Filtered by:
Series: Preke manuskripte
May 17, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen ʼn gebed tot God en ʼn gebed tot ʼn afgod. ʼn Gebed tot God is wanneer ons God in sy verbondstrou aanroep wie God met ons is en ons sy kinders met hom maak. ʼn Gebed tot ʼn afgod is om net met jou eie goddelikheid binne in jouself te identifiseer. Hierdie gebed tot ʼn god binne in ons, is niks anders nie as om jou van God weg te keer, en jou in jouself en jou innerlike in te keer om daar die god te vind wie jy wil hê, omdat jy nie met God wie God is, wil saamleef nie. God luister nie na hierdie selfgesprekke wat as gebed voorgehou word nie. Meditasie is nie gebed nie. Om die Jesus binne jou wie jy koning van jou lewe op die troon van jou gemaak het te bid, is hoe jy jou in jou eie goddelikheid inkeer om jouself weg van God te keer. Gelowiges roep Jesus wie Christus en Here in die hemel aan die regterhand van God die Vader is in gebed aan. Hulle keer hulle nie in hul eie innighede met die god in hulleself in nie.
May 10, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus is God met ons en Hy maak ons weer waarvoor Hy as Skepper ons voor bestem het. Christus laat ons ons roeping om mens vir God te wees, teenoor God vervul. Die afgod wat binne in mense is en as Jesus benoem word, verteer ons menslikheid vir sy goddelikheid. Vir hierdie afgod Jesus binne in jou moet jy jouself, jou mens wees en jou menslikheid opoffer sodat hy die afgod kan wees wie hy wil wees. Hierdie afgod wat jou jouself laat opoffer is niks anders as mense se drif om in hul goddelikheid jou in jouself te wil verdring nie.
April 27, 2020
Series: Preke manuskripte
April 26, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Hierdie preek wys dat mense van God ʼn narsistiese god maak: ʼn god wat alles begeer en wil beheer maar wat nie die eienskappe het om God te wees nie. Hierdie afgod gee hulle die Naam Jesus, en maak Jesus só die wip en vanggat om mense in hulle geestelike mag vas te vang. Jesus Christus is God wat doen wat Hy wil. Hy maak ons reg en heilig vir God se liefde sodat Hy as God alles vir alles kan wees, nie om ons spesiaal te maak nie. Wie die Here só vertrou kan weer hom – of haarself wees, en wie hul self is, kan weer hul naaste lief hê soos hul self. Só bevry Jesus Christus ons daarvan om wie ons as mense is en bedoel is om te wees, op te offer vir ʼn afgod wat niks vir homself kan doen nie, maar geestelikes gebruik om goddelike mag oor mense te verkry.
April 19, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud hierdie preek wys dat Jesus in afgodsdiens net gebruik word om mense se narsistiese geestelikheid te bevestig. In hierdie geestelike selfbewondering word Jesus se dood gesien as God wat goddeloses se gevoel dat hul spesiaal en besonders is, herbevestig. Hierteenoor vervul Jesus Christus God se verbondsbeloftes ter wille van die eer van sy Naam. Dit is God se eer om ons nie volgens ons sondes te behandel nie, maar volgens sy liefde, omdat sy liefde sy eer is. Wie Christus só vertrou, breek uit hulle geestelike narsisme en verbind hulle weer tot naaste liefde soos hulle self. Dit wys dat die geestelikes in die NG Kerk net soos met die ballinge in Babilon nog steeds nie met die afgodsdiens kan breek dat God nie ons selfwaan oor hoe spesiaal en besonders ons is, sou bevestig nie.
April 12, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Paassondag. Hierdie preek wys dat die Here self as mens van vleis en bloed uit die graf uit opgestaan het en vandag só leef in die hemel. Só is Christus ons Here en ons God – Hy laat ons vir ewig as mense met Hom leef in sy liefde as God. In alle goddeloosheid moet mense Jesus herleef as ʼn goddelike gees in hulle, en Hom nuut maak en oor maak, anders is Hy dood vir mense. Hulle herleef en vernuwe Jesus as ʼn afgod wat hulle ‘m goddelike lewe gee omdat hulle nie dat Hy as ʼn mens van vleis en bloed uit die graf uit opgestaan het nie. Gelowiges leef as mense vir ewig met hul menslike identiteit omdat Jesus hulle weer as mense uit die dood sal opwek soos Hy op Paassondag uit die dood uit opgestaan het.
April 10, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Paasfees. Jesus se eie bedoeling en beplanning. Opstanding. Hierdie preek wys dat Jesus se eie bedoeling, beplanning en uitvoering was om Homself die Christus te maak. Niemand het hom hierin erken of ondersteun nie. Almal het Hom in sy eie bedoeling, beplanning en uitvoering verlaat, verwerp, verloën en teengegaan volgens hulle eie verwagtings van hoe die Christus moes wees. Jesus is God wat self die Christus is. Daarom beskik hy om die Christus te wees deur sy dood en opstanding. Wie Jesus Christus self bedoel, beplan en uitgevoer het om te wees vir Hy is, raak vandag verlore vir die kerk deur opgemaakte geestelike seremonies en stories waarmee geestelikes maak of hulle met deernis en ondersteuning Jesus se lyding met hom meemaak en Hom uit die dood herleef. ds. Petrus Kriel
April 5, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Covid 19 coronavirus innerlike vrede, geestelike stryd, verandering. Hierdie preek wys dat in ons vereniging met Christus as mens in die hemel, niks ons van God se liefde kan skei nie: nie ons sondes nie, nie wat in die wêreld met ons gebeur nie en nie ons eie wisselvallige gemoedstoestande nie. In hierdie geborge liefde ontdek ons dat hierdie cornonavirus is net dit: net nog ʼn virus waardeur God ons in sy liefde sal lei en ons Hom sal volg. In ons vertroue in God se onskeibare liefde, laat niks wat met hierdie virus gebeur ons voel dat God teen ons gedraai het nie, daar fout is met sy en ons liefde nie, soek ons nie innerlike vredes wat die stres van hierdie virus in ons gewone lewe misken of begin ons nie met geestelike stryd en oorlogvoering teen gewaande magte wat ons met hierdie virus sou aanval nie. In wat God deur hierdie virus vir en oor ons beskik, pas ons aan, verander ons ons lewensverwagtings en dra ons ons verliese lydsaam in die sekerheid van sy onskeibare liefde vir ons. ds. Petrus Kriel Levubu
March 30, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus is die Vader se Lam en Dienaar, nie mense se sondebok nie. God die Vader maak die Here die Dienaar en Lam van Jesaja 53 wat stilbly terwyl Hy onskuldig vir ons sondes deurboor word. Só maak Christus ons vandag konings wat teen ons eie sondige aard stry en priesters wat ons liefde aan God toewy. Die geestelikes van hierdie wêreld wil ons leer om Jesus se plek, se werk en goed te vat sodat Hy die gevolge van ons sonde vir ons moet wegvat en ons die geluk moet gee wat ons vir ons self opmaak. Só maak hulle net soos die hoëpriester Kajafas Jesus die sondebok van hulle kultusse. Jesus is nie ons en ons is niemand se sondebok nie. Die Here is die Lam en Dienaar wat die Vader vir ons gegee het om ons sonde weg te vat en ons is konings en priesters.