Clear

Filtered by:

Series: Preke manuskripte

  • December 12, 2024

    Inhoud Hierdie is die preek met die bevestiging van proponent Johan Mostert deur ds. Petrus Kriel as die nuwe leraar van die NG Gemeente Levubu. Hierdie preek wys dat God self bedienaars van sy Woord skep in en deur die goddeloosheid van spirituele leiers wat die kerk hulle eie spirituele speelplek maak.

  • November 30, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus ons goeie Herder is volgens Psalm 23. Hy lei ons deur vir ons met sy lyding, kruisiging, dood en opstanding die regte pad oop te trap waarin ons Hom in vertroue kan volg. Die Here bewaar sy kerk deur hulle sy stem te laat ken en so nooit die stem van valse Christusse te volg nie. Die Here laat nie sy kerk spirituele leiers se vanghok word nie. Die geskiedenis van die NG Gemeente Levubu wys hoe die Here sy kinders sy stem laat ken en sy kinders lei om Hom en nie valse Jesus-karaktertjies te volg nie. Ds. Petrus Kriel se laaste preek as voltydse leraar vir Levubu-gemeente.

  • November 23, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys dat Jesus Christus ons binnekant is en nie ons spiritualiteit nie. Paulus het weggedraai van sy Joodse spiritualiteit na Jesus Christus toe. Alles wat Paulus eers as sy innerlike van sy godsdiens geken het, het vir hom uiterlike dinge geword in sy vereniging met Jesus Christus. Dit is die krag en impak van Paulus se geloofsverklaring oor sy vereniging met Christus Jesus. Alles wat ons vandag ken as mense se innerlike ervaring met God noem Paulus nou deur sy geloof in Christus – vuilis! (Fil.3: 8) Die Gees van Christus is besig met sy lyding, sy kruisiging, sy sterwe, sy opstanding en sy verhoging aan die regterhand van die Vader en Hy laat ons hierdie dinge oordink. Die Gees van Christus is besig met hierdie innerlike dinge – Hy verenig ons met Christus as mens in die hemel op so wyse dat ons ingesluit is en deel het aan die lyding, kruisiging, sterwe en opstanding van Christus. So is Jesus Christus nou ons binnekant! .

  • November 17, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die magtiges met hulle vertoon van politieke, wetenskaplike en militêre mag jou jou lot binne hulle mag wil laat sien asof dit ‘n natuurkrag is wat jou lot bepaal. Dit is die kulkuns van spirituele leiers – om jou lot in die mag van mense in die gode, die sterre, te moet raaksien. Daarenteen openbaar God dat alle skeppingskragte is in sy mag en Hy versorg ons self deur die uiterstes van snerpende koue en versengende hitte. Daarom kan gelowiges in wat ongelowiges as rampe sien die sorg van God sien. Gelowiges rig nooit hulle lewe in volgens die lot van magtiges se mag wat spirituele leiers ons kamstig in die natuur wys nie, maar volgens die wil van God wat hulle deur sy skepping versorg.

  • November 10, 2024

    Inhoud Jesus Christus maak my vir God se liefde volkome heilig deur sy heiligheid as mens my heiligheid vir God te laat wees. In hierdie geloof leef ons met die wete dat my liefde vir God laat Hy vir hom volkome liefde wees. So is ek bevry om my liefde vir God volkome te probeer maak. Jesus laat my liefde vir God met al my oortredings, gebreke en foute vir God reg wees. So is ek bevry om deur my liefde myself vir God reg te probeer maak. So verlos die Here ons van Griekse slimmigheid en Joodse krag! (1 Kor. 1:22) Dit is die heidense slimmigheid waar mense hulle eie idees oor God en die wêreld as die regte en volmaakte idees glo en so God die stil afwesige god vir hulle godloosheid maak. Dit is die wêreld se spiritualiteite waarin hulle glo hulle waardes en beginsels is die krag waarmee hulle die wêreld sal transformeer en regeer. Hierdie slimmigheid en morele krag is die afgodsdiens waarin mense in die dwaasheid leef om nooit die wysheid van die ware liefde van God se wet hoor of na te streef nie. Dit is die dwaasheid om nie in Jesus Christus as die krag en wysheid van God te glo nie – God laat ons vir sy liefde heilig en reg wees. (1 Kor. 1: 24, 25)

  • November 3, 2024

    Inhoud Christus is vir ons sondes afgeskryf sodat God nie vir ons sondes afskryf nie maar vir sy diens heilig. So kan ons onsself weer toewy aan die roeping waarvoor God ons gemaak en bestem het en ons nie met nuttelose spirituele ervarings besig hou omdat ons nie goed genoeg vir God se diens is nie. Die Nagmaal is ‘n etenstafel. Nie ‘n offertafel nie. Ons is deelgenote van die lewe van Christus om onsself aan God toe te wy omdat net Hy as offer vir ons sondes afgeskryf is.

  • October 27, 2024

    Inhoud En ons as gelowiges weet hoe dit voel want dit is hoe Jesus Christus ons Here is – in sy barmhartige en ontfermende liefde beklee Hy my met sy heiligheid en regverdigheid as mens om vir God se liefde reg en volkome te wees. Dit waartoe ek self vir die res van my lewe totaal magteloos en hulpeloos is. Omdat ons weet hoe dit voel om in magteloosheid en hulpeloosheid innige ontfermende liefde te ontvang, kan ons mense ook só raaksien en só liefhê. Wanneer jy met jou eie liefde jouself vir God reg maak en jouself só bemagtig om die ewige te kry, kan jy nie ander mense só raaksien en liefhê nie – hulpelose sondaars wat innige ontfermende liefde nodig het.

  • October 20, 2024

    Inhoud Die doop bevestig aan ons kinders hulle is in die Naam van die Vader geseën, in die Naam van die Seun ingesluit en in die Naam van die Heilige Gees verseël. Jesus se lyding en opstanding maak God se verbond ‘n testament vir erfgename. So word God se verbond geërf as ‘n testamentêre toesegging. God die Vader maak die beloftes van die verbond die toesegging aan sy kinders. Die Seun, maak die Vader se beloftes ‘n testamentêre bemaking deur sy werk en die Heilige Gees doen die oordrag van die bemaking sodat die bemaking die eiendom van die erfgenaam is. Die sogenaamde doopsviering in die kerk is ongelowiges se rituele herbevestig omdat die doop van die Here nie vir hulle God se toesegging, bemaking en oordrag verseker en hulle die bekragtiging van die doop nie as ‘n werklikheid beleef nie. God doen niks deur hierdie nuwe selfopgemaakte spirituele rituele nie, maar God self bekragtig sy verbond deur die doop wat Hy ingestel het.

  • October 13, 2024

    Inhoud Jesus Christus het die middelmuur van skeiding, die wet van God, afgebreek deur die Middelaar vir Jode en goddeloses te word. Daarmee het Christus ‘n einde gemaak aan die twee kante van afgodsdiens – die godsdienstige kant van goddeloosheid en die goddelose kant van afgodsdiens. So het God ‘n einde gemaak as die skeiding van God se soet en stout kinders. Soet mense moet hulle soetheid los as die wyse waarop hulle God se liefde kry en die stout mense moet hulle goddelose liefdes los as die wyse waarop hulle God met sonde probeer liefhê. Deur Jesus Christus in die geloof te omhels verdwyn die skeiding van godsdienstiges en goddeloses binne in die afgodsdienste van die wêreld en is christene een kerk.