Die bekering weg van Jesus as afgod na Jesus as Here en God. 'n Geloofsgeskiedenis ds. PJ Kriel 1956 - 1982

February 1, 2020
Notes Download

Die moderne Christelikheid keer verbondskinders van die Here weg van Christus as Here en God om Jesus as afgod te ervaar. Met die moderne Christelikheid se drie godservarings van 1. God se bekering binne in die mens is, (wat hulle bekering en wedergeboorte noem), 2. God se ontlediging van sy krag binne die mens in (wat hulle vervulling met die gees noem) en 3. die mens wat ‘n uitbeelding van God word, ( wat hulle getuig noem), verdring hulle die geloof in en liefde vir God in gelowiges deur hulle identifikasie met God. Dit doen hulle deur die Woordbediening, die sakramente en kerklike tug as genademiddels binne die kerk van die Here op te eis as die magsmiddels vir hulle godsbedryf. Op hierdie wyse maak hulle van die kerk van die Here net nog ‘n kultus, net nog ‘n plek om afgodsdiens in te bedryf en te vier. Hierdie biografie van ds. PJ Kriel is ‘n geloofsgeskiedenis van hoe die moderne Christelikheid hom as verbondskind van die Here deur en in die NG Kerk van die Here vervreem het om Jesus as afgod te beleef. Dit is ‘n geloofsgeskiedenis waarin hy as verbondskind van die Here deur die Woord en sakramente se openbaringsinhoud weer geloof in en liefde vir die Here terug gevind het. Dit is ‘n geloofsgeskiedenis van hoe hy uit sy identifikasie met God weg gebreek het om Jesus weer as Here en God te kan vertrou en lief he deur die evangelie.