• June 23, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus die Here is wat vir ons sondes intree terwyl Hyself die Here is wat ons gebied om die Tien Gebooie te onderhou. Die geestelikes van hierdie wêreld egter preek Jesus as god met wie jy moet identifiseer en so maak hulle die Here van die wet en die God met wie hulle identifiseer twee verskillende gode, wat hulle as twee verskillende maar aanvullende godservarings bemark.

  • June 16, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe en waaruit Jesus Christus as Here ons verlos het: om ons verbeelde gedagtes uit te leef asof dit die regte wêreld en regte lewe is. Die Here verlos ons uit ons verbeelde wêreld om met Hom in sy skepping te leef. In die wêreld soos God dit geskep het en hoe Hy dit as sy skepping elke dag laat werk.

  • June 9, 2024

    Inhoud Hierdie preek wys hoe die voorbeeld wat geestelikes stel van hulle self en hul godsdienstige lewe, die kennis van Jesus Christus as Here wegneem uit mense se lewens uit. Hulle neem hierdie sleutel van kennis weg uit die Bybel wanneer hulle preek, leer of voorlig en hulle neem dit ook weg uit die lewens van mense sodat hulle nie deel van Jesus Christus is nie. Met die voorbeeld wat hulle voor lewe asof hulle God se rolmodelle is, bekeer hulle mense in die hel in.

  • June 6, 2024

  • June 2, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus sy koninkryk oopsluit vir gelowiges maar toesluit vir ongelowiges. Die Here buig nie voor goddeloses se mag wie glo alles staan vir hulle oop staan om te kom en gaan en te maak soos hulle wil nie. Deur die bediening van die evangelie sluit die Here sy koninkryk vir goddeloses. Die waan wat geestelikes verkondig is dat daar nie meer grense vir God se kerk is nie en hierdie oop kerk skep hulle deur nuwe alternatiewe sleutels vir hulle godsryk. So hou Christus hulle buite sy koninkryk.

  • May 31, 2024

    Series: Spieëlbeeld

    Voorwoord.
    Sedert 2004 moes ek in kerklike vergaderings sit waar mense hulle intiem persoonlike selfbelewenisse oor kerklike vergaderings dramaties uitgestort het. Met hulle grenslose selfbelewenisse het hulle die vergaderings doelbewus só getraumatiseer dat daar nie meer ‘n oop debat en onbevange teologiese gesprekke kon plaasvind nie. Binne hierdie soort teistering van vergaderings, en die kerklike gemeenskap, het hulle narsisties geglo dat ander hulle beleef soos hulle hulself beleef. Hulle het ook geglo dat hulle mense met hul grenslose intimiteite meevoer en deel maak van hulle eie getraumatiseerde binne-wêreld. Die god wat hulle met hulle spiritualiteit aan my opgedring het, het van die Here Jesus Christus ‘n ou argaïese god gemaak wat nie meer met hulle innige spiritualiteit in pas is nie. Hulle het Hom ook so die rede gemaak vir mense se selfmoord. Hiermee neem ek die vrymoedigheid om ook die reg op te neem om my persoonlike belewenis, van hulle persoonlike belewenisse, tydens die 2023 Algemene Sinode vergadering van die NG Kerk, met die kerklike gemeenskap te deel. As een groep mag beleef, mag ander groepe ook beleef!

  • May 26, 2024

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons vrymaak van gewaande toormag dat jy God kan beheer deur die regte lewe te leef, die regte woorde te sê en die regte voorwerpe te gebruik. Dit wys dat God ons regmaak vir sy liefde as ‘n vrymagtige daad van God wat ons nie kan bewerk of beheer nie. Dit wys die verskil tussen die bediening van God se Woord en towenaars se toordery met geestelike woorde en rituele wat niks anders is as die magie van die wêreldgodsdienste nie.