Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • July 12, 2020

    Inhoud Preek ds. Petrus Kriel seksuele losbandigheid liggaam goddelik. Hierdie preek wys dat mense deur sowel sedeloosheid as afgodsdiens teen hulle eie liggaam sondig. Dit is om hulle liggaam af te skei van hul menslikheid. Hulle gebruik hul liggame óf om hul eiegeregtigheid en eiemagtigheid te demonstreer met sedeloosheid óf om hul liggaam leë lywe te maak om God se goddelikheid binne in hulle uit te stal. Op hierdie twee wyses verontmenslik hulle hul liggaamlikheid as iets waarmee hulle hul goddelikheid bevestig. Christus herstel ons volle menslikheid deur sy volle menswees na liggaam, siel en gees in die hemel sodat God met ons hele verstand, siel, gees en al ons liggaamlike kragte kan dien as mense.

  • July 5, 2020

    Inhoud Preek Efesiërs 4 Vader woon drie eenheid Vreemdelinge. Ds. Petrus Kriel. Hierdie preek wys dat God die Vader sy kerk sy woonplek maak deur sy kinders in al sy seëninge as Vader te laat deel. Dit staan teenoor die afgodsdiens van die moderne Christelikheid waar mense se lywe ʼn goddelike gees se blyplek word wat valslik die doop of vervulling met God se Gees genoem word. Mense moet hulself van hul menslikheid leeg maak om vir hierdie goddelike gees ʼn blyplek te wees. Die Vader maak sy kinders nie deur die Heilige Gees leë mense nie, maar vervul hulle met die volheid van sy liefde en genade sodat hulle vervul is met liefde vir Hom as God die Vader. Hierdie goddelike gees wat mense leeg maak, is die gees van die kinders van ongehoorsaamheid. Dit is ʼn vaderlose gees.

  • June 28, 2020

    Inhoud Preek liggaam Hoof kerk Gees ds. Petrus Kriel. Hierdie preek wys hoe Christus ons sy kerk maak. Hy verenig ons met wie Hy as mens vandag in die hemel is. Omdat ons een is in wie Hy as mens is, word ons as kerk “sy liggaam” genoem. Dit wys die nagmaal ons. Dit wys dat Hy as God ons sy kerk deur sy menslike liggaam maak. In die afgodsdiens van die moderne Christelikheid word Jesus as die kop van mense wie God se lyf is, aangestel. Hulle vorm ʼn gemeenskap wie God se goddelikheid beliggaam en as hierdie liggaam is hulle die bron en oorsprong van Jesus as hul koning, skoolhoof, direkteur, bestuurder, seremoniële hoof en verggeneraal. Só vervreem hulle mense van Christus as Hoof en van sy kerk as sy liggaam.

  • June 21, 2020

    Inhoud Preek ds. Petrus Kriel Johannes 2 Messiaanse tempel liggaam moderne heidendom. Hierdie preek wys dat Jesus se menswees is ons tempel. Sy menswees is die offer wat ons skuldloos en offerloos vir God laat leef. Sy menswees aan die regterhand van die Vader laat ons leef in die Allerheiligste van God se liefde. Daarom is sy liggaam ons tempel. In die moderne heidendom breek mense hulle eie menslikeheid af en by hulle self weer op om vir God ʼn tempel te wees waarin hulle sy goddelikheid met Hom deel. In hierdie heidendom wys Christus net hoe jy jouself moet afbreek en opbou om vir ʼn goddelike gees ʼn blyplek te wees.

  • June 14, 2020

    Inhoud Johannes 4. Tempel Inwoning Bose geeste. Ds. Petrus Kriel Hierdie preek wys die verskil tussen die inwoning van Christus in sy kerk deur die Heilige Gees en die vervulling van die kerk met die gees van afgodsdiens deur die verskil tussen die tempel in Jerusalem teenoor die afgodstempels van Jerobeam in Dan en Bet-El uit te wys.

  • June 14, 2020

  • June 7, 2020

    Inhoud Preek afgod afgodsdiens bemagtigde leiers. Hierdie preek wys die verskil tussen die Here Jesus Christus wie ons verlos en aan sy wil bind, en beelde van Jesus wat geestelikes opmaak waarmee hulle ons sondes regverdig. Dit wys ook die verskil tussen hulle wie geroep is om God se Woord te verkondig en hulle wie bemagtigde leiers wil wees of hulle wil maak.

  • May 31, 2020

    Inhoud Preek Romeine 10 Ervaring. Belewenis Teenwoordigheid. Hierdie preek wys die verskil van ʼn lewe in die geloof in die Here se magtige teenwoordigheid en ʼn lewe waardeur mense hul self uit God se teenwoordigheid wegkeer met geestelike ervarings van ʼn afgod wat hulle in hul self opmaak en die naam “Jesus” voor gee.

  • May 24, 2020

    Inhoud Slagoffer Martelaar tempel dienaars. Jesus is die Christus en Here wie vir sy kinders die tempel is van God se verbondstrou en liefde. Jesus is die Christus wie die tempel en stad om die tempel in Jerusalem ʼn puinhoop gemaak het. Jesus het sy mag om Christus en Here te wees in die hemel gevestig buite die magvergryp van geestelikes op aarde. Sy kinders is hulle wie Hy sy dienaars maak terwyl Hy almal wie sy goddelike mag en krag in hulle wil vestig, verniel. Jesus is niemand se slagoffer nie en Hy ly om Here te wees, nie om ʼn martelaar te wees nie. Daarom maak Hy sy kinders God se dienaars en nie God se slagoffers en martelare op te leef in die vernieling van God van hierdie wêreld nie.