September 10, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus van kansels en die uitbeelding van Jesus op verhoë. Deur die verkondigde Woord van sy lyding en opstand verlig Christus ons om in God se liefde te leef en Hom God lief te hê. Deur die uitbeelding van Jesus deur geestelikes op verhoë in leesdramas en lewenshoudings verlei hulle mense om met god te identifiseer en verduister so God vir mense. Die drif om kansels met verhoë te vervang is die drif om nie in Christus te wil glo maar met God te wil identifiseer.
September 3, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die Here gee vir ons in die Nagmaal tekens waarmee Hy ons verseker Hy verenig ons met sy menswees in die hemel. Die Satan maak van die Nagmaal ‘n offerfees.
September 3, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die Here gee vir ons in die Nagmaal tekens waarmee Hy ons verseker Hy verenig ons met sy menswees in die hemel. Die Satan maak van die Nagmaal ‘n offerfees.
August 27, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die besprinkeling met water in die doop wys dat die Here Jesus ons van sonde gereinig het volgens die Abrahamsbelofte wat Hy vir ons vervul het. Die Here reinig ons en ons kinders van sonde deur sy bloed en ons verseël wat Hy doen met water in die doop. Hy was ons sonde en ons spoel af. In alle afgodsdiens maak hulle van die doop waterspeletjies wat wys hulle reinig hulle self van sonde.
August 20, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons God laat aanbid sonder enige bewussyn van ons sonde of sondigheid voor God omdat Hy ons deur een volmaakte offer vir God volkome geheilig het. so leef ons in hierdie geloof met ‘n vrye gewete en oefen ons onsself in ons heiligheid in. Ongelowiges probeer hulle gewete voor God onderdruk om sonder sonde voor God te wees maar eindig dan altyd met ‘n slegte gewete teenoor God. Dit is die verskil tussen godsdiens in gewetensvryheid en sonde in gewetenloosheid.

August 13, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat God self elke dag besig is om mense te seën en mense te vervloek volgens sy wet terwyl Hy gelowiges net seën en nooit vervloek nie. Omdat God hom nie op die kwaad wat ons doen, wreek nie, mag ons nie ons op die kwaad wat mense ons aandoen wreek nie. Om jouself te wreek is om in te meng met die wraak van God. God seën ons om aan alle mense altyd goed te doen, ook die wat ons kwaad aandoen. So leef ons uit die geloof in God se seën.

August 8, 2023
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen heidense liefdes vir mekaar en Christene se liefde vir mekaar. Die verskil is dat Christene glo dat Christus se liefde maak hulle reg en verander hulle innerlik terwyl heidene dit van hulle eie liefdes vir mekaar glo. Vir heidene is hulle liefdes die mag waardeur hulle alles in die wêreld regmaak en verander. Vir Christene is liefde om jouself diensbaar te bly gee in en deur alles wat verkeerd is in die wêreld.