Filtered by:
Series: Bybelstudie
July 8, 2025
Series: Bybelstudie
Jesus is die beloofde Seun van Dawid volgens die Dawidsbelofte van 2 Sam. 7: 11 -. Dawid is as koning gesalf en Jesus is met sy doop as sondaar ook as koning gesalf. Dawid se naam beteken “geliefde” en Jesus is met sy doop ook as God se geliefde Seun aangewys. Dawid het met sy salwing die Heilige Gees ontvang om koning te wees en Jesus het met sy doop om Here te wees. Dawid en Jesus is die gesalfdes uit Betelehem. Dawid was in sy famlie sonder aansien – hy was nie ‘n reisige kragdadige man met indrukwekkende voorkoms nie. Hy was ‘n tiener met mooi oe wat skape opgepas het. Jesus was ook onaansienlik ssonder ‘n kragtiuge voorkoms uit die nederige plek Nasaret = net soos Dawid was, is Jesus die Kneg van Jesaja 53.
July 8, 2025
Series: Bybelstudie
Saul maak van God se banvloek sy eie roof en moordtog om sy mag om wraak te neem te vertoon en sy troepe se gierigheid te bevredig. Hierdie goddeloosheid wil hy as godsdiens vier en maak van God so net nog ‘n afgod. Samuel verwerp sy verering van God as kamoflering vir sy goddeloosheid en wys hom op die gevolge van sy sonde – dat God hom uit sy amp gaan onthef. Sameul vier nie saam met Saul sy afgodsdiens nie maar aanbid saam met hom God.
July 6, 2025
Series: Bybelstudie
Hierdie Bybelstudie wys hoe Jonatan in sy vertroue dat God in sy voorsienigheid die uitkoms van diens aan God bepaal, met vertroue die Filistynse wagpos van 30 man aanval. Net hy en sy waperndraer. Daarom verklaar hy dat God miskien vir hulle die oorwinning sal gee omdat God nie met getalsterktes werk nie. In die geloof in God gryp die geleentheid aan sonder die waarborg van sukses. Hy Sy pa, Saul, daarinteen sit en wag op God se plan sodat hy met God se plan verseker is van ‘n oorwinning. In bygeloof wil mense met God se planne sukses waarborg voor hulle huslef in God se diens stel. In geloof neem ons diensgeleenthede op sonder die waarborg van God op sukses.
June 28, 2023
Series: Bybelstudie
Hierdie Bybelstudie behandel die eerste botsing tussen koning en profeet in Israel wat die vaste patroon sou word vir die konflik tussen die konings en profete van Israel. Konings maak van God ‘n afgod wie se guns met offers gekoop word terwyl die profete se offers tekens is van Israel se toewyding in die diens aan God
June 28, 2023
Series: Bybelstudie
Hierdie Bybelstudie wys hoe die amp van koning en profeet geskei word met die aanstelling van Saul as koning oor Israel. Deur hierdie skeiding van die ampte het God die profete van die Ou Testament opgeroep en gesalf om teenoor die goddeloosheid van die konings van Israel op te tree.
June 28, 2023
Series: Bybelstudie
God kies en salf die koning wat oor sy volk moet regeer. Die koning van Israel word nie deur die volk gekies of aangestel nie.
June 26, 2023
Series: Bybelstudie
God gebruik gewone daaglikse gebeure soos om net te gaan soek na wegloopdonkies om sy raadsplan uit te voer om saul koning te maak
June 26, 2023
Series: Bybelstudie
Die volk Israel gebruik hulle behoefte aan ‘n koning om ‘n nuwe staatsbestel te skep as ‘n verskoning om hulle self van volk van God na ‘n godlose gemeenskap wat gode kan maak en kies volgens hulle eie wense te omvorm
June 26, 2023
Series: Bybelstudie
God roep sy volk op om Hom alleen te erken as die God wat hulle besit sodat hulle net God met hulle hele hart siel verstand en al hul krag mag dien. Mense maak God hulle besit sodat hulle beslag kan le op mekaar sodat mense aan mense behoort met hulle hele hart, siel verstand en al hul kragte. Waar god net ‘n afgod is besit mense totalitere mag.