March 26, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Hierdie preek wys op die twee verskillende opdragte: die opdrag van die Vader aan sy eniggebore Seun en die opdrag van Christus aan sy dissipels. Christus het die opdrag om sy lewe af te lê en weer op te neem. Die dissipels kry nie hierdie opdrag nie. Hulle kry ʼn ander opdrag, die nuwe gebod: om mekaar lief te hê soos Christus hulle liefhet. Hierdie is twee verskillende maniere om lief te hê. Christus het volkome lief om vir sy liefde veroordeel en gestraf te word. Hierdeur maak Christus sy dissipels en hulle liefde vir die liefde van die Vader volkome, al is hulle liefde vol sonde en tekortkominge. Christus se aflê van sy liefde in die oordeel van die Vader en sy opneem van sy lewe in liefde in die heerlikheid van die Vader, maak dat gelowiges in hulle gebroke liefde vir mekaar, mekaar oordeelloos en stafloos kan liefhê.
March 26, 2017
Series: Preke manuskripte

March 19, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys dat dit die goedheid van God is wat vir ons die geleenthede skep om vir mekaar goed te wees. Christus se kruisiging draai ons vervloeking na Hom en sy seën na ons. So leef ons elke dag in en uit die goedheid van God vir ons. Omdat ons in Christus ingesluit is, meet ons ons liefde vir mekaar met die evangelie, die kruis van Christus. Ons meet mekaar se liefde nie meer met die wet nie. Ons meet nie die liefde wat ons gee met die liefde wat ons by medegelowiges kry nie. Ons meet die liefde wat ons gee en die liefde wat ons by mekaar kry met die liefde van God waarin ons leef. Daarom kan ons nou mekaar se laste dra wanneer ons in sonde val en sonde nie meer gebruik as ʼn rede hoekom ons ons self moeg maak om vir mekaar goed te wees en vir mekaar goed te doen nie.

March 18, 2017
March 12, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. God rus deur dat Hy rustig vir alles wat Hy gemaak het God is. God se rus beteken nie dat Hy moeg was en sy krag na sy skepping van alles moes herwin nie. God het geen stres om vir alles wat Hy gemaak het goed te sorg, te bestuur en te ontwikkel nie. God rus ook in die wyse waarop Hy God vir sondaars is. Hy doen wat Hy vir sondaars in sy verbond onderneem het en daarom is Hy rustig God vir sondaars. Sy kinders maak Hom nie met hul sondes gestres nie. Ons gaan God se rus in wanneer ons Hom vertrou dat Hy weet hoe om vir ons God te wees sonder om oor ons te stres. Wie God nie met hierdie geloof nader nie, bly hardkoppig hulle verhard in die ongeloof dat God ʼn gestresde God is wat mense met hulle offers en toewydings moet rustig kry. Wie so met God besig is, sal nooit sy rus ingaan nie – die rus waar God weet hoe om vir mense soos ons rustig God te wees en rustig sy kinders te laat wees.

Series: Nagevors en Gepubliseer
Dr. Manie Malan het die ys gebreek in die NG Kerk. Hy het die probleem uitgewys bínne die NG Kerk wat tot en met hom nog net in binnegesprekke buite die openbare lewe van die NG Kerk gestel is: die NG Kerk bedien dieselfde verkeerde bekering, geloof en vroomheid as die Pinksterkerke. Voor Manie Malan is hierdie waarheid verdoesel met allerlei verduidelikings oor hoe mooi die “twee strome” in die NG Kerk mekaar aanpas, aanvul en verryk. Die gewildste ontkenning van die geestelike sweer binne die NG Kerk was om te praat van die mooi Gereformeerde leer en die warm evangeliese bekerings. Manie Malan het hierdie ontkenning deurbreek met sy boek “die Trojaanse Perd” en die afgodsdiens wat die NG Kerk bedien openbaar aan die orde gestel. Met die tydskrif “Swart op Wit” het hy hierdie innerlike teenstrydigheid binne die NG Kerk aangespreek.
Die volledige versameling van “Swart op Wit” tydskrifte kan u hier op hierdie webwerf kry onder die hoof opskrif hierbo aan “Nagevors en gepubliseer”
March 8, 2017
Series: Nagevors en Gepubliseer
VDM was die tydskrif wat die inisiatief van dr. Manie Malan se tydskrif “Swart op Wit” opgevolg het. In hierdie inleiding kry u die vertelling van hoe VDM ontstaan het deur ds. Danie O’Reilly wat die redakteur van VDM was. Dit dien as inleiding vir die VDM tydskrifte wat u dan hier nou gratis kan lees.