Filtered by:
Series: Preke manuskripte
September 17, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen hoe Christus goddeloses veroordeel en gelowiges tug. Deur tugtiging oefen Christus gelowiges in God se liefde, maar met veroordeling verniel God goddeloses in hul goddeloosheid. Ons is god se egte kinders wat Hy tug en nooit God se arbeiders wie Hy veroordeel nie. Daarom skrik ons nooit vir god se oordeel van goddeloses nie.
September 10, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus van kansels en die uitbeelding van Jesus op verhoë. Deur die verkondigde Woord van sy lyding en opstand verlig Christus ons om in God se liefde te leef en Hom God lief te hê. Deur die uitbeelding van Jesus deur geestelikes op verhoë in leesdramas en lewenshoudings verlei hulle mense om met god te identifiseer en verduister so God vir mense. Die drif om kansels met verhoë te vervang is die drif om nie in Christus te wil glo maar met God te wil identifiseer.
September 3, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die Here gee vir ons in die Nagmaal tekens waarmee Hy ons verseker Hy verenig ons met sy menswees in die hemel. Die Satan maak van die Nagmaal ‘n offerfees.
August 27, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die besprinkeling met water in die doop wys dat die Here Jesus ons van sonde gereinig het volgens die Abrahamsbelofte wat Hy vir ons vervul het. Die Here reinig ons en ons kinders van sonde deur sy bloed en ons verseël wat Hy doen met water in die doop. Hy was ons sonde en ons spoel af. In alle afgodsdiens maak hulle van die doop waterspeletjies wat wys hulle reinig hulle self van sonde.
August 20, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons God laat aanbid sonder enige bewussyn van ons sonde of sondigheid voor God omdat Hy ons deur een volmaakte offer vir God volkome geheilig het. so leef ons in hierdie geloof met ‘n vrye gewete en oefen ons onsself in ons heiligheid in. Ongelowiges probeer hulle gewete voor God onderdruk om sonder sonde voor God te wees maar eindig dan altyd met ‘n slegte gewete teenoor God. Dit is die verskil tussen godsdiens in gewetensvryheid en sonde in gewetenloosheid.
August 13, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat God self elke dag besig is om mense te seën en mense te vervloek volgens sy wet terwyl Hy gelowiges net seën en nooit vervloek nie. Omdat God hom nie op die kwaad wat ons doen, wreek nie, mag ons nie ons op die kwaad wat mense ons aandoen wreek nie. Om jouself te wreek is om in te meng met die wraak van God. God seën ons om aan alle mense altyd goed te doen, ook die wat ons kwaad aandoen. So leef ons uit die geloof in God se seën.
July 30, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Matteus wys ons wie is Jesus deur twee verskillende soorte etes naas en teenoor mekaar te stel. ‘n Wêreldheerser se verjaarsdagfees teenoor ‘n aandete wat die Here Jesus aan ‘n skare van 15000 honger mense gee. Twee Heersers wys hulle mag deur twee verskillende soorte etes. Die heersers van die wêreld vier hulle mag van begunstiging met fees etes maar Christus gee ons ons daaglikse brood.
July 23, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud hierdie preek wys dat God self die Christus is volgens Jesaja 53 en as God ons siektes genees. Ons kan hom wat ons sondes sonder verdienste vergewe ook vertrou om ons siektes te genees soos Hy ons sondes vergewe – omdat Hy ons God is. Daarom antwoord God ons hulpkrete as is dit in die kleingeloof dat ons nie die hulp verwag waarvoor ons God aanroep nie.
July 16, 2023
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat Christus ons bevry om in God se “genadejaar” te leef; vry van enige sondeskuld en straf kan ons God dien en sal Hy ons in sy diens gebruik. Wanneer die wêreld op ons lewe, ons besittings en toekoms beslag lê en ons tronkvoëls van hulle politieke en godsdienste mag maak, sal God ons in hulle politieke en geestelike mag steeds vry laat wees om ons roeping teenoor God te kan vervul.