Filtered by:
Series: Kategese Reekse
March 16, 2016
Series: Kategese Reekse
1.Die Bybel sê ons is God se beeld.
25 God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. 26Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
God het alles gemaak. Hy het die aarde gemaak. Hy het die son en sterre gemaak. Hy het al die voëls en die diere en visse gemaak. God het die mens ook gemaak.
God het die mens op ’n baie spesiale manier gemaak wat baie anders is as enige iets anders wat Hy gemaak het. Hierdie spesiale manier waarop Hy ons gemaak het word genoem “beeld van God”. Die Here het ons as die beeld van God gemaak….
2. Ons maak ook beeldjies…
March 16, 2016
Series: Kategese Reekse
Speaker: Petrus Kriel
1. Inleiding.
Hierdie jaar gaan ons kyk hoe is ons regtig die Here se kinders. Daar is ’n groot verskil tussen regtig en speel-speel.
Speel-speel is soos wanneer kinders huis-huis speel. Dan speel kinders party is pa en ma en ander is kinders, maar alles is net speel-speel. Die pa is speel-speel pa, nie regtig nie. Die ma is speel-speel ma, nie regtig nie. Die kinders in hierdie speel- speel is ook speel-speel kinders nie regtig kinders nie.
Om speel-speel pa, ma en kinders te wees, is heeltemal iets anders om regtig pa, ma en kinders te wees….