August 25, 2017
Series: Preekdagstukkies
Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel
August 20, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud. Hierdie preek wys op die verskil tussen die nagmaal as teken en die nagmaal as offerfees. Die nagmaal is ʼn teken waarmee die Here ons verseker van ons vereniging met Hom as mens in die hemel waardeur Hy ons insluit in sy liefde as God. Die nagmaal kan nooit ʼn offerfees wees nie. Offerfeeste is wat die Bybel tempelprostitusie noem. Dit is die innigheid met die krag en lewe van God, om deur sy goddelike krag ons sondige begeertes te kan bevredig en met sy goddelike lewe ons begeertes as ware liefde te kan uitleef. Hierdie hoerery met God was die bedreiging van die nagmaalsgebruik in die gemeente Korinte en dit is vandag ook nog steeds binne die moderne Christelikheid die manier waarop hulle nagmaal hou. Hulle hou offerfeeste om deel van God se krag en lewe te word om daarmee hul sondige begeertes te kan bevredig. Met hierdie feestelikhede met God, vermy hulle die oomblik waarin God ons van sy liefde verseker sodat ons met sy gebooie in sy liefde kan leef.
August 20, 2017
Series: Preke manuskripte

August 18, 2017
Series: Preekdagstukkies
Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel
August 13, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Derde Reformasie preek. Hierdie preek wys dat Christus se offerdood vir ons sonde ons deel maak van God die Vader se liefde. Die tempel wat die Here bou is die liefde van God die Vader waarin ons tuis is. Vir hierdie liefde gee en doen ons niks nie. Dit skep in ons ʼn wederliefde wat ook niks kry of verdien by God wat Hy nie uit liefde aan ons gee nie. Daarom is die liefde van God vir sy kinders en hulle liefde vir Hom handelsvry. Die moderne Christelikheid maak van God en sy liefde ʼn besigheid. Dit doen hulle deur voor te gee dat die liefde tussen God die Vader en sy kinders werk deur ruilhandel. Op hierdie wyse word hulle God se markagente wat as middelmanne hul eie binnehandel bedryf met alles wat God uit vrye guns en liefde aan sy kinders gee. Christus het deur sy lyding en opstanding al hierdie geestelike bedrywe vernietig sodat sy kinders God handelsvry kan liefhê en aanbid.
August 13, 2017
Series: Preke manuskripte
Inhoud Derde Reformasie preek. Hierdie preek wys dat Christus se offerdood vir ons sonde ons deel maak van God die Vader se liefde. Die tempel wat die Here bou is die liefde van God die Vader waarin ons tuis is. Vir hierdie liefde gee en doen ons niks nie. Dit skep in ons ʼn wederliefde wat ook niks kry of verdien by God wat Hy nie uit liefde aan ons gee nie. Daarom is die liefde van God sy vir kinders en hulle liefde vir Hom, handelsvry. Die moderne Christelikheid maak van God en sy liefde ʼn besigheid. Dit doen hulle deur voor te gee dat die liefde tussen God die Vader en sy kinders werk deur ruilhandel. Op hierdie wyse word hulle God se markagente wat as middelmanne hul eie binnehandel bedryf met alles wat God uit vrye guns en liefde aan sy kinders gee. Christus het deur sy lyding en opstanding al hierdie geestelike bedrywe vernietig sodat sy kinders God handelsvry kan liefhê en aanbid.
August 11, 2017
Series: Preekdagstukkies
Hierdie dagstukkies kan op slimfone ontvang word deur die nommer 0828982081 op jou eie foon se whattsup te stoor en jou nommer met die versoek om die boodskappe te ontvang na 0828982081 te stuur. Jy ontvang die dagstukkies persoonlik. Dit is nie ‘n groep nie. ds. Petrus Kriel
August 6, 2017
Series: MP3 Preke
Inhoud Die wyse waarop ons bid word bepaal deur die geloof in Hom tot wie ons bid. Martin Luther het eers geglo God is regverdig om hom aan te kla en te straf sodat hy moet vergoed vir sy sondes. Daarom het hy gebid as skuldige voor God om by God sy skuld met God te verreken. Toe ontdek hy die evangelie dat God reg is om ons nie aan te kla en te straf vir die sondes wat ons doen nie, omdat Christus in ons plek vir ons die aangeklaagde en gestrafte mens was. God laat ons vir Hom en sy liefde reg wees nog voor ons vra. Daarom kon hy, en ons nou ook soos hy, anders bid. Gebed is vir ons deel van ons dankbaarheidslewe, nie die manier waarop ons van die oordeel en straf van ons sonde verlos word nie. Ons glo deur die evangelie in vergifnis en dan bid ons dankbaar volgens die wet om vergifnis. Ons vra God vrymoedig om ons ons oortredings te vergewe omdat ons geen staf of skuld van God verwag nie.