Inhoud Hierdie preek wys dat ons in die Nagmaal verseker word dat God ons nie vir ons sondes breek nie, maar dat Jesus vir ons sondes gebreek is. Daarom roep die Here ons deur die Nagmaal op tot ʼn bekering waarin Hy ons heel vir sy liefde gemaak het. In afgodsdiens word die Nagmaal die teken wat jou wys hoe jy jouself in en deur ʼn bekering moet breek om vir God reg te wees.