Filtered by:
Series: Preke manuskripte
April 28, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe sonde ons in ons menswees vir God en ons naaste doodmaak. Die wyse waarop dit deur beide die goddelose wêreld en spirituele geestelikheid gedoen word, is deur liefde soos God dit bedoel, dood te leef met ‘n verwronge liefde wat niks anders as sondige begeertes in die naam van liefde is nie.
April 21, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Huis op sand of rots gebou. Hierdie preek wys die verskil tussen ‘n lewe as ‘n blyhuis of ‘n droomhuis. ‘n Droomhuis-lewe is waar mense verwonderd oor God wil leef terwyl ‘n blyhuis-[ewe is waar mense in God se liefde leef. ‘n Droomhuis-lewe op sand gebou wil God sien en beleef. ‘n Blyhuis-lewe wil hoor en doen wat God sê. Hierdie preek wys die nuwe seremonies in die kerk is ‘n wettelose geestelikheid en nie die aanbidding van God nie.
April 14, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys uit die verhaal van Daniël in die leeukuil die verskil tussen ‘n staatsdiens en staatsmag en hoe God ons as sy dienaars altyd bewaar om sy dienaars te bly deur alle magsverskuiwings deur in hierdie wêreld. Dit wys hoe God korrupte staatsamptenare die slagoffers van hul eie korrupsie maak.
April 7, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons en ons kinders ingedoop is in Christus en só deel in die seëninge van Christus. Dit wys hoe ons en ons kinders Christus se erfgename is. Ook hoe geestelikes ons kinders se plek in Christus se testament ongeldig probeer maak en Christus se testament vir ons en ons kinders met byvoegings probeer verander. Dit wys hoe hulle hul goeie wense as alternatief stel vir die seëninge van Christus in kinders se lewe.
March 17, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus in Getsemane sy Knegskap volgens Jesaja 53 aanvaar het, al wou Hy dit aanvanklik nie gedoen het nie. Christus weet Hy moet die haat van die Vader in Homself dra sodat sondaars nooit godverlate sal wees nie. Deel van sy Knegskap is dat sy dissipels nie in Hom as die Kneg glo nie en Hom daarom ook nie ondersteun nie maar verlaat. In die geestelike narsisme van vandag wil mense hul eie angste inleef in wat met Jesus Christus in Getsemane gebeur het en nie die rus vind in sy godverlatenheid nie .
March 10, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die godsdienstige raad van die Jode die moord van Jesus moord beplan, georganiseer en uitgevoer het omdat Hy die offerkultus afgeskaf het en alle magsposisies van die offerkultus beëindig het. Dit wys hoe geestelikes vandag die karaktermoord van Jesus Christus pleeg om hulle offerkultus en geestelike magsposisies binne hulle offerkultus binne die kerk van die Here te kan behou.
March 3, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud hierdie preek wys dat Jesus Christus met sy donkie-intog in Jerusalem gewys het Hy is die Messies-Koning wat die Kneg van Jesaja 53 is wat God se beloftes vir ons vervul. Hy is nie wie mense droom en wens Hy moet wees nie. Hy is nie die Leier van die onderdruktes teen die onderdrukkers wat die Joodse nasionaliste begeer het, die leier van die offerkultus wat mense in skuld voor God stel wat die priesters begeer het nie en ook nie die rolmodel vir die geestelike reëls waarmee die Fariseërs die wêreld wou transformeer na ‘n godstaat toe nie. Ons is die kerk van die Messias wat die Kneg was en so vir ons ‘n vrederyk geskep het.
February 25, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die Here deur ons die ewige lewe te gee, bevry het van die magsbeelde van die goddelose wêreld. Ons dien god as Een en Neig en respekteer ons naaste soos onsself. Ons respekteer nie alle gode en gee so absolute mag aan mense in ons lewe nie.
February 18, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat dit die barmhartigheid van God is waarin Hy Hom oor ons ontferm en nie vir ons skaam nie, wat ons die krag gee om ons van ons sondes te bekeer en nie ons sondes ons trots te maak nie. Geestelikes maak God die krag vir hulle sondes deur te maak asof hulle hul nie van ‘n sonde kan bekeer maar oor ‘n sonde hul self en eie lewe vir God moet opgee,