Filtered by:
Series: Preke manuskripte
July 4, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons liggaamlike menslikheid ons oomblik tot oomblik op God se aanhoudende sorg aangewese maak. Christus is die Here wat ons oomblik tot oomblik versorg met alles waarvoor ons op Hom aangewese is. Daarom kan ons dag tot dag, oomblik tot oomblik vir elke behoefte tot Hom bid. Die moderne Christelikheid minag hierdie aangewesenheid op God vir hulle eiemagtigheid waarin hulle vir God gee wat God nodig het en daarom God se praat-saam vriende word. Daarom vervang die moderne Christelikheid ook gebed met meditasie waardeur God ons praatsaam maat word. Die pandemie het hierdie eiewaan vernietig en ons oomblik tot oomblik aangewesenheid op Christus weer herbevestig.
June 27, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die inhoud van ʼn getuienis oor Christus en vertellings oor wat mense vir God doen, van God sien en met God beleef. Dit wys dat Christus deur getuienis oor Hom, geloof en geloofsgehoorsaamheid in mense skep, maar as God absoluut niks deur godstories doen nie. Wat met mense gebeur deur godstories is eenvoudig net wat mense met mense doen, nie wat God met mense doen nie. Dit wys ook hoe die NG Kerk se nuwe missionaliteit berekend net godstories is en nie meer getuienis oor Christus wil wees nie.
June 20, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys de verskil tussen God se uitvoer en openbaring van sy verlossingsplan en mense se selfopgemaakte godstories van afgode. God maak nuus en laat sy verlossing gebeur. Vir afgode moet mense stories met mooi boodskappies opmaak waarin mense hulle kan inleef. Nuus word geglo, nie beleef nie. Net so word God se verlossingsdade geglo. Godstories word beleef. Die evangelie van God se magsdade word deur getuies aangekondig. Godstories word deur storievertellers opgemaak. Die Bybel noem godstories fabels, mits en legendes. Die NG Kerk is besig om nuwe godstories op te maak in die plek van die getuienis van die heilsdade van Christus, sodat mense nie meer in die evangelie glo nie maar met God identifiseer.
June 13, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die pad van regverdiges en die pad van
goddeloses. Dit is die verskil tussen die pad wat God vir ons as gelowiges maak in sy
skepping teenoor die selfopgemaakte paaie van goddeloses in hulle selfopgemaakte wêrelde.
God maak ons die regverdiges in sy skepping wat ons lewe rig volgens sy wil in sy wet en
wat goddeloses ontwrig en verwar in hul eiemagtigheid
May 30, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat gelowiges wedergebore is deur die evangelie-verkondiging. Dit
wys ook dat die wedergeboorte van die moderne Christelikheid iets anders is. Dit is
identifikasie met God se goddelikheid. Dit is sonde wat aan die kerk opgedring word asof dit
wedergeboorte is.
May 16, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons leef ons eie lewe op die krediet van Christus se lewe.
Christus het sy regverdige en heilige lewe se beloning opgegee en vir ons gegee as die
beloning waarbinne ons leef. Ons gee nie ons lewe op en prys vir God nie, ons leef ons lewe
op Christus se krediet vir God.
May 9, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Preek Hierdie preek wys dat die krisis met die gebod hoe om God lief te hê, juis is dat
mense hul god só lief het. Mense het hul god met hul hele hart, siel, verstand en al hul krag
lief, maar nie die Here God nie. Christus maak dat Hy Here God vir ons is en verlos ons só
van ons eie god. Op hierdie wyse maak Christus dat ons die Here God weer kan liefhê
volgens die groot gebod.
May 7, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud. Die openbaring van die Here as Herder maak Hom bekend in sy omvattende sorg.
Die geloof in hierdie omvattende sorg word bely met die woorde: Ek kom niks kort nie.
May 2, 2021
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons weer nuut maak om ons naaste lief te kan hê. Die
krag van goddeloosheid is die wet dat jy jou naaste moet lief hê soos jouself. Goddeloses het
hul naaste lief soos hulle self, hulle goeie ou sondige self. Juis deur hul naaste soos hul self
lief te hê verniel en verinneweer goddeloses mense. Christus vernuwe ons deur ons geliefde
ou self , te herskep met ons regverdige self wie Hy ons laat wees. Op hierdie wyse maak die
Here dat ons weer aan die liefdesgebod gehoorsaam kan wees, deur ons naaste te kan liefhê
volgens ons regverdige self.