Filtered by:
Series: Preke manuskripte
July 13, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hoekom breek Christene nie onder die uitermatige hoë druk om te leef met ‘n geloof en leefwyse wat teenstrydig is met alles in die heidendom waarin hulle leef? Want dit gaan nie oor hoe sterk ons as kruike is nie, maar hoe die sterk die Een is wat sy skat in ons belê het. Die Eienaar van die skat maak die verskil tussen breek of nie breek nie, nie die verpakking nie. Die eienaar sorg vir die sorgsame hantering van die houers waarin sy skat is. Hy behou, beveilig, bewaar en beskerm sy skat in die verpakking, deur almal te beheer en te bestuur wat die verpakking hanteer.
July 7, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus as Here vir ons sy wet voorskrifte, verordeninge, bepalings en beslissings maak maar die goddelose reëls. Met sy wet oefen die Here ons in sy bedoeling as God vir ons maar goddeloses reguleer, kontroleer, straf en beheer Hy met sy wet. Dit doen Hy nooit met ons as sy kinders nie. Die Here is deur sy wet ons Afrigter maar deur dieselfde wet die wêreld se Skeidsregter.
June 23, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus die Here is wat vir ons sondes intree terwyl Hyself die Here is wat ons gebied om die Tien Gebooie te onderhou. Die geestelikes van hierdie wêreld egter preek Jesus as god met wie jy moet identifiseer en so maak hulle die Here van die wet en die God met wie hulle identifiseer twee verskillende gode, wat hulle as twee verskillende maar aanvullende godservarings bemark.
June 9, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die voorbeeld wat geestelikes stel van hulle self en hul godsdienstige lewe, die kennis van Jesus Christus as Here wegneem uit mense se lewens uit. Hulle neem hierdie sleutel van kennis weg uit die Bybel wanneer hulle preek, leer of voorlig en hulle neem dit ook weg uit die lewens van mense sodat hulle nie deel van Jesus Christus is nie. Met die voorbeeld wat hulle voor lewe asof hulle God se rolmodelle is, bekeer hulle mense in die hel in.
June 6, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe en waaruit Jesus Christus as Here ons verlos het: om ons verbeelde gedagtes uit te leef asof dit die regte wêreld en regte lewe is. Die Here verlos ons uit ons verbeelde wêreld om met Hom in sy skepping te leef. In die wêreld soos God dit geskep het en hoe Hy dit as sy skepping elke dag laat werk.
June 2, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Jesus Christus sy koninkryk oopsluit vir gelowiges maar toesluit vir ongelowiges. Die Here buig nie voor goddeloses se mag wie glo alles staan vir hulle oop staan om te kom en gaan en te maak soos hulle wil nie. Deur die bediening van die evangelie sluit die Here sy koninkryk vir goddeloses. Die waan wat geestelikes verkondig is dat daar nie meer grense vir God se kerk is nie en hierdie oop kerk skep hulle deur nuwe alternatiewe sleutels vir hulle godsryk. So hou Christus hulle buite sy koninkryk.
May 26, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons vrymaak van gewaande toormag dat jy God kan beheer deur die regte lewe te leef, die regte woorde te sê en die regte voorwerpe te gebruik. Dit wys dat God ons regmaak vir sy liefde as ‘n vrymagtige daad van God wat ons nie kan bewerk of beheer nie. Dit wys die verskil tussen die bediening van God se Woord en towenaars se toordery met geestelike woorde en rituele wat niks anders is as die magie van die wêreldgodsdienste nie.
May 19, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die Heilige Gees as die Gees van God die almagtige Vader en die heersersgees van hierdie wêreld. Die Heilige Gees sluit ons in Christus in die liefde van God die Vader in. Die gees van die wêreld onderwerp jou aan ‘n heersergod. Die Heilige Gees laat jou in vertroue met die Vader wandel, die wet van God as die wil van God die Vader aanvaar en volg die Vader in sy liefde. Die heersersgees van die geestelikes van hierdie wêreld neem die beheer van jou lewe oor, maak dat jy hulle mag verteenwoordig en hulle waardes en beginsels volg, nie God die Vader in sy liefde nie.
May 12, 2024
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe die Here ons deur die Heilige Gees regeer en nie deur die wet van God nie. Die Here Jesus voed ons op tot ‘n nuwe lewe in die liefde van God en plaas ons nooit onder die beheer en toesig van die wet soos die geestelikes dit vandag preek as die vervulling of doop met die Heilige Gees nie.