October 10, 2020
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen ons verbintenis met Christus as vereniging en as verhouding. Christus verenig ons met wie Hy as mens in die hemel is en só deel ons in wie Hy is en Hy in wie ons is. In afgodsdiens is die verbintenis met Christus ʼn intiem persoonlike verhouding, nie ʼn vereniging nie. In hierdie identiteitsverhouding met Christus word die liefde met God vernietig en verplaas met sonde. So word die intiem persoonlike verhouding die grondslag van en vir alle disfunksionele menseverhoudings asof dit liefde is terwyl dit nie is nie.
October 10, 2020
Series: Preke manuskripte

October 8, 2020
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die hoe ons deur die evangelie en nie deur die wet nie in die nuwe lewenswyse van geloof in Jesus Christus opgevoed word. Dit wys dat die doop ʼn teken is dat ons en ons kinders deel in die genade waarin God ons opvoed. Dit wys ook dat die sogenaamde kragtige bekering in die kerk ons vervreem van die opvoeding deur God se genade vir ʼn wettiese lewenswyse buite God se genade.

October 6, 2020
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die ware en valse bekering deur te wys dat Petrus se teleurstelling dat Jesus nie die Messias is wat hy Jesus wou gehad het nie, is nie ʼn voorbeeld van hoe ons moet bekeer nie. Dit wys ook dat hierdie valse bekering is die bekering waarmee die # Imagine beweging die kerk se kinders wil bekeer.

October 4, 2020
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here alleen ly en opstaan uit die dood om sy kerk met sy genade en liefde te bedien. Jesus Christus het nie deur sy heilswerk Baas geword nie maar Dienaar. Daarom kan ons nie sy lydingsbeker drink nie en nie só saam met Hom Baas en baasspelrig oor die goddelose wêreld word nie. Hy maak ons dienaars in sy liefde en gee vir ons nie sy lydingsbeker nie, maar die Nagmaalsbeker om te wys Hy het ons tot diens losgekoop, nie tot baasskap bemagtig nie.

October 2, 2020
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges nooit die dood as deel van die lewe kan aanvaar nie. Christus gee ons die ewige lewe en gaan die dood uit die nuwe skepping wegneem want die dood is nie deel van die lewe soos God dit bedoel, gee en herstel nie. Daarom kan Christene nooit die dood van ʼn geliefde vrolik vier as deel van die lewe nie, maar rou hulle altyd oor die dood as protes uit die sekerheid en krag van die lewe wat die Here gee.