Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • January 28, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys wat aanbidding van Jesus Christus is. Dit is om Hom as God te vertrou vir alles wie God is en wat God doen, en Hom lief te hê vir alles wie God is en wat God doen. Dit wys hoe mense in hulle goddeloosheid soos die Israeliete by die berg Sinai God ontheilig deur alles wie God is en wat Hy doen aan hulle eie handewerk, en so aan hulleself toe te dig. Deur godsdienstige feeste ontheilig goddeloses vir God en bevry hulle hulself daarvan om God te aanbid.

  • January 21, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus God se wet vir sy kerk vervul. Hy maak dat ons weer vir God volgens sy wet regtig reg kan lief hê. Christus het ons niks nuuts oor die wet van God of oor liefde vir God en ons naaste kom leer nie. Hy het nie gekom om ons iets te leer nie maar om vir ons te kom doen wat ons nie kan doen nie – die wet vervul. Goddeloses skep vir hulle afbeeldings van God omdat hulle afbeeldings hulle bevry van liefde vir God volgens sy wet. So skep elke geestelike vandag vir hulle nuwe Jesusbeelde om aan die eis van God se wet te ontkom.

  • January 14, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys dat die seën waarmee Christus ons en ons kinders seën, die seën van Abraham is. So seën Christus kinders in die koninkryk van God in. Daarom is die doop van kinders die teken dat hulle koninkrykkinders is. Dit wys ook dat die Here se dissipels ‘n onderskeid gemaak het tussen verbond en koninkryk om so kinders uit Christus se koninkryk weg te stoot. Dit is wat geestelikes vandag met kinders doen deur hulle in te seën en nie te doop nie. Hulle weerhou die teken van die koninkryk van kinders omdat hulle kinders uit God se koninkryk sluit.

  • December 31, 2023

    Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges God se getuies in die wêreld en nie God se mede-bestuurders in die wêreld is nie. Hulle kommervryheid in God se sorg oor sy beskikking van wêreldgebeure wys in hulle sorgvuldigheid met hulle werksaamheid waarmee hulle God vereer. Hulle is kommervry oor God se sorg en sorgsaam in hulle eie werk vir God. Dit wys ook dat geestelikes gelowiges angstig oor God se sorg wil maak om god se mede-bestuurders van sy voorsienigheid te probeer maak – wat hulle as missionaliteit benoem het. .

  • December 25, 2023

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus self God is wat self Herder vir sy skape, sy kerk, kom word het. So het Christus sy kudde kom versamel, genees, versorg en kom lei. Christus het daarmee ‘n einde kom maak aan alle geestelikes se gewaande herderlike sorg wat eintlik maak niks anders as die uitbuiting en misbruik van God se kudde is vir hulle eie koninkryke nie. Hulle hou hulle as herders voor maar is niks anders as skaapsmouse nie. Daarom is Kersdag vir hulle ‘n oordeelsdag maar vir ons die vreugde van die koms van ons Herder.

  • December 24, 2023

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus se geboorte is een en enig en dat ons kinders nooit soos Jesus gebore kan word nie. Christus is gebore om ons kinders se Here te wees, nie hulle geestelike rolmodel nie. As Here heilig en regverdig hy ons kinders vir God se liefde. So word hulle in God se liefde groot. Kersfees is nie net nog weer ‘n keer ‘n depressiewe boetedoeningsdag vir ons en ons kinders nie.

  • December 17, 2023

    Inhoud Gelowiges vier die oorwinning wat God by die slag van Bloedrivier gegee het as ‘n dankdag vir God se beskikking, nie as ‘n dag van roem in militêre grootsheid nie. Die Voortrekkers het met Ps. 33 hul hoop in God en sy skeppingsmag, nie in hulle tegniese vermoëns gestel nie. Geloftefees is ‘n dankdag vir regverdiges.

  • December 15, 2023

    Inhoud Ons vereniging met Christus plaas ons in ‘n spanningsvolle posisie waarin God ons volkome reg laat wees vir sy liefde maar ons liggame nog sterflik is weens die sonde. Hierdie besondere posisie in God se genade gee ons lydsaamheid in ons swaarkry en verlies en hoop op God om ons weer liggaamlik mense in sy nuwe skepping te laat wees.

  • December 10, 2023

    Inhoud Hierdie preek wys dat die kerk van die Here die ware Israel is omdat Jesus Christus as persoon Israel se posisie voor God vervang het. Dit wys dat die nasionale staat Israel vandag geen besondere heilsplek in God se raadsplan het nie en net nog een volk tussen alle ander volke is. Daarom moet die besluit om Israel te ondersteun of teen te staan nie uit godsdienstige redes nie maar uit politieke en ekonomiese redes wees.