van die lewe. Gelowiges gee hulle nie oor aan die vernieling van die “Afrika-droom” nie, maar bly hul roeping vervul ten spyte van die vernieling deur die “Afrika-droom”
October 20, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God se getrouheid om ons met sy skeppingsmag en kragte te versorg, beteken dat God landbouproduksie op aarde waarborg. God doen dit deur steeds te sorg vir slegte se voedselsekuriteit. Dit is ʼn afgodsbeeld wat God voorhou as ʼn god wat mense vir hul slegtheid aanval en verniel met sy skeppingskragte soos lug- en seestrome, hitte en koue en insekte. Net so sorg God vir voedselsekuriteit deur owerhede in te stel wat slegte mense tot verantwoording moet bring. God gee ons nie oor aan die magtiges wat hul bokant aanspreeklikheid verhef en landbou daardeur bedreig nie. In hierdie sorg van God is Hy die offer vir ons sonde sodat ons in en deur alle verliese in God se bestuur van sy skepping steeds sy volkome en heilige dienaars bly. In hierdie geloof kan ons volhard in ons roeping terwyl ons verliese ly.
October 13, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here sy kinders se sondes straf en bestraf as tugtiging. Die doel van die Here se tugtiging van sy kinders oor hul sondes is om die onsienlike dinge te kan sien: die Here as hul barmhartige Hoëpriester wat die enigste offer vir hul sonde, eens en vir altyd gebring het, om hulle vir sy liefde altyd heilig en volmaak te laat wees. Ons bring nooit weer offers vir ons sondes om ons vir God reg en goed te maak nie. Daarom straf en bestraf God nou ons as sy kinders se sondes om ons te keer om sonde as om geluk te glo en om ons heiligheid vir Hom te kan sien. Tug is nooit iets wat ons oor bly kan wees of verstaan nie. Dit is bedoel om ons aan ons roeping en diens aan God vas te hou. Die moderne Christelikheid wil ʼn nuwe straflose tug sonder enige bestraffing deur God oor ons sonde instel omdat hulle nie meer weet wat is die onsienlike wat ons moet sien nie: God het ons vir sy liefde geheilig.