August 16, 2015
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Die opvatting oor wie verdruktes en wie onderdruktes is in die gemeenskap verskil radikaal van hoe die Woord van God hierdie onderskeid maak. Verdrukkers is hulle wat openbare ampte misbruik. Onderdrukkers is hulle wat aan hierdie misbruik onderworpe is.
August 9, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
God laat ons in bepaalde en vaste tye leef waarin ons spesifieke diens moet lewer. Mense probeer uit hierdie tydelikheid hul self verhef met geestelike ervarings waarin hulle aan hierdie begrensdheid wil ontkom deur ewigheidswaarde aan bepaalde oomblikke te gee.
August 2, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
God vernietig in een oomblik die welvaart wat goddelose mense wat met die kunstigheid om ontrou te wees deur feitelike korrektheid en kwaad en vernietiging te beplan en uit te voer asof dit net hulle plig en taak is.
July 26, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Korrupsie is om die vrug van ander se arbeid jou eie te maak in die geloof dat jy borg en diens verhewe is. Hulle handhaaf hierdie goddeloosheid met bedrog en geweld. God vernietig met die geweld van sy geregtigheid korruptes daarom kan ons hom daarvoor bid.
July 19, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Goddeloses vergeld liefde met haat omdat hulle nie aan die eis van liefde gebind wil wees nie. Daarom leef gelowiges binne hulle doodswens maar God seën ons. Ons mag nie dat die pyn wat hulle ons aandoen maak dat ons in hulle doodswens glo nie.
July 12, 2015
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die mag van goddeloses is om wie goed doen, te straf en lief het, te oordeel omdat hulle glo liefde is ʼn swakheid en kwaadwilligheid is kragtigheid. God lewer ons nie uit aan hierdie mag wanneer Hy ons tot liefde vir ons vyande verbind nie, want Hy vergeld kwaad.
May 31, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek spreek die probleem aan dat gelowiges met hul self en geestelikes gekonfronteer word dat hulle moet bewys dat hulle liefde vir God en hul naaste opreg bedoel is omdat die verklaring van hul liefde nie vir God of ander goed genoeg is nie. Dit wys dat God ons liefde in Christus reg en heel maak sodat God en nie ons nie die bedoeling van liefde herstel. Christus maak ons nuut as beeld van God. Dit is nie mense wat hul self nuut moet maak as beeld van God nie. Gelowiges leef in die bedoeling wat God aan hulle liefde gee. Hulle moet nie eers hulle liefde reg bedoel voor hulle God en hul naaste kan lief hê nie.
May 31, 2015
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek spreek die probleem aan dat gelowiges met hul self en geestelikes gekonfronteer word dat hulle moet bewys dat hulle liefde vir god en hul naaste opreg bedoel is omdat die verklaring van hul liefde nie vir God of ander goed genoeg is nie. Dit wys dat God ons liefde in Christus reg en heel maak sodat God en nie ons nie die bedoeling van liefde herstel. Christus maak ons nuut as beeld van God. Dit is nie mense wat hul self nuut moet maak as beeld van God nie. Gelowiges leef in die bedoeling wat God aan hulle liefde gee. Hulle moet nie eers hulle liefde reg bedoel voor hulle God en hul naaste kan lief hê nie.
May 10, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die goddeloses en geestelikes nooit deel van Christus wil wees nie, nie deel van die blydskap van sy verlossing nie en ook nie deel van die lewe wat Hy skep waarin gelowiges treur oor sonde nie. In hulle selfgenoegsame goddeloosheid en geestelikheid wil hulle nie in wie en wat Christus vir hulle is, ingesluit wees nie. Daarom het hulle teenoor die kerk van die Here altyd ʼn kritikasterige houding: gelowiges is altyd net nooit reg en net nooit goed genoeg nie. Met hierdie afwysende houding vir enige meelewendheid van gelowiges demonstreer hulle hul afkeur in wie en wat die Here Jesus Christus is.