Filtered by:
Series: Preke manuskripte
December 4, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Wie vergeef, glo in God se vergifnis waar Hy die offer vir ons kwaad bedoelde optredes gee, sodat God ons só in sy liefde kan hou. Wie uit die geloof vergewe, vergewe om mekaar te kan bly liefhê. Wie sondes glo as goedbedoelde liefde, vergeef niemand nie, maar vang elkeen vas in die mag dat hulle mekaar se sondes as hul goedbedoelde liefdes moet glo. Goedbedoelde liefde waar mense net goedbedoelde foute begaan wat jy kan verskoon en hulle met ʼn jammer kan regmaak, sonder enige offer vir sondes.
November 27, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat die Here Jesus die ware openbaring van God is en nie net nog ‘n geestelike mening van mense oor God is nie.
November 20, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die kerk van die Here veg nooit vir godsdienstige geregtigheid nie! Nie om dit te verkry nie en nie om dit op te rig nie. Hulle is deur Jesus Christus vir God geregverdig.
Die valse kerk van Abisai ( 2 Sam. 19: 21) is die kultus wat altyd vir God se geregtigheid veg en mense aan God se geregtigheid onderwerp deur die mag van regerings. Christene veg nie om hulle self of om ander mense reg te kry nie. Hulle getuig oor hierdie gawe en baklei nie om mense reg te maak nie. Hulle dien in liefde en so is hulle die gemeenskap waar ʼn koning vandag kan weet hy is die koning.
November 13, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Die valse geloof in Jesus Christus die Here wat só in hom glo, “Ja-maar, Nee-maar”, gaan eintlik oor ʼn lewenswyse waar mense “Ja en nee” ter gelyktydig wil sê vir sonde en liefde op só ʼn wyse: “Ja, dit is reg nie, maar …” en “Nee, dit is nie reg nie, maar …” Op hierdie wyse besweer geestelikes sonde asof dit liefde is, soos die Here dit openbaar: “Wat meer as net ja en nee is, is uit die bose.” Die valse Christus van Satan is die Christus vir valse Christelikheid. Die duidelikste voorbeeld van hoe ʼn valse Christus die fondament vir sonde is wat as liefde besweer word, speel tans as ʼn lewensdrama in die NG Kerk af. Hulle het sonde as liefde só besweer! “JA, die huwelik is die enigste instelling vir liefde tussen ʼn man en vrou, MAAR, God het vir mans wat vir mans wil lief wees en vroue wat vir vroue wil lief wees, ʼn burgerlike verbintenis gegee waarin hulle in God se seën kan leef.” En terselfdertyd verklaar hulle “Nee, God verenig nooit mans met mans of vroue met vroue in ʼn huwelik nie. Hulle mag nooit in die huwelik bevestig word nie, MAAR God gee vir hulle ʼn lewenslange verbintenis van liefde en trou wat nooit ʼn huwelik mag wees nie.” Hierdie is die amptelike standpunt van die Algemene Sinode van die NG Kerk. So besweer die kerk nou in vergaderings en eredienste sonde as liefde: “Ja-maar, Nee-maar!”

November 2, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Openbare geloofsbelydenis. Ons word met Christus se waterdoop gedoop. Sy doop is die teken dat Hy in ons sondes ingedoop is en ons doop is die teken dat ons in sy heiligheid en geregtigheid ingedoop is. Ons doop mag nooit ‘n bekeringsdoop wees nie want Christus se doop was nie ‘n bekeringsdoop nie. ‘n Bekeringsdoop vervreem ons van Christus. In die Nagmaal ontvang ons weer ‘n teken dat Syne is myne en myne is Syne. Wie nie hierdie teken so gebruik nie eet en drink ‘n oordeel oor Homself want dan word dit ‘n teken wat wys dat ek met myself moet doen wat met Jesus gebeur het.
October 23, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys hoe Christus ons God vrymoedig laat aanbid teenoor die aanbidding in afgodsdiens waarin jy jouself moet misken, minag, self pateties en deemoedig voor God moet stel. Dit wys dat Christus se menswees vandag in die hemel ons ʼn vrye toegang tot God self gee terwyl geestelikes met hulle liggame vir ons die weg tot God versper
October 9, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys die verskil tussen die kerk wat die Here self bou en die kultusse
wat mense opbou. Die Here bou sy kerk op die geloofsbelydenis in Hom as Christus en Here.
Kultusse word opgebou uit die geestelikes belewenisse, drome, visies en missies van mense.
Dit wys hoe geestelikes die kerk van die Here wil omvorm om net nog ʼn kultus te wees.
October 2, 2022
Series: Preke manuskripte
Inhoud Hierdie preek wys dat ons ons babas doop met een doop en in een Naam: die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Met hierdie teken word hulle en ons verseker dat hulle aan die Vader behoort, deur die Seun gereinig is en deur die Heilige Gees elke dag vernuwe sal word. Hulle leef nie onder die oordeel van God om eers in sonde te val en verstrik te raak voor Hy vir hulle die Heilige Gees skenk en hulle vernuwe nie.