Filtered by:
Series: Preke manuskripte
February 2, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Dooppreek. Doop Kinderdoop Bekeringsdoop Rituele. Hierdie preek wys dat ons as gelowiges se kinders is in Christus. Hy sluit hulle in Homself as mens in die hemel in en só is God sy Vader, hul Vader, en gee Hy aan hulle die Heilige Gees as waarborg vir wie Hy hulle sal laat wees. Hul doop wys hulle is in Christus en daarom vir God heilig. Hul doop wys al hul sondes is vir altyd klaar betaal. In afgodsdiens word die doop ʼn ritueel van bekering gemaak en verbind mense vir die res van hul lewe om hulself met rituele te versier wanneer hulle hul eie sondes weer self reggemaak of daarvoor vergoed het.
January 19, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons nuut maak en elke dag vernuwe omdat ons aan Hom behoort. Waar gemeentes oorgeneem word deur die werkers van die Here asof hulle die nuwe bestuurders en voogde van gemeente is, vat die Here sy Gees en loop weg. Nes boere hul nie deur arbeiders wat plase oorneem ʼn arbeider laat maak nie. Hierdie preek wys wat die kern van die verval van die NG Kerk is en wat lidmate binne hierdie verval van gemeentes moet doen. ds. Petrus Kriel Levubu
January 12, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud hierdie preek wys die verskil tussen Christus se intrede as Seun van die Vader by die Vader en ons wat vir mekaar voorbidding doen. Dit wys die verskil tussen die gebed in Johannes 17 wat die Here bid wat ons nie kan saambid nie en die gebed wat Hy ons geleer het om te bid, die “Ons Vader”. Christus se intrede laat ons deel in die lewe met God, laat ons aan God behoort en sluit ons in in die bewaring en liefde van God. Ons bewerk niks hiervan in ons voorbidding nie. Christus se gebed in Joh. 17 is ʼn binne-gesprek in God met Homself waarin ons hoor wie Hy ons as sy kinders laat wees. Dit gee ons die krag en vrymoedigheid om by Hom vir mekaar voorbidding te doen. ds. Petrus Kriel Levubu
January 5, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus se gawe om altyd met ons as Here te leef en as mense vir Hom te laat leef, aan ons tydelike lewe ewigheidswaarde gee. Elke oomblik en geleentheid is deel van ons lewe vir altyd met God. Dit maak elke oomblik en geleentheid nuut en deel van ons toekoms. Ons einde is nie die dood nie maar die lewe. In goddeloosheid en afgodsdiens gee mense hulle oor aan die gelatenheid en verslaenheid van die verganklikheid en nietigheid wat die dood aan die lewe gee. In hierdie wete van verganklikheid probeer goddeloses hulself nuut maak met die genietinge van die lewe en bygelowiges hulle self met goddelikheid verhef bokant hul eie menslikheid. Gelowiges leef hul tydelikheid as deel van die nuutheid van hul ewig lewe met en vir God. Elke tydelike geleentheid en oomblik is deel van ons ewige identiteit. ds. Petrus Kriel Levubu
December 29, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons as gelowiges Christus as die Woord van God ontvang en aanvaar en só ons tot die ware en lewende God bekeer. In afgodsdiens maak geestelikes hul praatjies oor hul gods-idees, godservarings en goddelike aandoenings, goddelike woorde. Christus ontbloot hierdie goddelike waar elkeen oor God kan dink, voel en ervaar soos hy wil, en God is soos hy dink, voel en ervaar, mensewoorde. Wie hierdie mensewoorde as goddelike woorde aanvaar, bekeer hulle weg van die ware en lewende God tot afgode. Dit is hoe geestelikes vandag Christene van die ware en lewende God van binne die kerk tot afgode wil wegkeer in die Naam van Jesus.
December 25, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat mense hulle bevangenheid in verhoudings van oorheersing en
afhanklikheid glo en ervaar as ware liefde. Die ellende van hierdie sondige verhoudings
hou mense voor as die lot wat God vir hulle bepaal het wat hulle vroom-gelowig voor gedienstig en gelate voor sal buig met die houding “by God is jou beurt jou beurt en jou saak jou saak.” Christus verbreek hierdie magsgreep van goddeloosheid deur ons beurt sy beurt te maak en ons saak sy saak te maak. Só verlos die Here ons van magsverhoudings tot liefde vir God en ons naaste.
December 22, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God ʼn nuwe heerskappy instel en uitoefen deur Jesus Christus waar reg en geregtigheid werk soos die reg en geregtigheid van God se wet moet werk. God stel hierdie nuwe magsbedeling in vir sy kerk omdat mense God se instelling van owerhede en persone met die amp beklee om gesag uit te oefen volgens God se wet, die magte maak waarmee hulle wettige onreg instel en ordelike ongeregtigheid die lewenswyse van gemeenskappe maak. Deur ʼn nuwe magsbedeling waarin Christus ons deur sy genade regeer maak Hy dat reg en geregtigheid weer die leefwyse van sy kinders is.
December 15, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus met dit wat Hy in sy doop en dood gedoen het, ons volkome reinig om deel te wees van die volmaakte liefde van God. Met sy doop en dood beëindig die Here daarom alle selfgereinigde liefde vir God. Die geestelikhede van hierdie wêreld doen presies die teenoorgestelde. Hulle maak hul lewe, gemeenskap en land skoon van Jesus Christus sodat hulle met hul selfreinigende liefde en rituele kan voortgaan. Die ewige lewe van die Here gee is ʼn lewe waarin ek in alles wie ek is en wat ek doen, deel is van God se volmaakte liefde vir my en Hy my gebroke liefde vir Hom as volkome aanvaar. Met selfreinigende liefde moet mense altyd hulself, hul lewe en die mense waarmee hul lewe afsterf om skoon oor te kan begin.
December 8, 2019
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die moderne Christelikheid se godsbedryf werk: dit maak van God, wie God is en die aanbidding van God handelitems. Geestelikes bedryf vandag God, wie Hy is, wat Hy doen en wat Hy het, as handelsitem in hulle godsbedryf. In hulle heiligdomme kan jy met God ruilhandel bedryf – jy gee wat jy het vir God en Hy gee in ruil daarvoor wat Hy het vir jou. Hierteenoor het Jesus Christus ʼn handelsvrye diens en toewyding aan God kom skep deur sy lyding en opstanding waar daar geen ruiltransaksies met God, oor God en wie Hy is en het nie. Christus bewerk en gee alles wat ons God handelsvry laat aanbid – aanbid omdat ons sy heerlikheid as God sien in die genade en waarheid van wie Christus vir ons is.