• November 6, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.11.06 Inhoud Hierdie preek verduidelik die openbare belydenis van geloof van die apostel Johannes “Ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.” in Joh. 4: 16. Dit is vir die openbare belydenis van 10 jongmense in Levubu. Openbare belydenis is ʼn getuienis oor die liefde waarin Christus jou insluit en laat leef. Dit is nie ʼn kerklike bevestiging van jou opinie of opvatting oor Jesus of jou eie openbare onderneming oor hoe jy God sal liefhê nie. Want Christus se liefde waarin Hy ons insluit en laat leef, is werklike liefde, nie ons liefde vir God nie en sy liefde bly in ons lewe altyd die eerste liefde. Ons eie liefde vir God is net ʼn skepping van God se liefde in ons. Ons geloofsbelydenis gaan oor die Here se liefde vir ons, ʼn liefde waarin Hy ons werklik laat deel, vir ons altyd eerste liefde laat wees en ʼn liefde waarin Hy ons altyd laat bly.

  • November 3, 2016

    Series: Brandpunte

    Hierdie gesprek tussen Rea Uys en Petrus Kriel is ‘n ontknoping van die werklike bedoeling van die moderne Christelikheid. Dit is om gelowiges uit hulle geloof in Jesus as Here en God en hul geloofsgehoorsaamheid aan die Here te bekeer na die verering van Jesus as ‘n afgod. Sy probeer om Petrus Kriel sy geloof in en liefde vir Christus te laat verruil om met God te identifiseer. Sy het vir elke deel van die Woord van God nuwe geestelike betekenisse wat die inhoud van geloof in die Here en liefde van die Here vervang. In hierdie gesprek word die dubbele betekenisse van woorde, die van godsdiens en afgodsdiens, die hele tyd ontsluit totdat die twee sake teenoor mekaar duidelik uitstaan: geloof in en liefde vir die Here Jesus teenoor identifikasie met God in die Naam van Jesus, wat nou nog net ‘n afgod is. Dit wys hoe hierdie afgodsdiens gelowiges in hulle geloof en liefde afkraak en as betekenisloos voorhou om te verruil vir die moderne Christelikheid se bygeloof in Jesus as afgod. Hierdie bekering van Rea Uys is die wyse waarop NG leraars en geestelikes elke dag besig is om lidmate uit hulle geloof en liefde te bekeer na Jesus as afgod – die afgod met wie mense hulle self as deel van sy goddelikheid identifiseer. Hierdie bekering uit die geloof en liefde na hierdie afgodsdiens om met God te identifiseer is die bekering van die sogenaamde bekeringsdoop wat die NG Kerk probeer regverdig binne sy eie geloof omdat leraars en geestelikes lidmate uit hulle geloof bekeer. Hierdie gesprek het in 1984 plaasgevind om 2 uur die middag in die Venda Weermag Hoofkwartier in Sibasa as Rea Uys se poging om die herdoopondersoek van die kerkraad wat Petrus Kriel gelei het te kelder. Sy was voor en na die tyd oortuig dat hy ongered is en nie die Here ken nie. Na hierdie gesprek het sy lede van die dagbestuur van die kerkraad vertel dat sy Petrus Kriel elke keer amper bekeer het maar dat hy elke keer weer in my onbekeerdheid terug gesak het. Die NG Kerkkraad het ‘n maand later hierdie bekering as ‘n valse bekering verwerp, hulle tot die geloof in Christus verbind en daarmee die mag van die herdoopbeweging in die gemeente Levubu tot vandag toe nog gestuit. Sy was nie bewus dat Petrus Kriel net soos sy in hierdie bekeringsbedryf van die NG Kerk van 1972 tot 1975 besig was nie, maar in 1979 tot 1982 uit hierdie identifikasie met God tot geloof in Christus as Here en God gekom het nie.

  • November 2, 2016

  • October 30, 2016

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Martin Luther in sy 95 stellings bekering losgemaak het van die godsbedryf van die Rooms Katolieke Kerk deur bekering uit die biegpraktyk te verwyder en weer deel van die lewe met God te maak. Daardeur is bekering weer deel van ʼn lewe in die liefde van God. Bekering is deel van gelowiges se kruisdra. Omdat Christus die kruis van sonde en die straf op sonde dra, is die moeilike eis tot bekering nou weer deel van vreugdevolle gehoorsaamheid. Dit is nie meer ʼn manier om vergifnis te verkry nie. Martin Luther het bekering losgemaak van die magspreuke waardeur priesters God se vergifnis self bedryf het en so God self aan die gang gehou het op aarde. Dit wys ook hoe die moderne Christelikheid skynheilig Hervorming vier as hul fees, terwyl hulle ʼn totale godsbedryf
    opgerig het waardeur hulle alles wat God is en doen op aarde aan die gang hou

    opgerig het waardeur hulle alles wat God is en doen op aarde aan die gang hou.

  • October 26, 2016

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys uit Psalm 10 dat Christene nie goddeloses se geweldslagoffers kan wees nie. In die doodsoomblik van geweld gee gelowiges hulle aan God oor, nie die mag van moordenaars nie. God is nie vir of sy kinders of hulle geweldenare ooit ʼn afwesige afgod nie. Vir sy kinders is Hy in die dood en geweld hulle teenwoordige Vader en vir moordenaars die teenwoordige Regter. Dit spreek ook die Stockholm sindroom aan waarmee geestelikes van die NG Kerk en die magtiges van die land boere en landbougemeenskappe die oorsaak van hulle eie moord wil uitmaak om hulle self van hierdie geweld te isoleer en daarbo te verhef. Hierdie preek is deel van die medelydsaamheid van die Levubu en Soutpansberg se geloofsgemeenskap met die moord op Hennie Bonnema as boer op die 18 de Oktober 2106.

  • October 23, 2016

    Inhoud. Hierdie preek wys op die valse nasie hoop binne die NG Kerk. Dit wys dat
    Afrikaanse gemeenskapsleiers en kerkleiers met ʼn valse hoop besig is om lidmate te laat
    aanhou hoop in wat nie reg is of reg sal kom in die land nie. Teenoor hierdie valse nasie hoop
    word die vertroue in God se verbondstrou gestel waarin gelowiges met hierdie nasiehoop kan
    breek en in die wete dat niks meer reg is in die land nie, met hulle diens, toewyding en liefde
    in God kan aanhou

  • October 9, 2016

    Series: MP3 Preke

    2016.10.09 Inhoud Hierdie preek wys dat bekering is nie iets wat ons met Christus doen nie. Bekering gaan oor hoe ons God lief het, wat in sy liefde met ons is. Daarom gaan bekering oor hoe om in God se liefde te leef en nie om God wat deur ons sonde te ver of te hoog vir ons is, naby te maak nie. Alleen Christus se heilswerk het God se liefde naby gemaak, by en met ons. Wat Christus is sy heilswerk gedoen het om God naby te maak, mag ons nie met bekerings probeer nadoen nie. Bekerings wat van ʼn ver en hoë God ʼn naby liefdevolle God maak is nie bekerings nie. Dit is ʼn magspel met God.