Filtered by:
Series: Preke manuskripte
August 30, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Gelowiges se toekoms lê in God se verbondstrou, nie die hoop op ‘n nuwe nasie of magsbedeling nie. God was, is en sal altyd vir ons deur alle magsbedelings, ouers en nuwes, God wees wat vir ons aan sy verbond met ons getrou bly. Die Here Jesus is nie die kerk se nasie-god wat die nuwe nasie en Afrika seën nie. Hy is die Here wat die minagting en verbreking van sy wet oordeel – en sulke nasies verniel en laat val. Al sing die spiritueles die hele dag lank in die tempels – God seën Afrika. God is die Here van die nasies en Hy beskik die opkoms en val van nasies deur die oordeel van sy wet. God het vir hulle wat ʼn nuwe nasie, nie die kerk van die Here in hierdie wêreld wou wees nie, die Here van die nasies geword: “Ja, so sê die Here, die hele land sal verwoes wees.”(Jer. 4: 27)
August 17, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud God skep en herskep ons om heilig en reg vir sy liefde te wees. Hy is nie ons motiveringspreker nie. Volgens spiritueles is ‘n menslike selfbeeld, ‘n negatiewe selfbeeld en ‘n goddelike selfbeeld ‘n positiewe selfbeeld, om gewoon mens te wil wees is volgens hulle ‘n negatiewe lewenshouding en om jouself goddelikheid te beleef die positiewe selfbeeld. Daarteen oor verander God nie onsself beeld nie. Hy maak as mense wie Hy as mense vir Hom wil hê. Hy maak ons as mense heilig, foutloos en onberispelik volgens sy wet vir sy liefde deur Jesus Christus. So laat God ons nie positief leef nie, maar laat Hy ons in die verborgenheid van sy liefde vir ons leef. Gelowiges strewe na en bedink nie positiewe selfbeelde nie. Hulle strewe en bedink wie Jesus Christus hulle vir God laat wees.
August 10, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus nie spirituele- en godsdienstige magspolitiek met kinders speel nie as hy die kindjie in Kapernaum teen Hom vashou en die kindertjies in Judea seën. Met die kindjie wat Hy teen hom vashou in Kapernaum en die kindertjies wat Hy in Judea seën, openbaar die Here dat Hy in sy lyding, kruisiging, sterwe en opstandig Here is vir grotes en kleintjies. Grotes en kleintjies deel en is ewe belangrik in die koninkryk van Jesus Christus. In hierdie openbaring met kinders verwerp Jesus sy dissipels se bygeloof dat Hy Here vir grotes, magtiges, belangrikes, leiers en leierskap is. Met die doop in die Naam van die Seun, bevestig die Here wat Hy met die kindjie in Kapernaum en die kleintjies in Judea openbaar het – wat Hy ou vir die babas is wat ons nou – hulle deel in Christus aan die seëninge van die Vader.
June 15, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God wat ons voed en laaf met sy volle liefde vir ons in Christus Jesus en spiritueles se afgode wat hulle self voed en laaf met mense se vleis en bloed.
April 27, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die slimmigheid van die sogenaamde progressiewe christene ontbloot God se openbaring as dwaasheid. Die Woord wys dat progressiewe christene deel in die slim en kragtige spiritualiteit van die dissipels waarmee hulle Jesus as die Christus wat as lende mens uit die dood uit moes opstaan, verwerp het. Hulle verwerping van Jesus Christus as die Kneg van God wat uit die dood uit opstaan, maak hulle volgens hulle self die slim christene. Jesaja en Paulus wys dat dit net andersom is. Wie God vertrou en liefhet, is wys en wie slim met God probeer wees, is dwaas. Hulle is die mense wat donker lig maak: wat vir God self verduidelik dat wat Hy sonde noem, Hy moet verstaan en aanvaar as gehoorsaamheid en as liefde vir Hom. Hierdie progressiewe christene is weerspannige kinders wat God se kinders boelie met hul slimmigheid om baas te speel oor hulle. Hulle minag God vir wie Hy vir sy kinders is – God wat geknakte riete nie breek nie rokende lamppitte nie uitdoof nie.
March 30, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen rituele en sakramente. Rituele is menslike seremonies waardeur God niks doen nie. Sakramente is tekens waardeur God self handel. Rituele godsdiens is niks. Dit is nie regtig godsdiens nie. Regte godsdiens is om deel van die weldade van God se verbond te wees en dit bewerk Jesus Christus vir ons deur een offer eenkeer vir altyd. God haat rituele godsdiens want dit maak van Hom as God ‘n nabootsing en afbeelding en van mense goddelike wesens. Ons kinders se doop is hoe God regtig bekragtig dat Hy hulle harte regte gereinig het. Spirituele leiers maak van die doop iets wat nie regtig is nie sodat hulle hul rituele godsdiens regte godsdiens kan maak en van die liefde en goeie werke wat Christus deur sy een offer skep, net ‘n skadu in mense se lewens maak. Deur hul doop ‘n skadu te maak en van hulle rituele die regte geestelikheid te maak plaas spiritueles kinders in die posisie dat hulle God moeg en sat maak vir hulle.
March 23, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Homself die Christus gemaak het wat die Kneg van Jesaja 53 is in teenstelling met die Christus wie sy dissipels Hom wou gehad het. Jesus se dissipels het voor sy opstandig as lewende mens van vleis en bloed uit die dood nooit sy koninkryksvisie en missie aanvaar nie maar geglo in die koninkryksvisie en missie van die Duiwel – ‘n Christus wat welvaart bring, die tempel God se magsetel op aarde en wie hulle die spirituele oorheersers van alle nasies sal maak. Wie saam met Jesus wil ly om saam met Hom te regeer is besig met verbondsverbreking. Hulle wil God se oordeelsbeker en nie die Here se Nagmaalbeker drink nie. Die Here straf hierdie verbondsverbreking deur vir hulle wat sy verbond verbreek die valse Messias te wees in wie hulle wil glo en nie die Kneg te wees nie.
February 23, 2025
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here aan die kruis die beker met suur wyn gedrink het as teken dat net Hy alleen die oordeelsbeker van God drink sodat Hy vir ons die soetwyn van die Nagmaalsbeker gee wat bevestig ons leef in God se liefde en nie sy oordeel nie. Ons neem daarom die Nagmaalsbeker altyd op in die geloof – Syne is myne en myne is Syne – Hy is die sondaar in my plek en ek is heilig en reg vir God se liefde in sy plek. Die spiritueles van vandag maak die Nagmaalsbeker God se oordeelsbeker waarin jy met jouself doen wat met Jesus in sy lyding, kruisiging, dood en opstanding gebeur het sodat jy een met God se lewe, krag en mag kan wees.
December 22, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Ons moet ons kinders die teken gee dat hulle deel van die Here se kudde is en dat Hy hulle Goeie Herder is – die doop. Ons kinders is deel van die Here se kudde, nie deel van sy slagtrop as hulle nie hul self kan bewys teenoor God om deel van sy stoetery te wees nie. Kinders moet hulle self nie eers prysgee, weg gee of op hulle self opgee voor hulle vir God aanvaarbaar is nie. Ons moet Jesaja 40 lees saam met Jesaja 61 as die aankondiging vir wie God ook vir ons klein kindertjies is. Hy is die Slaglam sodat hulle ook as kinders in die Genadejaar van die Here kan leef. Hulle leef nie onder die gedwonge arbeid van hierdie wêreld se geestelikes en hulle afgodsbeelde nie. Hulle skuld vir al hul sonde is deur God afbetaal en vir hulle is daar ‘n dubbele straf gedra toe die Here as hulle slaglam aan die kruis al hul sonde vir altyd weg geneem het. (Jes. 40: 1, 2) So is die Here Jesus vir ons kinders die Goeie Herder wat hulle in sy arms teen sy bors dra. (Jes. 40:11)