August 10, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus nie spirituele- en godsdienstige magspolitiek met kinders speel nie as hy die kindjie in Kapernaum teen Hom vashou en die kindertjies in Judea seën. Met die kindjie wat Hy teen hom vashou in Kapernaum en die kindertjies wat Hy in Judea seën, openbaar die Here dat Hy in sy lyding, kruisiging, sterwe en opstandig Here is vir grotes en kleintjies. Grotes en kleintjies deel en is ewe belangrik in die koninkryk van Jesus Christus. In hierdie openbaring met kinders verwerp Jesus sy dissipels se bygeloof dat Hy Here vir grotes, magtiges, belangrikes, leiers en leierskap is. Met die doop in die Naam van die Seun, bevestig die Here wat Hy met die kindjie in Kapernaum en die kleintjies in Judea openbaar het – wat Hy ou vir die babas is wat ons nou – hulle deel in Christus aan die seëninge van die Vader.
August 10, 2025
Series: Preke manuskripte

July 8, 2025
Series: Bybelstudie
Jesus is die beloofde Seun van Dawid volgens die Dawidsbelofte van 2 Sam. 7: 11 -. Dawid is as koning gesalf en Jesus is met sy doop as sondaar ook as koning gesalf. Dawid se naam beteken “geliefde” en Jesus is met sy doop ook as God se geliefde Seun aangewys. Dawid het met sy salwing die Heilige Gees ontvang om koning te wees en Jesus het met sy doop om Here te wees. Dawid en Jesus is die gesalfdes uit Betelehem. Dawid was in sy famlie sonder aansien – hy was nie ‘n reisige kragdadige man met indrukwekkende voorkoms nie. Hy was ‘n tiener met mooi oe wat skape opgepas het. Jesus was ook onaansienlik ssonder ‘n kragtiuge voorkoms uit die nederige plek Nasaret = net soos Dawid was, is Jesus die Kneg van Jesaja 53.
July 8, 2025
Series: Bybelstudie
Saul maak van God se banvloek sy eie roof en moordtog om sy mag om wraak te neem te vertoon en sy troepe se gierigheid te bevredig. Hierdie goddeloosheid wil hy as godsdiens vier en maak van God so net nog ‘n afgod. Samuel verwerp sy verering van God as kamoflering vir sy goddeloosheid en wys hom op die gevolge van sy sonde – dat God hom uit sy amp gaan onthef. Sameul vier nie saam met Saul sy afgodsdiens nie maar aanbid saam met hom God.
July 6, 2025
Series: Bybelstudie
Hierdie Bybelstudie wys hoe Jonatan in sy vertroue dat God in sy voorsienigheid die uitkoms van diens aan God bepaal, met vertroue die Filistynse wagpos van 30 man aanval. Net hy en sy waperndraer. Daarom verklaar hy dat God miskien vir hulle die oorwinning sal gee omdat God nie met getalsterktes werk nie. In die geloof in God gryp die geleentheid aan sonder die waarborg van sukses. Hy Sy pa, Saul, daarinteen sit en wag op God se plan sodat hy met God se plan verseker is van ‘n oorwinning. In bygeloof wil mense met God se planne sukses waarborg voor hulle huslef in God se diens stel. In geloof neem ons diensgeleenthede op sonder die waarborg van God op sukses.
June 15, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God wat ons voed en laaf met sy volle liefde vir ons in Christus Jesus en spiritueles se afgode wat hulle self voed en laaf met mense se vleis en bloed.
June 15, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God wat ons voed en laaf met sy volle liefde vir ons in Christus Jesus en spiritueles se afgode wat hulle self voed en laaf met mense se vleis en bloed.
April 27, 2025
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die slimmigheid van die sogenaamde progressiewe christene ontbloot God se openbaring as dwaasheid. Die Woord wys dat progressiewe christene deel in die slim en kragtige spiritualiteit van die dissipels waarmee hulle Jesus as die Christus wat as lende mens uit die dood uit moes opstaan, verwerp het. Hulle verwerping van Jesus Christus as die Kneg van God wat uit die dood uit opstaan, maak hulle volgens hulle self die slim christene. Jesaja en Paulus wys dat dit net andersom is. Wie God vertrou en liefhet, is wys en wie slim met God probeer wees, is dwaas. Hulle is die mense wat donker lig maak: wat vir God self verduidelik dat wat Hy sonde noem, Hy moet verstaan en aanvaar as gehoorsaamheid en as liefde vir Hom. Hierdie progressiewe christene is weerspannige kinders wat God se kinders boelie met hul slimmigheid om baas te speel oor hulle. Hulle minag God vir wie Hy vir sy kinders is – God wat geknakte riete nie breek nie rokende lamppitte nie uitdoof nie.