Filtered by:
Series: Preke manuskripte
December 18, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons vir God se liefde volkome maak en ons gebroke liefde ook vir God volkome maak. Dit is wat dit beteken dat Christus ons heilig. Hy heilig vir God se liefde en heilig ons liefde vir God. Dit doen Christus deur ons in wie Hy as mens vir God is in te sluit. Omdat ons deur sy lyding vir God se liefde heilig is, is God nie skaam vir ons en ons liefde vir God nie. Ons mag vrymoedig God liefhê. Christus laat kinders ook vir Hom heilig wees en Hy skaam Hom ook nie om Here vir kinders te wees nie. Dit is wat hulle doop verseël.
October 30, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Martin Luther in sy 95 stellings bekering losgemaak het van die godsbedryf van die Rooms Katolieke Kerk deur bekering uit die biegpraktyk te verwyder en weer deel van die lewe met God te maak. Daardeur is bekering weer deel van ʼn lewe in die liefde van God. Bekering is deel van gelowiges se kruisdra. Omdat Christus die kruis van sonde en die straf op sonde dra, is die moeilike eis tot bekering nou weer deel van vreugdevolle gehoorsaamheid. Dit is nie meer ʼn manier om vergifnis te verkry nie. Martin Luther het bekering losgemaak van die magspreuke waardeur priesters God se vergifnis self bedryf het en so God self aan die gang gehou het op aarde. Dit wys ook hoe die moderne Christelikheid skynheilig Hervorming vier as hul fees, terwyl hulle ʼn totale godsbedryf
opgerig het waardeur hulle alles wat God is en doen op aarde aan die gang hou
October 23, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Hierdie preek wys op die valse nasie hoop binne die NG Kerk. Dit wys dat
Afrikaanse gemeenskapsleiers en kerkleiers met ʼn valse hoop besig is om lidmate te laat
aanhou hoop in wat nie reg is of reg sal kom in die land nie. Teenoor hierdie valse nasie hoop
word die vertroue in God se verbondstrou gestel waarin gelowiges met hierdie nasiehoop kan
breek en in die wete dat niks meer reg is in die land nie, met hulle diens, toewyding en liefde
in God kan aanhou
October 2, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die bekering van die koninkryk van Christus en die bekering van die koninkryk van geestelikes. Die Here skep sy eie gesag waardeur Hy aan die regterhand van die Vader alles wat God onderneem as ons Vader vir ons vervul. Geestelikes skep ʼn magsposisie waarin hulle self mense se geestelike vaders, leiers en leermeesters word. Hulle gee voor dat hierdie magsposisie is die gesag van Christus maar dit is nie. Gelowiges keer hulle tot Christus aan die regterhand van die Vader in die vertroue dat Hy God is wat doen wat God onderneem. Om Christus as Here te vertrou is die koninkryksbekering. Geestelikes en hul bekeerlinge wil Christus wegkeer uit sy gesag as Here om hul eie magsposisie te bekragtig as vaders, leiers en leermeesters. Wie hulle tot hierdie Christus bekeer is besig met die bekering waardeur jy hel toe gaan.
September 25, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Hierdie preek wys dat die Here Hom laat doop het om sondaar vir sondaars te wees en hul sondes op hom te neem en weg te vat met sy dood en opstanding. Dit wys dat die Here kinders insluit in die seëninge van sy dood en opstanding. Daarom moet kinders gedoop word met die doop waarmee die Here gedoop is as mens vandag. Hy is saam met hulle ʼn gedoopte omdat Hy in hulle sonde ingedoop is. Die preek wys ook op die afgodsdiens van die wat geestelike magtiges wil wees en daarom kinders uitsluit uit die koninkryk van God. Dit wys dat met die bekeringsdoop van hulle wat glo hulle is die magtigste dissipels, sluit hulle kinders uit God se koninkryk uit. Die Here het nie ʼn bekeringsdoop gehad nie. Dit wys op die kontras dat geestelikes kinders uitsluit uit God se koninkryk terwyl die Here hulle insluit en ook op die kontras dat die Here die magtige geestelikes uit sy koninkryk uitsluit terwyl hulle glo hulle is die bestuurders van sy koninkryk.
September 21, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die preek wys die verskil tussen God se liefde wat geopenbaar is en gedemonstreerde liefde. Geopenbaarde liefde is liefde waarin God ons insluit en in laat deel. Afgodsdiens maak van God se liefde ʼn gedemonstreerde skouspel waarby jy nie ingesluit is voor jy nie met God geïdentifiseer het nie. Geloof in Christus is om Hom te ken en te vertrou vir die liefde waarin Hy ons insluit en laat deel. In afgodsdiens word hierdie liefde, en die kennis van en vertroue in hierdie liefde, geminag vir godservarings waarin God se mag as sy liefde geëien word. Daarom minag afgodsdiens die Here se liefde as die kerk se tradisie, die kerk se verstaan van God en die kerk se manier van glo wat nog nie ware liefde met God sou wees nie.
September 4, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die preek wys die verskil tussen God se liefde wat geopenbaar is en gedemonstreerde liefde. Geopenbaarde liefde is liefde waarin God ons insluit en in laat deel. Afgodsdiens maak van God se liefde ʼn gedemonstreerde skouspel waarby jy nie ingesluit is voor jy nie met God geïdentifiseer het nie. Geloof in Christus is om Hom te ken en te vertrou vir die liefde waarin Hy ons insluit en laat deel. In afgodsdiens word hierdie liefde, en die kennis van en vertroue in hierdie liefde, geminag vir godservarings waarin God se mag as sy liefde geëien word. Daarom minag afgodsdiens die Here se liefde as die kerk se tradisie, die kerk se verstaan van God en die kerk se manier van glo wat nog nie ware liefde met God sou wees nie.
August 14, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Hierdie preek wys wat is die verskil van die lewe wat die Here Jesus met ons deel en die lewe wat geestelikes met ons wil deel. Die Here deel sy menslike lewe met ons terwyl geestelike eie magtiges hul goddelike lewe met ons wil deel. Die Here skep in ons liefde en diensbaarheid om mens vir God te wees, terwyl hierdie geestelikes in ons die deemoedigheid en onderhorigheid skep dat ons nie so goddelik soos hulle kan wees nie. Die preek wys dat ons as gelowiges van hierdie magte en kragte bevry is en trots die lewe kan leef wat die Here met ons deel.
August 7, 2016
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys wat rig ons gedagtes en strewes in ons diens aan en liefde vir God. Dit is die lewe wat ons met Christus deel. Dit wys op die onderskeid tussen werklike godsdiens en nie-werklike godsdiens – afgodsdiens. Dit wys die verskil uit tussen waaraan geestelikes gelowiges wil verbind en waarmee hulle hul wil rig teenoor wat God ons mee rig en vasbind.