• November 19, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Psalm 102 is die klag en geloofsbelydenis van ʼn jongmens wat God alles laat verloor het en wie sy lewe Hy gebreek het. In hierdie geloofsworsteling met God vind hierdie jongmens weer binne God se verbondsbeloftes. Vind hy dat hy nog steeds mag aanroep met die verwagting dat God sy gebed sal verhoor. In hierdie verlies en pyn ontdek hy weer dat God sorg omdat Hy God is en nie omdat hy vir God sorg nie. Ontdek hy dat God ʼn nuwe toekoms en geloofsgemeenskap uit niks skep nie, dit terwyl alles wat hy doen soos ou klere is wat verslyt. Ontdek hy dat God nie verslyt nie maar vir ewig getrou bly van geslag tot geslag om vir sy kerk goed te wees. Daarom kan hy binne sy verlies en pyn steeds op God vertrou en nie die nuwe gode van die magsbedeling wat hom onderwerp aanvaar en dien nie.

  • November 17, 2017

  • November 12, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek wys dat God vir sy kinders ʼn eie waarde skep met ʼn eie diens, eie plek en eie ruimte, al leef hulle onder magte wat hulle van alle eie waarde probeer stroop. God doen dit deur goddeloses se sonde, sowel as die sonde en die gehoorsaamheid van sy kinders te gebruik vir sy bedoeling vir hulle binne sy raadsplan met hulle. God is nie beperk om net sy kinders se gehoorsaamheid te gebruik om sy raadsplanne op aarde uit te voer nie. Daarom mag ons nie in die absolute magte van goddeloses glo asof dit ons lot deur God is of ons eie vroomheid sien as die enigste middel waardeur God sy wil vir ons kan laat geskied nie. Met hierdie geloof sal ons as landbougemeenskap met ʼn eie waarde in God se raadsplan kan koers hou binne die dreigende burgeroorlog waarin “wittes” en “swartes” die landbougrond van landbouers as die slagveld en die landbouers se kinders as kanonvoer vir hulle burgeroorlog opgeëis het.

  • November 10, 2017

    Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel

  • November 5, 2017

    Series: MP3 Preke

    2017.11.05 Inhoud. Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die openbare geloofsbelydenis van die Christelike Kerk en die geestelike selfvertellings van die moderne Christelikheid. Die getuienis en openbare belydenis van geloof in die Christelike Kerk gaan oor wie Jesus Christus is en wat Hy doen. Geestelike selfvertellings gaan oor wie mense is en wat hulle doen. Hierdie selfvertellings noem Paulus “dwaasheid”, dit is, godsdienstige nonsens. In Handelinge 2 kry ons die eerste openbare getuienis en geloofsbelydenis van die apostels in die preek wat Petrus op Pinksterdag gehou het. Dit staan in direkte kontras met die geestelike nonsens wat Paulus met sarkasme uitwys in 2 Korintiërs 11 en 12. Ons bely ons geloof in die regte liefde van God vir sondaars. Geestelike vertellings skep die valsheid dat mense ʼn liefde voorhou en voorleef wat nie bestaan nie.

  • November 5, 2017

    Inhoud. Hierdie preek wys wat is die verskil tussen die openbare geloofsbelydenis van die Christelike Kerk en die geestelike selfvertellings van die moderne Christelikheid. Die getuienis en openbare belydenis van geloof in die Christelike Kerk gaan oor wie Jesus Christus is en wat Hy doen. Geestelike selfvertellings gaan oor wie mense is en wat hulle doen. Hierdie selfvertellings noem Paulus “dwaasheid”, dit is, godsdienstige nonsens. In Handelinge 2 kry ons die eerste openbare getuienis en geloofsbelydenis van die apostels in die preek wat Petrus op Pinksterdag gehou het. Dit staan in direkte kontras met die geestelike nonsens wat Paulus met sarkasme uitwys in 2 Korintiërs 11 en 12. Ons bely ons geloof in die regte liefde van God vir sondaars. Geestelike vertellings skep die valsheid dat mense ʼn liefde voorhou en voorleef wat nie bestaan nie.

  • October 13, 2017