March 16, 2016
Series: Preekdagstukkies
Book: Romeine
Die brief van die apostel Paulus aan die gemeente van die Here in die stad Rome is so tussen die jare 55 tot 58 n.C. geskryf. Dit is aan die einde van sy derde sending reis. Hy is op pad om kollektegeld na die arm Joodse Christene in Jerusalem te vat: “25 Maar nou is ek eers op pad Jerusalem toe met geldelike hulp vir die gelowiges daar.” (Rom.15)…
March 13, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die wyse waarop Christus se genade werkers en werkgewers tot ʼn nuwe arbeidsverhouding verbind.
March 4, 2016
Series: Preke manuskripte
Speaker: Petrus Kriel
Die rousmart van ʼn terminaal siek mens en hoe God die twyfelende gebed oor of God
God in die dood kan wees antwoord deur Jesus Christus.
February 28, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die verskil tussen versoening met God en God se voorsienige beskikking. God verander alles in Homself om hom met ons te versoen. Versoening is nie die manier waarop mense God se voorsienige beskikking vir hulle lewe kan verander nie.
February 21, 2016
Series: MP3 Preke
Christus bevry ons om ander mense se skuld of aanspreekliheid te wil dra maar verbind ons om mekaar in ons verantwoordelikhede by te staan.
February 14, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Die Here werk met ons deur ons doop, maar Hy doen niks met ons deur die seremoniële waterspeletjies van geestelikes nie. Die waan van geestelikes om bekommerd te wees dat gelowiges hulle doop sal vergeet.
February 8, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
God laat ons groter en anders wees as hoe ons in ons depressie ons self ken en glo. Die worsteling met God wat teenwoordig God bly vir iemand wat in depressie leef en sterf.
February 7, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
God se liefde laat ons aan Hom behoort en op mekaar aangewese wees vir liefde, maar mense wil mense aan hulle laat behoort om mekaar te kan gebruik. Bekering is ʼn toekeer tot God maar in goddeloosheid kan daar geen bekering wees nie.
January 31, 2016
Series: MP3 Preke
Speaker: Petrus Kriel
Christus maak werklike bekering deur sy genade moontlik. Berou oor wie ons God maak in ons weiering om ons sonde te bely.