• March 22, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud In hierdie preek word die verskil tussen die gees van die moderne Christelikheid en die Heilige Gees wat die Here Jesus aan sy Kerk gee, uitgewys. Die gees van die moderne Christelikheid is ʼn valse gees. Hierdie gees word deur spirituele leiers voorgehou as die gees wat mense se geestelike verwagtings en versugtinge sou vervul. Hy word ook voorgehou as die gees wat mense se versugtinge vervul wanneer hulle die Here loof, prys en met gebede wag op sy vervulling. Die Heilige Gees is die Gees wat die Here aan ongelowige, verwagtinglose en gebedlose dissipels gegee het om getuies van sy lyding en opstanding uit die dood te wees. Daarom is die gees van die moderne Christelikheid die gees van hulle wat Jesus feestelik ontvang het met sy ingang in Jerusalem. Die Heilige Gees is die Gees wat die Here gee aan die dissipels wat bang, depressief, ongelowig en verward in die bokamer weg gekruip het en geen verwagtings meer van Hom gehad nie. Die Heilige Gees gee aan die Kerk van die Here sy vergifnis op grond van sy lyding en opstanding. Hy vervul nie die massas se geestelike versugtinge en verwagtings nie.

  • March 16, 2015

    Inhoud God het ons as mens geskep om Hom te loof vir wie Hy as ons Skepper is. God is as Skepper getrou aan Homself om op so wyse vir ons God te wees, dat ons as Sy skepsels Hom vir Sy troue liefde kan dank, kan eer en daaroor kan getuig in sy skepping. Die dood is ’n mag wat die mens vervreem van wie God hom gemaak en bedoel het in hierdie skepping. Vir God is die dood van sy dienaars ook ʼn verlies binne sy skepping – wie in die graf is, kan nie binne die skepping van God se getrouheid getuig nie. In hierdie verlies staan God nie magteloos nie. Christus het die mag van die dood só verbreek dat ons dank en eer vir God in die dood behoue is, en ons dank, eer en lof bestem is vir ’n nuwe aarde waar daar nie iets is soos die dood wat van God se lof, eer en dank weer ’n verlies binne sy skepping kan maak nie. Christus is God se skadebeheer en skadeherstel op die dood. Omdat God so getrou is aan Homself in en deur ons dood, kan ons rou oor ons vervreemding en verwydering van geliefdes in die sekerheid van die Woord van God: ons rou in ons vervreemding en verwydering van geliefdes sonder dat ons rou omdat ons vir mekaar ewig verlore is. Ons sal God weer dank, loof en eer.

  • March 15, 2015

    Inhoud Christus skep tussen ons en God handelvrye aanbidding. Die saak waaroor dit in die Here se tempelreiniging gaan, is nie geldmakery bý die Kerk, of inkry van fondse deur die Kerk nie. Christus maak ’n einde aan die offers wat in die tempel as deel van die Joodse aanbidding van God plaasgevind het. Hulle het in die tempel met God handelgedryf deur hierdie spiritualiteit dat “as ons vir u iets gee, dan gee U weer vir ons iets: ons gee ons self as offer as U ons vergifnis sal gee. Hierdie Joodse spiritualiteit het van God as tuiste vir Sy kinders, ’n tuiste in die liefde, sorg, trou, genade, bewaring en barmhartigheid, ’n handelsbedryf gemaak. Met “huis van die Vader” word bedoel God as tuiste vir Sy kinders in Sy liefde en trou. In die Joodse geestelikheid gebeur wat in alle geestelikhede buite die geloof
    in Christus gebeur: alle geestelike is ʼn handelsbedryf met en van God. In die heilige van die tempel word met God as handelaar handelgedryf oor God en wat Hy doen. Hy word as handelsitem bedryf en so word sy krag, sy seën, sy liefde en goedheid verhandel vir liefde, bekerings, toewyding, oorgawe en onderhorigheid. Hierdie is die handelgedryf van die moderne Godsbedryf waar mense met God self oor God handeldryf: mense gee vir God wat Hy wil hê omdat Hy vir hulle gee wat hulle wil hê. Christus het gekom om hierdie godsbedryf te vernietig, nie om hierdie godsbedryf reg te kry of te suiwer nie. Christus skep in sy lyding en opstanding handelvrye aanbidding van God in liefde wat net liefde vir God is. Die tipe Jesus wat die Jode die middelpunt van die hele wêreld sou maak en die Jode die
    handelaar in die godsdedryf sou gemaak het: offers aan God vir God se lewe, krag, Naam, sorg, bewaring, vergifnis en versoening, is die godsbedryf van die moderne Christelikheid vandag.

  • March 15, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Christus skep tussen ons en God handelvrye aanbidding. Die saak waaroor dit in die Here se tempelreiniging gaan, is nie geldmakery bý die Kerk, of inkry van fondse deur die Kerk nie. Christus maak ’n einde aan die offers wat in die tempel as deel van die Joodse aanbidding van God plaasgevind het. Hulle het in die tempel met God handelgedryf deur hierdie spiritualiteit dat “as ons vir u iets gee, dan gee U weer vir ons iets: ons gee ons self as offer as U ons vergifnis sal gee. Hierdie Joodse spiritualiteit het van God as tuiste vir Sy kinders, ’n tuiste in die liefde, sorg, trou, genade, bewaring en barmhartigheid, ’n handelsbedryf gemaak. Met “huis van die Vader” word bedoel God as tuiste vir Sy kinders in Sy liefde en trou. In die Joodse geestelikheid gebeur wat in alle geestelikhede buite die geloof in Christus gebeur: alle geestelike is ʼn handelsbedryf met en van God. In die heilige van die tempel word met God as handelaar handelgedryf oor God en wat Hy doen. Hy word as handelsitem bedryf en so word sy krag, sy seën, sy liefde en goedheid verhandel vir liefde, bekerings, toewyding, oorgawe en onderhorigheid. Hierdie is die handelgedryf van die moderne Godsbedryf waar mense met God self oor God handeldryf: mense gee vir God wat Hy wil hê omdat Hy vir hulle gee wat hulle wil hê. Christus het gekom om hierdie godsbedryf te vernietig, nie om hierdie godsbedryf reg te kry of te suiwer nie. Christus skep in sy lyding en opstanding handelvrye aanbidding van God in liefde wat net liefde vir God is. Die tipe Jesus wat die Jode die middelpunt van die hele wêreld sou maak en die Jode die handelaar in die godsdedryf sou gemaak het: offers aan God vir God se lewe, krag, Naam, sorg, bewaring, vergifnis en versoening, is die godsbedryf van die moderne Christelikheid vandag

  • March 7, 2015

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die toerusting om ’n getuie vir die Here te wees, en die toerusting van die Kerk met die Heilige Gees. Die prediking, sakramente en tug is die krag waarmee die Heilige Gees die Kerk van die Here toerus. Hierdie drie bedieningsmiddele is die kragtige instellings van die Here waardeur Hy mense, in Sy volle genade laat deel en hulle deur Sy genade regeer om in hulle volkome verlossing te leef. Die gawe waarmee die Here sy dissipels toerus om sy getuienis te wees, is hulle geloof in Hom. Dit is twee verskillende soorte toerusting. Die dissipels was deur die gawe van geloof in die evangelie, ten volle toegerus om die Here se getuies te wees. In hulle geloof in Sy lyding en opstanding, deel die dissipels die volle verlossing van en deur die vergifnis van sonde. Naas hierdie magsdaad van die Here op die Sondagaand, waarin Hy hulle met Hom verenig en in hulle die kennis en vertroue skep as Here, is daar geen ander geestelike ervaring met die Here wat hulle meer verlos, meer gelowig en meer gehoorsaam aan die Here gemaak het nie. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag het niks toegevoeg aan hulle geloof en gehoorsaamheid aan die Hom nie. Dit het drie nuwe bedieningsmiddele toegevoeg aan die kerk wat die kerk nooit voorheen gehad het nie. Om te getuig vir die Here kan daar nooit weer ’n wag-opdrag wees nie! Die kerk is eenkeer vir altyd met die bedieningsmiddele van die prediking van Christus, die tekens van Christus en die tugtiging na Christus toegerus. Net so min as wat die Kerk eers weer moet wag dat die Here moet ly, gekruisig word, dood moet gaan, begrawe moet word en uit die dood moet opstaan om na die Hemel op te vaar, net so min sal die Kerk van die Here ooit weer hoef te wag vir die toerusting van die Kerk!

  • March 1, 2015

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die diepste greep van sonde en die mag wat die mens die mens van God vervreem, is skaamte. Die diepte van skaamte is die vrees dat God Hom vir my skaam. Skaamte gaan oor die werklikheid dat my Skepper vir my as mens skaam is vir wie en wat ek is, en dat Hy skaam is om my God genoem te word. In die afgodsdiens van die moderne Christelikheid verkondig hulle ʼn nuwe god: hierdie god het skaamteloos geword vir sondaars in hulle sonde. God het nie meer ʼn afkeur in die sonde van sondaars nie. Hy self het ʼn skaamtelose God geword. Met hierdie nuwe skandegod omhels mense hulle eie onheiligheid, om skandelike drifte as ware liefde te glo. Christus het in ons plek mens geword om die skaamte van ons verwronge liefdes, ons misplaasde liefdes en ons skewe liefdes op Hom te neem sodat Hy ons onheiligheid met sy heiligheid as mens kan bedek. In sy barmhartigheid bedek Hy ons skaamte en maak ons weer innerlik verbonde aan liefde wat liefde en nie begeertes is nie. So help Hy ons uit ons skaamte om trots mens vir God in heiligheid te wees.