May 10, 2015
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die goddeloses en geestelikes nooit deel van Christus wil wees nie, nie deel van die blydskap van sy verlossing nie en ook nie deel van die lewe wat Hy skep waarin gelowiges treur oor sonde nie. In hulle selfgenoegsame goddeloosheid en geestelikheid wil hulle nie in wie en wat Christus vir hulle is, ingesluit wees nie. Daarom het hulle teenoor die kerk van die Here altyd ʼn kritikasterige houding: gelowiges is altyd net nooit reg en net nooit goed genoeg nie. Met hierdie afwysende houding vir enige meelewendheid van gelowiges demonstreer hulle hul afkeur in wie en wat die Here Jesus Christus is.
May 3, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die gewoon menslike liefde waartoe die liefde van God in Christus ons verbind en die sogenaamde goddelike liefde van die moderne Christelikheid. Die drang tot ʼn sogenaamde goddelike of “agapei-liefde”, soos hulle hierdie drang Bybels probeer inklee, noem die Woord van God die begeerlikhede van verleiding en om deur jou eie sondige begeertes verteer te word. Hierdie sogenaamde ‘goddelike liefde’ is die liefde van ’n afgod. Dit is nie liefde tussen God en mense nie. Dit is mense wat hulle eie sondige begeertes in mekaar uitwoed met die geloof dat dit goddelike liefde is. Christelike liefde is die gewoon menslike liefde vir mekaar deur die geloof dat ons deur Christus vir God en mekaar geheilig en geregverdig is. Die preek wys dat die sogenaamde “goddelike liefde” vir mekaar, mekaar se menslikheid uittrek sodat jy kaal voor ander se begeertes staan. Goddelike liefde stroop jou van jou menslikheid om niks anders te wees as die sondige drif van jou en jou naaste nie. Daarteenoor is gelowiges besig om mekaar met die geregtigheid en heiligheid waarmee Christus hulle en hul medegelowiges beklee vir mekaar te ontdek. In hierdie geloof vir mekaar in Christus vind gelowiges die samesyn van mense met mekaar. In die passie van goddelike liefde raak mense in hulle menslikheid van mekaar geïsoleerd en vervreemd.

April 12, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die geskil uit in die geloofsgehoorsaamheid aan God van gelowiges teenoor die geestelike praat van die moderne Christelikheid se geestelikes wat geen gehoorsaamheid aan God is nie. Gelowiges is verbind om iets te maak van die gawes van God aan God en vir God. Vir gelowiges is die Here Hy wat alles maak, alles toevertrou en al die werk doen, sodat Sy kinders Hom onbevange, in liefde en vreugde kan dien: werkers in sy groot skeppingsonderneming. Deur ons te regverdig in Christus skep Christus getrouheid in sy diens as God. ’n Getrouheid om diensbaar alle gawes op te neem, om daarmee iets vir God te doen en iets vir God te maak. In die moderne Christelikheid se geestelikheid glo hulle in God as die harde God, as die God wat met kragdadigheid alles wat jy het en doen, wil vat en opeis. Met hierdie wangeloof in God is hulle besig met ʼn skyn gehoorsaamheid van praat en nie doen nie. Hulle praat gedienstig maar doen niks met God se gawes vir God nie. Alles wat God vir hulle as gawes in sy diens gee, gee hulle aan God terug as offer omdat hulle niks daarmee wil doen nie. Jesus Christus noem hierdie geestelikheid van die moderne Christelikheid waar jy jou lewe, hart, beheer, kinders, land, taal en gemeenskap vir God moet teruggee – nutteloosheid. Nie die trots en eer van gehoorsaamheid nie, maar die nutteloosheid van slegtheid en luiheid met verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor God.

April 5, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys hoe die werklike opstanding van die Here as mens uit die dood die waarheidsoomblik vir geloof in Hom as God is. Dit wys ook hoe die Jode eers probeer het om ʼn opstandingskultus te probeer voorkom het. Hulle wou keer dat daar ʼn mite ontstaan dat die Here uit die dood opgestaan het omdat dit geestelike moeilik is om teen mites te veg. Hulle poging om hierdie mite te keer was totaal onnodig omdat daar by geen dissipel so ʼn tipe geloof of poging tot so ʼn tipe geloof was nie. Hulle wou Hom nie herleef nie omdat hulle nie meer in Hom as die Messias geglo het nie. Die waarheidsoomblik van die Here se opstanding as mens uit sy dood om weer mens te wees, het gemaak dat die Jode, nie die dissipels nie, die opstandingsmite geskep het oor die Here. Die dissipels het geen geloof in Jesus gehad om so mite te skep nie. Die dissipels het die lewende Here ontmoet en so tot die geloof gekom dat Hy God met hulle is – ʼn geloof wat hulle ook nie voor sy opstanding gehad het of wou gehad het nie. Die moderne Christelikheid vermy net soos die Jode die waarheidsoomblik van die Here se opstanding as mens liggaamlik uit die dood deur Hom geestelik in hulle te herleef. Hulle wil nie glo dat Hy vandag as mens leef nie en glo in die mite dat Jesus nou deur hulle leef.

April 3, 2015
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys op die teenstelling tussen die mag wat Christus as Messias vestig om aan die regterhand van die Vader te sit teenoor die magsdrif van die geestelikes van hierdie wêreld. Die geestelikes sien die Here se oorgawe aan die godverlatenheid van sy Vader as as sy oorgawe aan hulle spirituele mag terwyl die ironies genoeg die magsdaad is waardeur Hy die Here sal wees om sondaars nooit as God ooit te verlaat nie. Hierdie teenstelling tussen wat die Here regtig vermag en wat hulle glo hulle met die Here vermag, gaan oor die teenstelling tussen die mag van die Here en die mag van geestelikes. Die Here skep die mag om God in liefde teenwoordig vir sondaars te wees sodat hulle ook in hulle sonde nooit godverlate sal wees nie. Geestelikes skep die spirituele mag om mense aan hulle geestelikheid te onderwerp en die waan dat hulle mense godverlate kan hanteer. In hierdie geestelike godverlate onderwerping van mense is hierdie spirituele leiers niks anders as die geweldenare van hierdie wêreld wat gelowiges die potskerwe en wurms onder hulle magsgeweld wil maak nie. Christus het juis sy mag so gevestig dat Hy ons in hierdie geweld van geestelikes en goddeloses nooit godverlate sal laat wees nie.