• April 23, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ware aanbidding van Hom as Here en God geskep het in en deur sy lyding en opstanding uit die dood. Deur ons in al God se verbondsseëninge te laat deel en in te sluit, maak Christus die aanroep van God gebed en maak Hy mense se aanbiedinge aan God offergawes. Daarmee vernietig Christus alle ruilhandel tussen God en mens. Die Here wys in sy vervulling van God se verbondsondernemings dat mense se geestelike feeste is niks anders as rowersspelonke waar mense God probeer vereer met alles wat hulle van God gebuit en geroof het nie. Hierdie geeste en spirituele feeste van die moderne Christelikheid vandag, is nie eredienste nie: hulle aanroep van God is nie gebede en hulle aanbiedinge aan God is nie offergawes nie. Dit is geestelike geweld waarmee hulle God wil roof en wil deel in wie en wat God as Here is.

  • April 16, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Christus het die opdrag van God die Vader uitgevoer deur self weer as mens uit die dood op te staan op so wyse dat Hy vandag nog steeds mens is. Soos wat Hy aan sy dissipels gewys het hoe hy mens is na sy dood is Hy vandag nog steeds ʼn mens van vleis en bloed. Geloof in Hom as Here is om te glo dat Hy self as mens leef, ons in sy lewe as mens insluit en so ons aan God die Vader in sy liefde laat behoort. Ongeloof in die Here volgens die gees van die antichris is om nie te glo dat die Here vandag mens is van vleis en bloed nie, maar dat Hy gees is. Dit is die ongeloof waarin mense Jesus se lewe geestelik wil beset en besit. Daarom leef hulle in die ongeloof dat Hy in hulle moet opstaan, in hulle moet leef sodat hulle sy lewe vir Hom op aarde kan voortsit. Dit is die ongelowige hart van elke herlewing, oplewing en vernuwing wat die Here se lewe, liefde, waardes, beginsels, krag en Naam wil voortleef. Die Here het self opgestaan en lewe vandag nog steeds om ons in te sluit in wie Hy is sodat ons só aan Hom as God kan behoort.

  • April 14, 2017

    Inhoud. Christus voer sy Vader se opdrag uit deur self die aangeklaagde, veroordeelde, skuldige en gestrafte sondaar volgens die wet van God te word. Hy word nie die koning van sy dissipels se gewapende geweld nie, nie die slagoffer van die Jode se moordkomplot nie en ook nie die vrygelate onskuldige van Pilatus se regspraak en politiekery met die reg nie. Omdat die Here in ons plek die veroordeelde sondaar volgens die wet van God word, word ons ingesluit in die liefde wat die Vader vir die Seun het. In hierdie liefde is ons tuis in die gewetensrus dat ons nooit weer deur God aangekla, veroordeel, beskuldig of sal straf nie. In die moderne Christelikheid moet mense self die lydingsbeker van Christus drink as die wyse waarop hulle hul self aan sy mag as God oor gee en ondergeskik stel.

  • April 9, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie preek wys dat die Here Jesus alleen die volmag het om sy lewe as offer vir sonde af te lê en die volmag het om weer uit die dood op te staan om sy lewe as mens met sy kerk vandag te deel. Die Here skep en gee ons die ewige lewe: ʼn lewe waarin ons vir ewig binne die liefde van God bly al het ons nie werklike liefde nie. Die Here het sy lewe as offer afgelê sodat ons met Hom die ewige lewe kan leef. Die wêreldse geestelikheid wys in die eiemagtigheid waarmee Petrus die Here teengaan om self sy eie ewe vir die Here te wil aflê. Geestelikheid wil God bemagtig om Here te wees deur die ewige lewe weg te gee, op te gee en oor te gee sodat God sy goddelike lewe deur mense maar moet kom leef omdat hulle op die ewige lewe opgegee het. Gelowiges lê nie hulle lewe vir God af soos Jesus nie maar leef die ewige lewe saam met die Here.

  • March 31, 2017

    Series: MP3 Preke

    Inhoud. Hierdie is ‘n huwelikspreek vir Ewald en Carla Slabbert. Die preek wys twee soorte liefdes uit. Paulus se eerste eiegeregtigde liefde as Jood waarin hy geglo het sy liefde wat hy het is reg en goed en die tweede liefde wat Hy in Christus gevind het. In Christus het hy ‘n ander liefde as sy eiegeregtigde liefde gevind. Dit is die liefde van die Here wat sy gebroke en misplaasde liefde vir Hom as Here heilig en regverdig. Binne Christus het Paulus ontdek wat liefde is wat net liefde en niks anders is nie. Hierdie is die verskil tussen kinderagtige liefde en volwasse liefde. Man en vrou kan in die eenheid waarin die Here hulle verenig mekaar volwasse liefhe en nie mekaar oorheers met kinderagtige liefde nie.

  • March 27, 2017

    Series: MP3 Preke

    Hierdie les is deel van die volwasse kategese onder die hoofopskrif KATEGESE op die webblad. U kan gerus na hierdie les luister en hoor waaroor hierdie geloofskursus dan gaan. Die kursus lei gelowiges om die evangelie weer buite die geestelikheid en godservarings van die afgodsdiens van die moderne Chrsitelikheid te kan ontdek. Hier na volg die opsomming van die les se Skriflesings. Hierdie kursus sal oor die loop van 2107 in ongeveer 40 lesse ontwikkel word.

    In hierdie geloofsgesprek word gewys hoe die moderne Christelikheid dit wat die Woord van God as verlorenheid vir God openbaar, vandag leer asof dit redding is. Die moderne Christelikheid is die geestelike kunstigheid om verlorenheid vir God te glo en ervaar as redding, om die straf en oordeel van God te ervaar as vergifnis deur God. Vir die luister na hierdie geloofsgesprek kan u die volgende Skrifgedeeltes gereed hou.
    Romeine 10: 1 – 4
    Romeine 3: 19
    Galasiers 1: 8 en 9
    Romeine 2: 19 -21.
    Matteus 16: 6 en 12
    Matteus 23: 8 – 10
    Romeine 1: 1 en 10: 14 – 17