Clear

Filtered by:

Series: MP3 Preke

  • November 3, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Christus is vir ons sondes afgeskryf sodat God nie vir ons sondes afskryf nie maar vir sy diens heilig. So kan ons onsself weer toewy aan die roeping waarvoor God ons gemaak en bestem het en ons nie met nuttelose spirituele ervarings besig hou omdat ons nie goed genoeg vir God se diens is nie. Die Nagmaal is ‘n etenstafel. Nie ‘n offertafel nie. Ons is deelgenote van die lewe van Christus om onsself aan God toe te wy omdat net Hy as offer vir ons sondes afgeskryf is.

  • October 27, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud En ons as gelowiges weet hoe dit voel want dit is hoe Jesus Christus ons Here is – in sy barmhartige en ontfermende liefde beklee Hy my met sy heiligheid en regverdigheid as mens om vir God se liefde reg en volkome te wees. Dit waartoe ek self vir die res van my lewe totaal magteloos en hulpeloos is. Omdat ons weet hoe dit voel om in magteloosheid en hulpeloosheid innige ontfermende liefde te ontvang, kan ons mense ook só raaksien en só liefhê. Wanneer jy met jou eie liefde jouself vir God reg maak en jouself só bemagtig om die ewige te kry, kan jy nie ander mense só raaksien en liefhê nie – hulpelose sondaars wat innige ontfermende liefde nodig het.

  • October 20, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Die doop bevestig aan ons kinders hulle is in die Naam van die Vader geseën, in die Naam van die Seun ingesluit en in die Naam van die Heilige Gees verseël. Jesus se lyding en opstanding maak God se verbond ‘n testament vir erfgename. So word God se verbond geërf as ‘n testamentêre toesegging. God die Vader maak die beloftes van die verbond die toesegging aan sy kinders. Die Seun, maak die Vader se beloftes ‘n testamentêre bemaking deur sy werk en die Heilige Gees doen die oordrag van die bemaking sodat die bemaking die eiendom van die erfgenaam is. Die sogenaamde doopsviering in die kerk is ongelowiges se rituele herbevestig omdat die doop van die Here nie vir hulle God se toesegging, bemaking en oordrag verseker en hulle die bekragtiging van die doop nie as ‘n werklikheid beleef nie. God doen niks deur hierdie nuwe selfopgemaakte spirituele rituele nie, maar God self bekragtig sy verbond deur die doop wat Hy ingestel het.

  • October 13, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Jesus Christus het die middelmuur van skeiding, die wet van God, afgebreek deur die Middelaar vir Jode en goddeloses te word. Daarmee het Christus ‘n einde gemaak aan die twee kante van afgodsdiens – die godsdienstige kant van goddeloosheid en die goddelose kant van afgodsdiens. So het God ‘n einde gemaak as die skeiding van God se soet en stout kinders. Soet mense moet hulle soetheid los as die wyse waarop hulle God se liefde kry en die stout mense moet hulle goddelose liefdes los as die wyse waarop hulle God met sonde probeer liefhê. Deur Jesus Christus in die geloof te omhels verdwyn die skeiding van godsdienstiges en goddeloses binne in die afgodsdienste van die wêreld en is christene een kerk.

  • October 6, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat die onderskeid tussen sogenaamde konserwatiewe en liberale christene is twee kante van een en dieselfde verkeerde saak. Die geloofskennis van christene is die kennis van hoe God iemand soos ek in my sondigheid liefhet en my ken as sy geliefde kind. Ons kennis is nie mag nie maar die wete van God se liefde. Die spanning in die kerk tussen konserwatiewe en liberale christene word geskep deur hierdie verwaandheid in die kerk – progressiewe spiritueles wat ander wil bevry met wetenskaplike kennis en konserwatiewe spiritueles wat ander wil bekeer! As gelowiges ken ons God die Vader in sy liefde – dat Hy weet hoe om iemand soos ek lief te hê en laat sy liefde eerste liefde ons tot liefde vir God verbind.

  • September 28, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Ons ontdek die koninkryk van God wanneer ons ontdek Jesus Christus regeer ons lewe deur die gawes van geregtigheid, vrede en blydskap en nie deur die afdwing van die wet nie. Hierdie ontdekking maak dat jy besef dat die koninkryk van God gaan nie oor jou sterk beginsels nie, nie jou sterk morele standpunte of jou ywer vir God nie. Wie ontdek en weet dat God se koninkryk gaan oor Jesus wat ons regeer deur ons deel te maak van die vrug van sy lyding en opstanding, kan onderskei wat is koninkryksake en wat is nie koninkryksake nie, wat is belangrik in God se koninkryk en wat is nie belangrik in God se regering nie.

  • September 22, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Jesus verander sy salwing as die Christus met olie met sy doop deur Johannes die Doper. Met die doop as sy salwing maak Jesus doelbewus en kragtig alles wat oor die Christus in Jes. 42 openbaar word waar. Ons kinders se doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees is hulle salwing as Christene! Sy doop is hoe Hy Homself salf as sondaar in ons plek en Hy laat ons doop volgens sy opdrag (Mat. 28: 19) as ons salwing dat ons heilig en regverdig is in sy plek. Hy is gesalf om gebreek en uitgeblus te word deur ons sonde en ons is gesalf om nie gebreek of uitgeblus te word vir ons sonde nie.

  • September 15, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen afgode wat stil afwesige gode is en god wat kragdadig God is. Goddeloses soek ‘n stil afwesige god wat vir hulle nooit regtig God in Woord en daad mag wees nie. So ‘n god moet net luister na wie ek wil wees soos ek myself sien en my krag gee met innige ervarings om net weer myself te wees soos ek myself wil wees. Dit is presies net hoekom Paulus Jesus Christus die krag van God noem – want Jesus Christus is kragdadig God. (1 Kor.1:18) Deur sy kruisiging is Hy self kragdadig God en doen Hy deur sy kruisiging wat God doen. Christus is ook kragdadig as God besig om ons te maak wie Hy ons wil hê. (1 Kor. 1:30) Hy maak ons deur sy kragtige dade reg en heilig vir sy liefde. Jesus Christus gee ons nooit die krag om onsself te wees soos ons onsself sien nie. Met kragtige dade maak Hy ons wie Hy ons voor gemaak en bestem het.

  • September 8, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen God se liefde vir ons en geestelike se waan dat God met ons simpatie het. God het ons lief. Hy het nie simpatie met ons nie. Sy liefde verheerlik ons as sy kinders. Simpatie verneder ‘n mens. Simpatie maak ‘n mens self bejammerend. Ons moet hierdie onderskeid kan maak om God vir sy liefde te kan vertrou: Hy verheerlik ons deur sy liefde. Hy verneder ons nie met simpatie nie.