December 17, 2017
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus God is wat mens geword het om vir ons altyd mens te wees in ons plek. Só maak Christus ons tuis in God se liefde. Christus se geboorte is nie vir ons ʼn voorbeeld van wat tussen ons en God moet gebeur nie. Dit is wie Christus is om vir ons die gawe van die ewige lewe met Hom te gee. Wanneer Christus in sy geboorte tot ʼn voorbeeld gemaak word van hoe God in ons gebore moet word, dan het Christus gekom om ons hel op aarde te gee. Want dan is Hy die voorbeeld wat wys dat ons nooit God genoeg vir God se liefde sal wees nie en daarom moet ons niks word sodat God alles in ons lewe kan kom word. Dit is hoe Kersfees ʼn fees word waar God en mense presente uitruil: God gee sy goddelikheid vir mense en mense gee hulle menslikheid vir God. Kersfees is egter die fees van hoe God ons tuis in sy liefde kom maak het.
December 17, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat wat met Christus se geboorte gebeur het, net met Hom gebeur het. Net Hy is God wat mens geword het om vir altyd God met ons en mens in die hemel te wees. Christus het nie mens geword om vir ons te kom wys hoe God in ons gebore moet word nie. God wat in ons gebore word, is nie wedergeboorte nie. Dit is afgodsdiens. Deur vir ons vandag die regverdige en sondelose, maar veroordeelde mens te wees, wat ons nie self kan wees nie, woon God onder ons. Woon beteken dat God ons weer tuis maak in sy liefde en ons tuis laat wees met die liefde wat ons aan Hom betoon. Christus het nie gekom sodat God ons menslikheid kan beset en verdring nie. Sou Christus dit gedoen het, het Hy ons lewe kom hel maak. ʼn Lewe waar jy in jouself nie jouself mag wees nie, maar waar God Homself in en deur jou is, is hel. Dit is die hel van afgodsdiens waarin jy jou eie-ek en eie-lewe moet veroordeel, doodmaak en ontken sodat God jou menswees kan beset en verdring op so wyse dat jy self niks meer is nie. Dit is niks anders as die duisternis van selfveroordeling en selfdoding nie. Om jou self as mens te moet veroordeel sodat God God in jou kan wees, is hel. Jesus het nie gekom om ons lewe hel op aarde te maak nie maar ons die ewige lewe te gee. ʼn Lewe waar ons as mense, soos God ons mens laat wees, tuis is in God se liefde.
December 16, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud hierdie preek wys dat Purimfees ook net soos die Geloftefees gevier was om God te eer vir sy wonderbaarlike uitkoms uit ʼn dreigende etniese volksmoord. Dit wys verder op die verskil in die wyse waarop God uitkoms gegee het in die Estergeskiedenis teenoor die uitkomste wat die Here van die mag van Israel se vyande gegee het, toe hulle ʼn eie staat, politieke en militêre leiers gehad het. Dit wys dat God net so wonderbaarlik uitkoms kan gee met net ʼn ou man en tienerdogter, as wat Hy dit ʼn weermag en militêre leiers kan doen. God gebruik die sondes van ons vyande, die magte en wette van ons vyande, ons gehoorsaamheid aan Hom en ons bereidheid om vir ons eie gemeenskap se veiligheid en welvaart op te staan en in te staan, om dieselfde vir ons te doen as wat Hy vir ons voorouers by Bloedrivier gedoen het. Daarom moet ons God dank en eer vir die wyse waarop Hy ons by Bloedrivier ʼn toekoms in hierdie land gegee het en op Hom hoop en vertrou om ons vandag uitkoms te kan gee van die staatsvyandigheid teen ons, net soos in die Estergeskiedenis.

December 14, 2017
Series: Preekdagstukkies
December 10, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud hierdie preek wys dat die wyse waarop God kinders van God maak is om hulle te verenig met sy Eniggebore Seun. Om ingesluit te word in wie die Eniggebore Seun vandag as mens in die hemel is, is die skeppingsdaad waardeur God mense as sy kinders verwek. Wie ingesluit is in wie die Eniggebore Seun is, is uit God gebore. Vertroue in God is ʼn skepping van God, net soos vertroue van kinders in hulle ouers deur hulle ouers geskep is deur hulle as kinders te verwek. Daarom is Christene kinders van God: hulle is uit God gebore, verwek deur hulle vereniging met wie Christus as mens vir hulle is. Vandag word hierdie karakter van geloof Christene ontsê deur die magshouding van ʼn goddelose gemeenskap dat hulle moet aanvaar dat hulle self besluit en gekies het om te glo soos hulle glo, nes ander godsdienste. Daarom moet Christene verklaar dat hulle glo soos ander glo: hulle maak vir hulle self ʼn god om in te glo. Christene het nie ʼn god met hulle geloof verwek nie. Hulle is uit God self gebore.

December 8, 2017
Series: Preekdagstukkies
Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel