December 21, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Christus se geboorte begin die tyd waarin ons nie meer vir God sondaars is nie. In ons lewe begin ons sondeloosheid vir God vanaf die tyd wanneer ons ingelyf is in wie Jesus Christus as mens vandag is. vir ons as verbondskinders is dit van ons konsepsie af. God verlos ons van ons vyande wat ons weer sondaars vir God wil maak. Dit is wat Sagaria noem – die vergewing van hulle sondes, danksy ons God se genadige ontferming! (Luk. 1: 77) Vergifnis van sondes wat ‘n kragtige verlossing deur ‘n kragtie Verlosser is, is iets anders as die kragtelose boetedoening deur magtelose mense. Kragtige vergifnis is nooit kragtelose boetedoening nie.
November 30, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie wys hoe mense God se voorsienige sorg mites, legendes en stories van die verlede maak sodat God hulle visies, missies en toekomsdrome moet vervul asof dit God se eie droom is. So maak hulle van God die afgod van die verlede om hulle godloosheid hul toekoms te maak. God is wie Hy is en doen wat Hy as Skepper doen. Daarom is sy voorsienige besluite altyd iets nuuts en skep Hy deur hierdie nuwe dade vir sy volk altyd uitkoms uit die mag van goddeloses en ‘n toekoms deur die mag van goddeloses heen.

October 5, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil om in droomland of binne die beloftes van God in sy skepping te leef. In droomland is alle berigte oor die werklike land en gemeenskap vir mense skrikbeelde wat hulle in hul roeping en dagtaak laat vries, laat veg met mekaar en uit God se beloftes vlug. In ons vertroue in God se beloftes sien ons nie skrikbeelde van eie magtiges en wetteloses se grootsheid en ons nietigheid nie, maar hoe maklik hulle die prooi van hul eie goddeloosheid is, en maklik verslaan kan word. Wie God vertrou, besef die werklikheid van God se skepping, neem besluite oor hul roeping en bestuur en beplan hul dagtake.

August 30, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Gelowiges se toekoms lê in God se verbondstrou, nie die hoop op ‘n nuwe nasie of magsbedeling nie. God was, is en sal altyd vir ons deur alle magsbedelings, ouers en nuwes, God wees wat vir ons aan sy verbond met ons getrou bly. Die Here Jesus is nie die kerk se nasie-god wat die nuwe nasie en Afrika seën nie. Hy is die Here wat die minagting en verbreking van sy wet oordeel – en sulke nasies verniel en laat val. Al sing die spiritueles die hele dag lank in die tempels – God seën Afrika. God is die Here van die nasies en Hy beskik die opkoms en val van nasies deur die oordeel van sy wet. God het vir hulle wat ʼn nuwe nasie, nie die kerk van die Here in hierdie wêreld wou wees nie, die Here van die nasies geword: “Ja, so sê die Here, die hele land sal verwoes wees.”(Jer. 4: 27)

August 17, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud God skep en herskep ons om heilig en reg vir sy liefde te wees. Hy is nie ons motiveringspreker nie. Volgens spiritueles is ‘n menslike selfbeeld, ‘n negatiewe selfbeeld en ‘n goddelike selfbeeld ‘n positiewe selfbeeld, om gewoon mens te wil wees is volgens hulle ‘n negatiewe lewenshouding en om jouself goddelikheid te beleef die positiewe selfbeeld. Daarteen oor verander God nie onsself beeld nie. Hy maak as mense wie Hy as mense vir Hom wil hê. Hy maak ons as mense heilig, foutloos en onberispelik volgens sy wet vir sy liefde deur Jesus Christus. So laat God ons nie positief leef nie, maar laat Hy ons in die verborgenheid van sy liefde vir ons leef. Gelowiges strewe na en bedink nie positiewe selfbeelde nie. Hulle strewe en bedink wie Jesus Christus hulle vir God laat wees.