20220724 Preek wederkoms oordeelsdag dag in hof. Ons verwag Christus nie die oordeel van die oordeelsdag nie

July 24, 2022
Series: MP3 Preke
Audio Download

Inhoud Hierdie preek wys die Here Jesus Christus kom om ons as sy kinders te verheerlik en om die wêreld te veroordeel. Sy wederkoms is vir ongelowiges die oordeelsdag, maar vir ons die dag waarin Christus ons in sy liefde sal verheerlik. Christus skei gelowiges van ongelowiges en behandel hulle verskillend: sy kinders verheerlik Hy en ongelowiges veroordeel Hy. Almal is nie maar vir die Here dieselfde nie en almal word nie deur die Here maar dieselfde behandel nie. Dit is die getuienis van die hele Woord van God.