January 14, 2018
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat ons as mens in elke deel van ons menswees breekbaar is. Ons is liggaamlik, sielkundig en geestelik breekbaar. Dit wys Paulus deur ons te vergelyk met kleipotte wat maklik breek. Die krag wat ons deur al die swaarkry van die lewe behoue laat bly is God. Dit doen God omdat ons hierdie skat dra dat Hy ons insluit en laat deel in die lewe en sterwe van Christus as mens. Christus se lewe as mens in die hemel gee waarde aan ons menslike lewe. Dit maak dat God ons as houer vir sy skat gebruik en ons met die sorg hanteer om sy skat te bewaar. Dit verbind ons tot ʼn nuwe lewe van glo en doen, in plaas van moedeloos word oor die terugslae van die lewe. Ons is nie kunsvase wat bokant die terugslae van die lewe verhewe is of ysterpotte wat die krag het om self deur die terugslae van die wêreld te kom nie. God is ons eienaar wat vir ons sorg en ons vir Hom in sy diens behoue laat bly.
January 12, 2018
Series: Preekdagstukkies
January 7, 2018
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges die gesag van owerhede erken, nie soos regerings hul self sien of in hul self glo nie, maar soos Christus die Here is. Christus is die Here wat die kerk deur die evangelie regeer. Daarom laat die Here nie toe dat die sonde van sy kinders keer dat Hy vir hulle lief is en vir hulle goed is nie. Hy het self hul sondes op Hom geneem sodat niks hulle van God se liefde en goedheid kan skei nie. Die wyse waarop Christus die Here is van wêreldse owerhede maak dat gelowiges die gesag van owerhede aanvaar as ʼn gewetensaak teenoor Christus as Here. Christus gebruik hulle met hul sonde as sy dienaars tot beswil van sy kinders. Hulle wie glo dat Christus hulle aan sy mag onderwerp het, kan nooit die gesag van heidense regerings aanvaar as ʼn gewetensaak teenoor Christus as Here nie. Hulle beveg die regerings as onwettige en onregmatige owerhede in die Naam van God of onderwerp hulle net deur die dwang van hierdie regerings sonder om hul gesag te erken.

January 5, 2018
Series: Preekdagstukkies
Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel
December 31, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys dat die nuwe sosiale kontrak van Suid Afrika dat almal rustig en veilig is in die ooreenkoms dat elkeen vir homself sy eie god vir sy eie sondige drifte kan opmaak, is ʼn waanbeeld. Dit wys ook dat in hierdie sosiale kontrak is dit hulle wat in Christus glo, wat hierdie nuwe sosiale orde om rus en vrede met sonde te hê, bedreig. Christene se rus en veiligheid is hulle lewe saam met Christus. Hulle lewe in geloof, liefde in hoop is ʼn lewe in die lig wat kom met die oordeelsdag van Christus. Die rus en veiligheid waarin die nuwe heidense gemeenskap van Suid Afrika leef, is die duisternis van ʼn gemeenskap onder die oordeel van God. Omdat Christene reeds in die lig leef wat gaan kom met die oordeelsdag, kan hulle rustig en veilig, wakker en nugter leef ten spyte van die bedreiging van hierdie nuwe heidendom in Suid Afrika.

Inhoud Hierdie preek wys dat die nuwe sosiale kontrak van Suid Afrika dat almal rustig en veilig is in die ooreenkoms dat elkeen vir homself sy eie god vir sy eie sondige drifte kan opmaak, is ʼn waanbeeld. Dit wys ook dat in hierdie sosiale kontrak is dit hulle wat in Christus glo, wat hierdie nuwe sosiale orde om rus en vrede met sonde te hê, bedreig. Christene se rus en veiligheid is hulle lewe saam met Christus. Hulle lewe in geloof, liefde in hoop is ʼn lewe in die lig wat kom met die oordeelsdag van Christus. Die rus en veiligheid waarin die nuwe heidense gemeenskap van Suid Afrika leef, is die duisternis van ʼn gemeenskap onder die oordeel van God. Omdat Christene reeds in die lig leef wat gaan kom met die oordeelsdag, kan hulle rustig en veilig, wakker en nugter leef ten spyte van die bedreiging van hierdie nuwe heidensedom in Suid Afrika.