Filtered by:
Series: Preke manuskripte
October 6, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die onderskeid tussen sogenaamde konserwatiewe en liberale christene is twee kante van een en dieselfde verkeerde saak. Die geloofskennis van christene is die kennis van hoe God iemand soos ek in my sondigheid liefhet en my ken as sy geliefde kind. Ons kennis is nie mag nie maar die wete van God se liefde. Die spanning in die kerk tussen konserwatiewe en liberale christene word geskep deur hierdie verwaandheid in die kerk – progressiewe spiritueles wat ander wil bevry met wetenskaplike kennis en konserwatiewe spiritueles wat ander wil bekeer! As gelowiges ken ons God die Vader in sy liefde – dat Hy weet hoe om iemand soos ek lief te hê en laat sy liefde eerste liefde ons tot liefde vir God verbind.
September 28, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Ons ontdek die koninkryk van God wanneer ons ontdek Jesus Christus regeer ons lewe deur die gawes van geregtigheid, vrede en blydskap en nie deur die afdwing van die wet nie. Hierdie ontdekking maak dat jy besef dat die koninkryk van God gaan nie oor jou sterk beginsels nie, nie jou sterk morele standpunte of jou ywer vir God nie. Wie ontdek en weet dat God se koninkryk gaan oor Jesus wat ons regeer deur ons deel te maak van die vrug van sy lyding en opstanding, kan onderskei wat is koninkryksake en wat is nie koninkryksake nie, wat is belangrik in God se koninkryk en wat is nie belangrik in God se regering nie.
September 22, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Jesus verander sy salwing as die Christus met olie met sy doop deur Johannes die Doper. Met die doop as sy salwing maak Jesus doelbewus en kragtig alles wat oor die Christus in Jes. 42 openbaar word waar. Ons kinders se doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees is hulle salwing as Christene! Sy doop is hoe Hy Homself salf as sondaar in ons plek en Hy laat ons doop volgens sy opdrag (Mat. 28: 19) as ons salwing dat ons heilig en regverdig is in sy plek. Hy is gesalf om gebreek en uitgeblus te word deur ons sonde en ons is gesalf om nie gebreek of uitgeblus te word vir ons sonde nie.
September 15, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen afgode wat stil afwesige gode is en god wat kragdadig God is. Goddeloses soek ‘n stil afwesige god wat vir hulle nooit regtig God in Woord en daad mag wees nie. So ‘n god moet net luister na wie ek wil wees soos ek myself sien en my krag gee met innige ervarings om net weer myself te wees soos ek myself wil wees. Dit is presies net hoekom Paulus Jesus Christus die krag van God noem – want Jesus Christus is kragdadig God. (1 Kor.1:18) Deur sy kruisiging is Hy self kragdadig God en doen Hy deur sy kruisiging wat God doen. Christus is ook kragdadig as God besig om ons te maak wie Hy ons wil hê. (1 Kor. 1:30) Hy maak ons deur sy kragtige dade reg en heilig vir sy liefde. Jesus Christus gee ons nooit die krag om onsself te wees soos ons onsself sien nie. Met kragtige dade maak Hy ons wie Hy ons voor gemaak en bestem het.
September 8, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God se liefde vir ons en geestelike se waan dat God met ons simpatie het. God het ons lief. Hy het nie simpatie met ons nie. Sy liefde verheerlik ons as sy kinders. Simpatie verneder ‘n mens. Simpatie maak ‘n mens self bejammerend. Ons moet hierdie onderskeid kan maak om God vir sy liefde te kan vertrou: Hy verheerlik ons deur sy liefde. Hy verneder ons nie met simpatie nie.
August 25, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die Here maak in die Nagmaal die wyn teken van sy menslike bloed en die brood teken van sy lewende menslike liggaam. Brood en wyn saam is tekens van die Here se lewende menslike liggaam met bloed, wat sy lewe in is. Die brood en wyn is tekens dat ons verenig is en deel is van die Here se lewende menswees vandag in die hemel. Met hierdie tekens herinner die Here ons wie ons in ons vereniging met Hom is. Die Nagmaal is nooit ‘n offerfees nie.
August 11, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die doop verseël dat God die Vader regtig ons kinders se Vader is en daarom regtig sy liefde as Vader in hulle kinderharte ook uitstort. (Rom. 5:1 5) En hierdie verseëlde Vaderskap red ons kinders. Die doop verseël dat Jesus Christus die Seun ons kinders regtig van al hulle sondes gereinig het. En hierdie verseëlde reiniging red ons kinders regtig. Die doop verseël aan ons kinders dat hulle regtig deur die Heilige Gees geheilig is om aan God gehoorsaam te mag wees. En hierdie verseëlde heiligmaking red ons kinders regtig nou. So red die doop regtig nou ons en ons kinders. Die doop gee op hierdie wyse ‘n besondere betekenis aan ons kinders se lewens. Dit maak dat hulle God kan aanbid met ‘n skoon gewete. Die moderne christelikheid verklaar dat niks wat God aan hulle verseël het, regtig is voordat hulle nie die Vader kies, die Seun met offers in hul lewe innooi en die Heilige Gees se goddelike krag kry met ‘n totale oorgawe nie. So bevuil hulle ons kinders se gewete,
July 28, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Omdat Christus ons nooit weer vir enige sonde veroordeel nie, verander dit die wyse waarop onsself, ander gelowiges en die toekoms toets. Ons toets onsself of ons reg of verkeerd is, deur ons vereniging met Christus, nie ons dade nie. Ons aanvaar dat ons mede-gelowiges self verantwoording teenoor God en nie ons doen nie en ons toets die toekoms aan ons hoop vir die wederkoms van die Here sonder enige vrees vir veroordeling.
July 15, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die Heilige Gees die Gees is wat ons leer en rig volgens die Tien Gebooie en nie ‘n gees van godservarings is nie. Die hele geestelikheid in die moderne wêreld skei die Heilige Gees van die Tien Gebooie.