Inhoud Preek Hierdie preek wys dat met sy eerste koms waarin Jesus Christus die veroordeelde in ons plek voor God geword het, skep Hy in ons die dankbaarheid en ywer om vir Hom te wag deur ywerig te woeker met alles wat Hy aan ons toevertrou het, sodat wanneer Hy weer kom, ons vir Hom opgewonde kan wys wat ons vir Hom gedoen het. Ons kom na die Lig dat ons dade bekend kan word as dade uit dank en liefde, wat nooit veroordeel sal word nie. Christus se eerste koms verander die tyd waarin ons op sy tweede koms wag na ʼn tyd waarin ons dankbaar met ons self en ons lewe as God se eiendom is wat Hy aan ons toevertrou het. Daarmee het Christus hulle wat Hom nie verwag nie ontbloot as goddeloses wat God ontvoog: God roof en plunder. Hulle doen dit in die geloof dat hulle en hulle lewe nie aan God behoort nie, en daarom begrawe hulle “God se dinge”’ om met hul eie dinge besig te wees.