Rea Uys probeer Petrus Kriel uit sy geloof in Jesus Christus as Here en God na Jesus as afgod bekeer Deel 2

November 2, 2016
Series: Brandpunte
Audio Download

Hierdie gesprek tussen Rea Uys en Petrus Kriel is ‘n ontknoping van die werklike bedoeling van die moderne Christelikheid. Dit is om gelowiges uit hulle geloof in Jesus as Here en God en hul geloofsgehoorsaamheid aan die Here te bekeer na die verering van Jesus as ‘n afgod. Sy probeer om Petrus Kriel sy geloof in en liefde vir Christus te laat verruil om met God te identifiseer. Sy het vir elke deel van die Woord van God nuwe geestelike betekenisse wat die inhoud van geloof in die Here en liefde van die Here vervang. In hierdie gesprek word die dubbele betekenisse van woorde, die van godsdiens en afgodsdiens, die hele tyd ontsluit totdat die twee sake teenoor mekaar duidelik uitstaan: geloof in en liefde vir die Here Jesus teenoor identifikasie met God in die Naam van Jesus, wat nou nog net ‘n afgod is. Dit wys hoe hierdie afgodsdiens gelowiges in hulle geloof en liefde afkraak en as betekenisloos voorhou om te verruil vir die moderne Christelikheid se bygeloof in Jesus as afgod. Hierdie bekering van Rea Uys is die wyse waarop NG leraars en geestelikes elke dag besig is om lidmate uit hulle geloof en liefde te bekeer na Jesus as afgod – die afgod met wie mense hulle self as deel van sy goddelikheid identifiseer. Hierdie bekering uit die geloof en liefde na hierdie afgodsdiens om met God te identifiseer is die bekering van die sogenaamde bekeringsdoop wat die NG Kerk probeer regverdig binne sy eie geloof omdat leraars en geestelikes lidmate uit hulle geloof bekeer. Hierdie gesprek het in 1984 plaasgevind om 2 uur die middag in die Venda Weermag Hoofkwartier in Sibasa as Rea Uys se poging om die herdoopondersoek van die kerkraad wat Petrus Kriel gelei het te kelder. Sy was voor en na die tyd oortuig dat hy ongered is en nie die Here ken nie. Na hierdie gesprek het sy lede van die dagbestuur van die kerkraad vertel dat sy Petrus Kriel elke keer amper bekeer het maar dat hy elke keer weer in my onbekeerdheid terug gesak het. Die NG Kerkkraad het ‘n maand later hierdie bekering as ‘n valse bekering verwerp, hulle tot die geloof in Christus verbind en daarmee die mag van die herdoopbeweging in die gemeente Levubu tot vandag toe nog gestuit. Sy was nie bewus dat Petrus Kriel net soos sy in hierdie bekeringsbedryf van die NG Kerk van 1972 tot 1975 besig was nie, maar in 1979 tot 1982 uit hierdie identifikasie met God tot geloof in Christus as Here en God gekom het nie.