• May 13, 2018

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die Here se Kerk en geestelike genootskappe wat hul self die kerk van de Here noem, maar dit nie is nie. Die Kerk van die Here word deur die Here aandryf deur die drie bedieningskragte wat die Here in sy Kerk ingebou het: 1. die prediking van die lyding en opstanding van Christus, 2. die bediening van die sakramente en 3. die toepassing van die Christelike tug. In hierdie Kerk leef lidmate binne die liefde van Gd met God. In geestelike genootskappe moet mense met hulle liefde en aanbidding hierdie genootskappe aandryf. Só word alles wat bedoel is om net die lewe met God te wees, werkkragte waarmee mense geestelikes se genootkappe aandryf.

  • May 11, 2018

  • May 6, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die krag waarmee Jesus Christus is en doen wat Hy as die Christus doen, en die krag waarmee Christus maak dat ons vir God heilig en regverdig kan leef. Sy goddelike krag is die krag waarmee Hy die Dawidsbelofte vir Homself vervul en die goddelike krag waarmee Hy die Abrahamsbelofte vir ons waarmaak in ons lewe. Ons krag is die vergifnis van sonde en God se liefde wat ons ontvang. Dit is soos die verskil tussen elektriese krag en waterkrag. Christus is die Here, die waterpomp wat met goddelike krag werk, dit is elektriese krag. Ons is die vrugtebome wat met waterkrag werk. Deur sy goddelike krag ontvang en gee Christus vir ons die waterkrag waarmee ons vrugte kan dra: die vergifnis van sonde en God se liefde vir ons. Dit is net soos ʼn waterpomp water ontvang en uitstort. Christus het nie gekom om sy goddelike krag waarmee Hy Christus is, die waterpomp is, ons krag te maak nie. Net soos die elektriese krag van ʼn waterpomp nie die krag kan wees wat bome laat vrugte dra nie, is Christus se goddelike krag nie die krag Hy ontvang om oor ons uit te stort nie. Hy stort vergifnis en liefde oor ons uit, nie goddelike kragte en magte nie.

  • May 4, 2018

  • April 29, 2018

    Series: MP3 Preke

    Inhoud Hierdie preek is ʼn terugskouing na die geloofspad wat die gemeente Levubu gestap het sedert 2000 met die goddeloses se geweld en plundering in die land waaraan hulle blootgestel was. (Sien preek van 18 Junie 2000 op webwerf ngekerklevubu.co.za ) Dit is ʼn ander pad as die pad van gewaande versoening, vrede en welvaart wat geestelikes en magtiges aan die land opgedis het. Hierdie preek wys hoe God Habakuk se smeekgebed om nie aan openbare geweld en plundering blootgestel te word nie, geantwoord het met die openbaring dat God die openbare geweld en plundering nog baie meer gaan maak. Met vyf ellende-spreuke wys God hoe Hy goddeloses met hulle eie geweld verniel en ontwrig in hul geloof dat hul eie krag hul god is, en só net een wet ken, die een wat hulle sommer volgens hul geloof in hul kragdadigheid opmaak. God openbaar dat Hy sy volk nie van openbare geweld vrywaar nie, maar hulle binne geweld met die vaardigheid toerus om die hoë uitdagings van diens aan God, gemaklik te aanvaar en uit te voer. So maak God deur sy verbondstrou dat hulle verhewe leef bo die geweld en plundering waaraan hulle blootgestel is.

  • April 28, 2018

    Series: MP3 Preke

    In 2000 het geestelikes in die NG Kerk aan lidmate hul burgerlike versoenings-, vredes- en welvaartsdrome voorgehou asof dit God se drome vir die land sou wees. Hulle het hierdie godsbeelde met herlewingspredikers uit Amerika, herlewingsinodes en herlewingsprediking probeer wakker maak en laat opstaan in die kerk en gemeenskap, om so weer die staatskerk te kan word. Teen hierdie burgerlike versoenings-, vredes- en welvaartsdrome het die NG Gemeente Levubu’n ander geloofspad gekies en gevolg. Dit is wat u in hierdie preek hoor wat ds. PJ Kriel op 18 Junie 2000 in Levubu gepreek het. Dit is die pad van Habakuk waar God sy versugting om openbare geweld weg te neem, antwoord met die aankondiging van groter openbare geweld, maar die toerusting aan sy kerk om juis binne hierdie openbare geweld en plundering hoog te kan leef – met die vaardigheid om diensbaar aan God se roeping te bly, binne sy verbondstrou as Here. Die preek van 29 April 2018 is ‘n terugskouing oor hierdie geloofspad wat die gemeente gevolg het.

  • April 27, 2018

  • April 22, 2018

    Inhoud Hierdie preek wys op die verskil tussen die vrug van die Gees wat die deugdes is waarmee ons God se wet gehoorsaam en die ondeugdes wat die deugdes van die gees ʼn magsvertoon van God se goddelike lewe en goddelike krag binne mense maak. Dit wys dat die moderne Christelikheid dit wat die Woord van God noem “om te swig voor die begeertes van jou sondige natuur”, aan die kerk voorhou asof dit die nuwe Christelike lewe sou wees. Hulle preek die gees van afgodsdiens en maak Jesus die afgod wat in Pinkstertyd mense met goddelike krag bemagtig, terwyl Christus die Here is wat aan ons die Gees gee wat ons met die vrug vervul waarmee ons God se wet kan gehoorsaam. Hulle laat mense swig voor hulle sondige natuur in die bygeloof dat dit ʼn beter en kragtiger manier is as om God deur die vrug van sy Gees te gehoorsaam.