• December 11, 2007

    Series: Brandpunte

    Die Ring van Louis Trichardt het op 07.08.2007 ‘n vertrouensbreuk tussen die Ring en die kuratorium en dosenteraad van UP verklaar oor die stellings en opvattings wat deur dosente aan die fakulteit oor die opstanding van die Here uit die dood gemaak is. Dit het gelei tot ‘n dagberaad tussen die Ring en die dosente van die teologiese fakulteit UP op 20.06.2011. Hierdie is die Ring se amptelike standpunt oor die opstanding van die Here as mens uit die dood.

  • September 28, 2006

    Series: Brandpunte

    Hierdie verslag was deur twee Sinodes opgestel op versoek van die ASM (Algemene Sinode Moderatuur). Dit het egter toe nie voor die Algemene Sinode gedien nie. Dit is ook nie aan die minister oorhandig soos aanvanklik aan hierdie sinodes meegedeel was nie. Die moderator van die Noordelike Sinode het ook probeer keer dat ds. PJ Kriel hierdie verslag tydens ‘n ontmoeting met die premier van Limpopo aan die regering oorhandig omdat dit volgens hom die gees van versoening tussen die kerk en regering sou benadeel. Die moderator het aan die premier ‘n suikerlepeltjie met die Noordelike Sinode se embleem oorhandig as teken van versoening. ds. PJ Kriel het die verslag met fotos van die grondverval in die provinsie in dieselfde vergadering aan die premier oorhandig en ‘n beroep op hom gedoen dat die regering hierdie vergrype moet aanspreek in belang van al die inwoners van die land.

  • August 9, 2006

    Series: Brandpunte

    In 2006 was die Ring van Louis Trichardt onder die druk van die verwagting om die herdoop as sogenaamde “bekeringsdoop” as ‘n tweede doop te akkomodeer asof dit nie ‘n herdoop sou wees nie. In hierdie gespreksdokument word gewys dat die “bekeringsdoop”die doop van die Pinksterbygeloof is en die standpunt van twee soorte dope uitgewys as ‘n breuk met die hele Christelike kerk.

  • March 6, 2006

    Series: Brandpunte

    Die ring van Louis Trichardt is een van die gebiede wat onder plaasaanvalle onderhewig is. Die ring het in 2006 leiding geneem om ʼn eerste teologiese verantwoording op te stel oor die etiese karakter van die tipe geweld wat hom in plaasaanvalle voordoen. Ons het die SDR (Sinodale Diensraad van die Noordelike sinode) versoek om die vrug van die ring se arbeid met al die gemeentes in die sinode te deel. Met hierdie godsdienstige besinning het die ring ʼn wesenlike bydrae in die besinning van landbou organisasies oor plaasaanvalle gemaak. Graag deel ons dit met alle belangstellendes.

  • February 22, 2004

    Series: Brandpunte

    ds. PJ Kriel het na afloop van die regering se verduideliking oor sy grondeisebeleid tydens ‘n gemeenskapvergadering in die Levubu ‘n gebed gedoen waarin hy gebid het: “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Die Kerkraad het ds. Kriel die opdrag gegee om homself teenoor die Levubu gemeenskap te verantwoord omdat dit tydens ‘n gemeenskapsvergadering was. Hier kry u hierdie voordrag.

  • April 30, 2001

    Series: Brandpunte

    Hierdie brief het ‘n oop gesprek aangevra oor die instel van ‘n nagmaalsbeoefening in die NG Kerk wat teen die NG Kerk se geloofsbelydenis oor die betekenis van die nagmaal is. Hierdie gesprek het nooit plaasgevind nie. Binne die spiritualiteit van die moderne Christelikheid kan daar nie oor die inhoud van geloof en die Woord ‘n gesprek plaasvind nie. Moderne Christelikheid gaan oor ‘n driftigheid om met God te identifiseer, nie om sy Woord te gehoorsaam nie.

  • April 30, 2001

    Series: Brandpunte

    DIe krag van die Reformasie is ‘n oop gesprek binne die geloof in Christus. Die krag van die moderne Christelikheid is ‘n goddelike visie en missie waarin geen geloofsgesprek moontlik is nie. Hierdie brief wou die gesprek oor lidmate se posisie binne die visie van die NG Kerk as die nuwe staatskerk aan die orde stel. Dit het nooit gebeur nie. Die saak wat in 2001 hierin aangespreek is, is in 2016 nou die “missionale” visie van die NG Kerk waarin al sy werksaamhede moet inpas: lidmate moet ‘n vrywillige arbeiderskorps wees vir Afrika.

  • April 20, 2001

    Series: Brandpunte

    Hierdie artikel was ‘n voordrag aan die Ringe van die Noordelike Sinode wat die gesekulariseerde versoening van die NG Kerk vir gemeente uitgewys het. Daarmee was gepoog om gemeeentes ‘n vrye keuse oor hierdie saak te gee binne die NG Kerk se verklaarde beleid van spirituele diversiteit. Daardeur kon gemeentes hulle distansieer van die gesentraliseerde bedryf van versoening soos dit deur gemagtigde leiers as gemeenskapsaak voorgehou was.

  • October 20, 2000

    Series: Brandpunte

    Die NG Kerk het met sy visie van Afrikanisering van die NG kerk, om weer die nuwe staatskerk te wees, die evangelie van versoening van Jesus Christus as ‘n gemeenskapsbedryf gesekulariseer. ds. PJ Kriel het dit van die begin af uitgewys en ook die alternatief van die Woord op hierdie Afrikavisie verwoord. Hierdie artikel was die alternatief wat binne die Noordelike Sinode hierdie sekularisering van die evangelie uitgewys het.