• October 2, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges nooit die dood as deel van die lewe kan aanvaar nie. Christus gee ons die ewige lewe en gaan die dood uit die nuwe skepping wegneem want die dood is nie deel van die lewe soos God dit bedoel, gee en herstel nie. Daarom kan Christene nooit die dood van ʼn geliefde vrolik vier as deel van die lewe nie, maar rou hulle altyd oor die dood as protes uit die sekerheid en krag van die lewe wat die Here gee.

  • September 27, 2020

  • September 27, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Preek doop wandel seëninge wette. Hierdie preek wys dat die Heilige Gees lei babas, peuters en kleuters omdat Hy hulle lei deur hulle in te sluit en te laat deel in die seëninge van God se verbond en nie deur die voorskrifte van die wet van God nie. Daarom mag ons kinders van verbondsouers doop in die Naam van die Heilige Gees want hy lei babas. Omdat die kerk dit nie meer glo nie het hulle ʼn verbondsdoop vir babas in die Naam van die Vader ontwerp, sonder die Seun en Gees, ʼn bekeringsdoop vir kleuters die Seun sonder die Gees en ʼn doop met die Gees vir tieners sonder die teken van die doop in die Naam van die Vader en die Seun.

  • September 20, 2020

  • September 20, 2020

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die Here wat self in Jesus vir sondaars die Christus geword het en al die Christusbeelde en -figure wat gepreek en voorgeleef word waar Jesus die Here word deur sy kruis en dood. Die Here het die Christus geword om sondaars te bedien met verlossing, nie om meer goddelike krag en mag te kry om hulle nog mee te onderwerp nie. Wie glo die Here het die Christus geword, vertrou hulle self toe aan Hom as Geneesheer, Verlosser. Wie glo Jesus het die Here geword, deur sy kruis en dood, glo in Jesus as net nog ʼn toordokter, ʼn toordokter wat jou verwyt en veroordeel vir jou siektes en jou dan onderwerp aan sy goddelike kragte en magte, sonder om jou te genees.

  • September 13, 2020

  • September 13, 2020

    Inhoud Vergifnis wet evangelie restitusie vergoed liefde. Hierdie preek wys dat Christus ons deur die evangelie en nie deur die wet vergewe nie. Daarom mag ons mekaar ook nie meer deur die wet nie maar deur die evangelie vergewe. Vergifnis deur die wet beteken om jou sondes reg te maak en jou sondigheid reg te kry. Vergifnis deur die evangelie beteken dat Christus jou heilig, regverdig, skuldloos, foutloos en onberispelik vir sy liefde en diens maak deur sy lyding en opstanding. Om mekaar as medegelowiges te vergewe beteken dat ons Christus se vergifnis vir mekaar glo. Ons aanvaar mekaar soos Christus ons heilig, regverdig, skuldloos en foutloos vir sy liefde en diens maak. Die geestelikes van hierdie wêreld preek vergifnis as restitusie en vervulling met goddelike krag. Jy moet jou sondes reg maak met erkennings, berou en vergoeding, en dan jou self met God se goddelike krag reg kry. Binne vergifnis deur die wet gaan die liefde verlore.