Inhoud Hierdie preek wys met die voorbeeld van Dawid en Batseba wat volharding in sonde beteken: volharding in sonde is verontmensliking van mense en ontgoddeliking van God. Dit is nie om met een of meer sondes in jou lewe te sukkel nie maar om ʼn sonde as liefde en geregtigheid te glo. Bekering in Christene se lewe is hoe hulle nie in sonde volhard nie.