Filtered by:
Series: Preke manuskripte
September 6, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God Homself in Christus ons erfdeel maak. Hy gee Hom en sy liefde as gawe sodat ons Hom onbevange kan dien. Daarom is ons lewe ons vreugde en leef ons ons eie lewe in sy liefde en diens. Hy maak dat ons altyd ons lewe as diens aan God oordink. Jesus wie as afgod gepreek word, eis bloedoffers: of jy offer jouself en jou lewe vir Hom op of Hy vernietig jou deur al die geweld van hierdie goddelose wêreld. Vir hierdie afgod wat Jesus genoem word kan jy net in vrees oorleef, terwyl jy jouself en alles wie jy is en wat jy het vir hom as bloedoffer moet prysgee, opgee, weggee en oorgee. Christene leef in vreugde hul lewe met die Here as gawe en gee dit nie op om vreesbevange net te oorleef nie.
August 30, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek doop Genees immuun inent oefening. Hierdie preek wys hoe die Here Jesus ons Geneesheer en nie een of ander geestelike fiksheidsinstrukteur is nie. Jesus se lyding, kruisiging, dood en opstanding is waarmee Hy ons ʼn nuwe geaardheid gee wat ons immuniteit teen sonde gee. Jesus se lyding en opstanding kan nooit geestelike oefeninge wees waarin Hy ons deel van sy kamtige geestelikheid maak nie. Christus se doop wys ons Hy is ons Geneesheer wat ons immuniteit teen sonde gee. Sy doop is nie ʼn voorbeeld van net nog ʼn geestelike oefening nie.
August 23, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Filippense 3 vers 13. Voorspoed sukses krag. Hierdie preek wys die verskil tussen die krag wat die Here ons gee om die lewe in Christus deur alle voor en teenspoed te kan leef teenoor die goddelike kragte wat mense in hul bygeloof wil hê om in alles altyd suksesvol en net voorspoedig te wil wees.
August 16, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Humanisme sekulêr gelykstelling eer diens minag. Hierdie preek wys hoe goddeloses God minag as die Here wat sy kinders liefhet en goddeloses haat. Hulle maak Hom die god wie van alles en almal hou, maar nie liefhet of haat nie. So maak hulle God die nuttelose god van die godlose wêreld, wat hulle vir hulself verbeel waarin god se wil nie meer bepaal wat sonde en diens is nie. Hulle mag om alles tot hul voordeel te gebruik as reg te glo en God die oorsprong van onreg maak, is totaal. Hulle wil kinders van God die liefde van God ontneem deur God se offer vir sondes nutteloos te maak. Hulle wil dat kinders van God hulle self van God se liefde sal vervreem.
August 9, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Kolossense 2. voller dieper intiemer volheid. Hierdie preek wys dat die moderne Christelikheid se versugting na ʼn voller, dieper, intiemer en meer vervulde lewe met God as om ingesluit te wees in Christus is ʼn heidense passie, nie die verlange na die Heilige Gees nie. Dit is die passie na geestelike mag omdat God se liefde mense wie hierdie mag soek onvervuld laat.
August 2, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Kolossense 3 Misterie Geheim hemel sondige natuur Hierdie preek wys dat die misterie van God is dat Hy mens word om mense weer mens te laat wees soos Hy hulle gemaak het. In afgodsdiens wil mense presies die teenoorgestelde die misterie beleef van mense wat goddelik word. Só wil hulle die aardse dinge van hul sondige natuur as hemelse ervarings beleef en daarna strewe. Dit is die teenoorgestelde as Christene wat strewe om die mens te wees wie hulle in hul verenigingmet Christus as mens die hemel op aarde wil wees. Christene strewe na die heiligheid, foutloosheid en onberispelikheid wie hulle in Christus as mens is, terwyl goddeloses strewe na die krag, mag en lewe van God in die hemel.
July 26, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Johannes 17 behoort toewy pleit liefde. Die Vader en Seun wy ons aan hul liefde toe. Hierdie preek wys dat Jesus se gebed in Johannes 17 is nie ʼn innige gebed van ʼn mens tot God wat ons Christus kan na bid nie. Hierdie is ʼn binne-gesprek in God oor God se kinders. In hierdie binnegesprek openbaar God dat Hy as Vader sy kinders in sy liefde aan sy Seun toewy en sy Seun sy kinders aan die Vader toewy. God wy ons aan sy liefde toe. Ons moet nie ons in liefde aan Jesus toewy om die Seun en Vader se gestryery met mekaar oor hul kinders te stop nie. Ons moet nie met ons toewyding die Vader gunstig stem of sy Seun se vernedering om Hom oor ons te moet paai, stop nie.
July 25, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Matteus 22 verse 31, 32 Roudiens opstanding treur hoop vreugdefees. Hierdie preek wys dat Christus Here van die lewendes is en nie Here vir die geeste van dooie mense is nie. Al is ons gees in ons doodsoomblik met Christus, is Hy die Here wat ons weer lewende mense van vleis en bloed sal maak om as mense met Hom in die nuwe skepping te leef. Daarom leef ons nie met die houding om ʼn vol lewe te leef nie, maar ʼn vervulde lewe in diens van die Here te leef waarin ons weer mens met Hom sal wees. In hierdie hoop is ons nie ligsinnig bly oor die dood van geliefdes nie, maar rou ons as mense wie liefde gegee en ontvang het in die hoop dat hierdie liefde in die toekoms behoue is.
July 19, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Efesiërs 2 aktivis yweraar vyandskap vrede kerk eenheid ds. Petrus Kriel God maak sy kinders tuis in sy liefde. Hierdie preek wys dat God sy kinders tuis maak in sy liefde maar dat geestelike aktiviste vir God se liefde sy kinder vreemdelinge en bywoners in sy liefde maak. Só kaap hulle God die Vader as hul God en maak hulle God se kinders in die kerk Vaderloos.