Hierdie boek is die geloofgeskiedenis van die NG Gemeente Levubu van 1972 tot 1986. In hierdie tydperk het die lidmate in Levubu ʼn geloofsgemeenskap gevorm en ʼn welvarende landbougemeenskap geskep. Die boek wys hoe hulle as gelowiges deur afgodsdiens, wat in die NG Kerk as ʼn aanvaarde spiritualiteit gesien en bedryf word, gekaap was, sodat hulle as gelowiges in hulle eie gemeente deur hulle eie leraarspaar en mede-lidmate as onbekeerde en geeslose mense veroordeel was, en uit die geloofsgemeenskap wat hulle self oor jare opgebou het, verstoot is. Dit wys hoe die NG Kerk se kerklike vergaderinge en teologiese instellings hierdie kaping of ondersteun het of só geïgnoreer het, dat hulle in hierdie afgodsdiens bevange moes bly leef. Dit vertel ook hoe die lidmate weer die gemeente uit hierdie afgodsdiens bevry het om Christus weer onbevange as Here te kan aanbid. Hierin is die NG Gemeente Levubu se geskiedenis die verhaal van wat feitlik in elke NG Gemeente op een of ander manier afspeel.